LUR gaan Huis Davidtsz besoek

huis-davidtsz-2018-03

Helpende Hand kon teen Vrydagoggend (3 Augustus 2018) steeds nie toegang tot Huis Davidtsz verkry om bejaardes en verswakte volwassenes in die tehuis te help nie. Foto: Verskaf.

Maandag om 10:22 was daar ʼn paar werkers wat buite Huis Davidtsz in die middestad van Pretoria rondgesit het, maar dit was veel rustiger by dié tehuis wat sedert verlede Woensdag die middelpunt van drama was.

Hannes Noëth, hoof van Solidariteit Helpende Hand, het Maandag saam met die organisasie se maatskaplike werkers die bejaardes en verswakte volwassenes gaan besoek om te bepaal hoe dit met hulle gaan.

“Na wat ons verneem het die tehuis se bestuur en werknemers vanoggend vergader. Dit klink of die arbeidsgeskille nou bespreek is, en daar word redelik vordering gemaak. Ons verwag nie nou dat moeilikheid verder sal voortduur nie,” het Noëth gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat sake by die tehuis deur die loop van Saterdag na normaal teruggekeer het nadat daar ʼn tydelike skikking tussen die tehuis se bestuur en stakende werkers bereik is.

Die Gautengs departement van maatskaplike ontwikkeling het in tussen die EFF-lede wat by die geskil ingemeng het by die Menseregtekommissie verkla.

Werkers by die tehuis het sedert Woensdagmiddag weens verskeie arbeidgeskille gestaak. Sedert Woensdag is slegs ʼn senior suster en enkele verpleegsters toegelaat om die sowat 150 inwoners slegs sekere basiese versorging te gee.

Helpende Hand het laat Donderdagmiddag ʼn dringende hooggeregshofbevel verkry wat die organisasie toestemming gegee het om die gebou binne te gaan en om die inwoners te help versorg, maar ten spyte hiervan en die polisie se teenwoordigheid het die stakende werkers lank die tehuis se deure versper en toegang vir die vrywilligers van Helpende Hand geweier.

Tientalle vrywilligers is egter uiteindelik Vrydagnag en Saterdagoggend in die tehuis ontplooi om die agterstand te help inhaal.

Volgens Antoinette Deysel, ʼn maatskaplike werker van Helpende Hand, is die inwoners met berading bygestaan. Sy sê die afgelope week se ontwrigting het groot ontsteltenis by talle van die inwoners veroorsaak en dat daar ook nou op ʼn emosionele vlak ekstra versorging aan hulle verskaf moet word.

In tussen het Nandi Mayathula-Khoza, die Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, in mediaverklaring bevestig sy sal die tehuis Maandagmiddag besoek.

“Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het ʼn grondwetlike en wetlike plig as die omsiener na ouer persone om hulle regte te beskerm en bejaardes se welsyn te verseker. Die departement wil nie in hierdie stadium enige kant kies nie, maar ons sal verseker dat niks die lewens van verswakte en kwesbare ouer persone bedreig nie. Ons moet almal dringende en vriendskaplike oplossings vir hierdie geskil vind,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Incompetent ·

MOSTERD NA DIE MAAL. Hoekom het jy nie gaan help toe daar nood was nie? Nou dat Helpende Hand en almal ingespring het om SKOON te maak en die mense se nood te verlig nou wil JY daar inspring .. EK SKAAM MYSELF dood as ek MEC is en ek laat oumense so swaar kry en staan handjies gevou ~!~! Privatiseer die plek of kry julle oumense daar uit . dit is SKANDELIK!~

Andrea van Vuren ·

Voor 1994 was Huis Davidtsz ‘n gesogte plek vir bejaardes. Ek het van my verpleegstudente daarheen gestuur vir praktiese ervaring in bejaardesorg. Huis Davidtsz is na dominee Davidtsz vernoem. Die NG Kerk was net eagter die gebou. Hy was ook ‘n burgemeester van Pretoria. As die dominee vandag moet aanskou wat daar aangaan draai hy ‘n paar keer in sy graf om. ‘n Tweede Life Esidimini besig om te gebeur.

Vra buiteland vir raad en hulp volgende keer ·

Die buitelanders moet uitvind hoe bejaardes en gestremdes gyselaar gehou word. Stuur die berigte vir oorsese organisasies en media. Het Afriforum reeds so ‘n media eenheid?

buitelander ·

almal in die buiteland wil weet hoekom is dit nodig dat Suid Afr oumensies en gestremdes in inrigtings versord moet word. wat makeer hulle families dan?het geen familielede hulle oumensies en gestremdes swderr Woensdag besoek nie? die buiteland vind dit skreiend. veral na esidimeni.

