LUR erken aanspreeklikheid vir baba se breinskade

Argieffoto

Argieffoto

Die Gautengse LUR vir gesondheid het aanspreeklikheid erken nadat ʼn seuntjie van die Oos-Rand breinskade opgedoen het omdat hospitaalpersoneel glo versuim het om hom behoorlik te monitor na geboorte, berig die Saturday Citizen.

Christina Sarah Kau eis R13,1 miljoen namens haar sewejarige seun Kamogela. Die saak is in die hooggeregshof in Pretoria onbepaald uitgestel sodat daar ʼn siviele verhoor kan plaasvind om te bepaal hoeveel skadevergoeding Kau moet kry.

Kau het volgens die berig in Oktober 2007 ʼn keisersnee by die Pholosong-hospitaal gekry aangesien sy ʼn diabeet is en hoë bloeddruk het.

Volgens mediese verslae was Kamogelo normaal by geboorte en kon hy suig en sluk. Hy het egter later siek geword weens lae bloedsuiker en suurstofvlakke. Hy het glo as gevolg hiervan breinskade opgedoen en is serebraal gestremd.

Kamogelo het eers op sesjarige ouderdom begin kou en sluk. Hy kan nie self eet nie en het nie beheer oor sy blaas nie.

Volgens ʼn verslag van ʼn neuroloog het niemand die aand van Kamogela se geboorte, na hom of sy ma omgesien nie. Volgens die verslag sou Kamogelo normaal gewees het indien hy onmiddellik behandeling ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.