Anoniem ·

Buitelander, sê vir die doof, stom en bkinde buielanders om hulle huiswerkies te doen en op te hou kritiseer! En jý, jy praat maklik vanuit die buiteland. Wat maak jy daar? Gevlug uit Suid-Afrika vir ‘n beter toekoms, nê? Kritiseer die crux van die probleem, nie die bejaardes se kinders nie. Almal kan nie gesogte aftree oorde of ouetehuise bekostig nie en doen maar wat hulle kan. Skaam jou

Theresa B ·

Gaan die LUR nou die towerstaffie swaai. Hoekom publiseer julle nie die foto’s wat die rondte gedoen het van hoe haglik die Tehuis gelyk het en die arme ou mensies nie.
Weereens kry hulle alles reg.

Theresa ·

Stuur gerus die foto’s van die mense se situasie en die toestande daar die land en die wêreld in. Mense het altyd baie te sê gehad oor hoe sleg dit meer as 24 jaar gelede hier in die land gegaan het. WYS hul nou hoe dit tans hier gaan. Dié daar oorkant wat dit ‘n blinde oog en dowe oor gee – dis gewys; neem kennis; gewete sake.
Sou ook voorstel dat Afriforum (en enige ander instansie wat wil) ”n uitstekende CCTV stelsel in hierdie plek installeer om versorging en kwaliteit van versorging waar te neem. Dis nou terwyl hierdie deure oop bly.

wielie ·

BLAH BLAH BLAH ….. politisie soek weer aandag! Skaam julle julle nie??

adriana ·

Ag asseblief wat gaan dit nou help?
Die skade is reeds gedoen en dit sal so aanhou . Die LUR het seker gaan wegkruip terwyl dit aan die gang was.

Wilma ·

Skandelik. Dai werkers mos in poste as gevolg van Regstellende Aksie. Mense aanvaar asb die chaos waarin SA gedompel is sal nooit verander. Sal al slegter gaan
Hierie is Afrika. Moet dit nooit vergeet

Alida ·

Die LUR wil nou gaan besoek aflê vir wat? Dit is nou nadat ‘n afrikaanse beweging initiatief geneem het en vrywilligers ingespring het en alles mooi skoongemaak het. Hulle koppe werk mos so gaan na die tyd en vind NIKS fout nie. Hulle moes Woensdag opgedaag het en te sien wat daar aangaan. Dit gaan in die hospitale ook so daar word vooraf gesê wanneer die “baas” kom dan spring hulle. Daar moet gereelde onaangekondigde besoeke plaasvind tenminste 2X per maand.

Willie ·

MEC en al haar trawante beteken niks nie.
Ek skiet nou van die heup af, ek dink nie buitelanders besef hoe slef dit hier gaan nie, as altwee vowassenes moet werk in n gesin, hoe kyk jy na ou mense wat afhanklik is van 24 uur versorging…

Johanna ·

Arme oumensies, moet baie bang wees en kan nie weer die helpers vetrou nie. die hele spul moet afgedank word. Maak skoon die huis!

Oumensies ·

Ag Foxi, oumensies is ‘n liefdevolle manier om na bejaardes te verwys. Ek is self ‘n oumensie.

Trots Afrikaans ·

Dankie, maar ek weier om dit te aanvaar. Hierdie werkers moet hof toe gesleep word. Hulle het die mense gyselaat gehou. Ek is bereid om geld by te dra vir ‘n hofsaak. Ek het nie baie nie maar ek kan geld op sy sit vir opregte sake want:
Ek eet nie by Spur nie!
Ek drink nie Castle nie!
Ek kyk nie DSTV nie!

Alida ·

Om hemelsnaam hou op verwys na “mensies” hulle is volwasse bejaarde grootmense. Die dokters is ook geneig as ‘n bejaarde hulle besoek om te verwys na ‘n liggaamsdeel en die “tjie” agterna te sit. Bejaardes wil nie soos kinders behandel word nie.

Anoniem ·

Hoekom? Dit is ‘n troetel term, so wat is die probleem?

Theresa ·

SO jammer vir die bejaardes in hierdie plek. Daar is seker nog baie sulke hole (waar families moontlik dink dit gaan nog goed daar?).
Ek glo vas dat meeste middeljariges nog steeds hul bejaarde ouers versorg.
Dis sekerlik nie moontlik vir almal om nog ‘n geslag in die hoofhuis te hê nie, want daar is duisende middeljariges wat moes afskaal met al die ekonomiese knoue die afgelope dekades. Maar om ‘n geliefde te besoek en seker te maak daar gebeur nie onbehoorlike goed met ‘n mens wat “hulpeloos” is nie (baie is heeltemal afhanklik van hulp?) is noodsaaklik. Dalk kan die kerke hier help en omgeegroepe stuur om te gaan kuier by sulke plekke om seker te maak dat mense nie opsetlik stief behandel word omdat daar een of ander iets is wat ‘n werker pla nie. Stel mense met integriteit aan. Tog sekerlik nie so onmoontlik nie. Iemand wat verplig voel om hierdie take te doen, kan nie ‘n ordentlike liefdestaak verrig nie.

Andre ·

“Buiteland laat weet” Die buiteland behoort al aan Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.