LUR geskok oor pasiënte op bankies, vloere

Dr. Dhlomo saam met ‘n pasiënt. Foto: ANA.

Sibongiseni Dhlomo, KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid, het die naweek tydens ʼn verrassingsbesoek aan die Church of Scotland-hospitaal pasiënte wat op bankies en die vloer slaap by die hospitaal aangetref.

Dhlomo het Sondag gevolglik vir die hospitaal se bestuur opdrag gee om ʼn gepaste plek te soek vir pasiënte om te slaap wanneer hulle oornag moet wag vir vervoer om hulle na ander hospitale in Pietermaritzburg te neem.

ʼn Kankerpasiënt en meer as ʼn dosyn ma’s en kinders was onder dié wat gewag het.

“Ek is verras en kwaad dat die kwessie wat lank terug uitgestryk is nie uitgevoer is in die hospitaal nie. Dié pasiënte het hul huise verlaat en hierheen gekom.”

Hy het ook gesê dat hy nie beïndruk is met die higiëne in die hospitaal nie. “Ek het vandag vir mevrou Mamizi Mkhize gesien, sy het gevorderde kanker. Sy moet verdere behandeling by Greys-hospitaal ontvang. Ek het haar aangetref waar sy kniel op die bankie, want sy sê sy kan nie met haar pelvis op die sementvloer gaan sit nie.”

Dhlomo het gesê dit was duidelik dat sy die hele aand daar sou bly as hy nie daar aangekom het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

P.G Slabbert ·

Ek reken heelwat mense is verbaas; omrede hy verbaas is wat in die hospitale werklik aangaan!

PJC ·

Hoe skynheilig. ń Mens sou sweer hierdie ou weet nie hoekom alles in die land tot niet is nie.

Wilma ·

Dr waar was u al di jare. Dit wat jy gesien het gebeur nog ali jare ini nuwe SA

LHS ·

As jy dink dit is erg, gaan besoek vir n slag jou staatshospitale. Vind sommer uit waarheen is die begrotingsgelde en indien van toepassing, betaal jou ontvangde deel terug.

Johann ·

Askuus? Dis dieselfde gewetenlose ANC ontplooide wat by meer as een geleentheid homself regverdig en verontskuldig het toe hy oor PRESIES dit wat hom so skok, konfronteer is op CARTE BLANCE?????? Kamptige empatie… ANC LEGACY LUR!!!! Shame on YOU!!!!!

Joshua ·

Dis die ANC in beheer wat onbevoegd en korrup is om SA ordentlik te regeer-vrot van bo tot onder danksy BEE rassistiese wette.

AD ·

Vir wie jy stem korreleer direk met die resultate wat daai persoon dan beteken

CHRISTA ·

Dis hoekom die ANC-leiers nie eers SELF die dienste gebruik wat deur hulle bestuur word nie ongeag of dit medies, onderwys of behuising is nie!! Selfs hulle eie ‘saint” Mandela het liewer tydens sy laaste dae alle mediese toerusting na sy huis laat kom en NOOIT eers ons 1 Militêre Hospitaal wat die BESTE mediese fasiliteit in ons land was waar ALLE vorige presidente behandel is, gebruik nie!! DIT SPREEK BOEKDELE!!!

Oom Kalahari ·

Hierdie is geensins verbasend nie Mnr die LUR. My broer is onlangs oorlede nadat hy vir drie(3) volle dae in ‘n Staatshospitaal se gang in ‘n rystoel moes deurbring. My skoonsuster of haar dogter moes ver ry om elke dag vir hom kos en water asook ‘n kombers te bring. Na ddie derde dag en geen behandeling het hy gesterf, maar ander meerderheids volkies met hul mes stekery en bende geskietery kry beddens, maar sy hartaanval was blykbaar nie vir hul ernstig genoeg om behandeling of ‘n bed te kry nie. LUR jul diens is swak en haglik en daar kan geen trots wees nie, behalwe hul geskree op mekaar (voorheen was dit stil en rustig in hospitale), slegte behandeling omdat jou kleur nie pas nie en hul gedurige selfoon bedrywighede het en word jy ignoreer.

Callie ·

Bring net n wet uit. Almal wat in die regering is mag slegs van staatshospitale gebruik maak. Sien hoe vinnig kom dit reg. Dis darem die sieklikste spul wat jy kan droom om van te hoor. Asb, Kry alle media om net meer oor sulke dinge te berig. Die media steek dit net so goed soos die regering weg

Christine Breytenbach ·

As julle my kontak kan ek fotos vir julle wys wat in hospitale aangaan skokkend

Ander Annie ·

Dit gaan by meeste van die staatshospitale so. Ek was onlangs by een so ‘n hospitaal in Johannesburg met een van my mense en dit was baie erg. Ek is verbaas mnr die LUR. U behoort immers te weet van die haglike toestande in staatshospitale. Toe ek uit daardie hospitaal geloop het, het ek vuil gevoel. Mense wat op bamke en vloere slaap is aan die orde van die dag.

Hanna ·

Mediese fondse is duur, hospitaalplanne ook… Maar betaal sal ek betaal! Ry maar eerder met my ou skedonkie en bly in my gehuurde woonstel. Maar staatshospitale is glad nie n opsie nie! Dis n keuse wat ek elke maand maak.

John ·

Die oplossing gaan mos ‘n inval van die privaathospitale wees, eerder as om die probleemsituasies op te los. Daagliks word duisende babas gebore en hierdie mense sal almal ook dienste benodig. Om hande-in-die-lug te gooi oor die ‘ander’ wat nie hul werk doen nie, is ‘n miskenning van die erge nagmerrie wat opbou. Wie moet die probleme hanteer en die fondse verskaf? ‘n Epidemie soos listeriose het reeds ‘n ernstige waarskuwing gerig. Daai voorvingertjie sal moet draai na die self, maar kan dit? CR besing ‘n toekomstige ‘New World Order’. Dit draai dalk net in een uit ~ vol van rampspoed en ellende…

nieBAFUnie ·

Foeitog………. net by Church of Scotland Hospitaal? Dit is die standaard van elke staatshospitaal in die land of dit erken wil word of nie. Wens die die Vrystaatse LUR vir gesondheid wil gaan kyk na die vieslike omstandighede by die omgewing na en by die hoofingang van die Nasionale Hospitaal in die Vrystaatse Hoofstad. Jy gril deur net daar verby te beweeg.Die feit dat hier gesondheidsdienste gelewer word en mense se lewens dalk op die spel is weersinwekkend as jy net na die omgewing kyk.. ….en wonder maar net oor die landsburgers wat daar binne behandeling moet ontvang. Niemand verdien dit wat by hospitale aan die gang is nie.

Eish ·

Wat my dwars in die krop steek is dat die stemvee te midde van die ontberings, steeds deur dieselfde gat in die draad kruip. Welwetende die leiers van die kankerbestuur is stinkryk en kry reusagtige salarisse. In die Afrikaanse kultuur sou die sakie blitsvinnig hanteer gewees het.

RH ·

Wat van AL die staats hospitale??? Hoekom spesifiek DIE een wat genoem word en “kwaad oor is” en opdragte uit gegee is??? Hoeveel ander berigte is al op media genoem MET fotos en NIKS het gekom van die staff wat daar werk en pasiente ignoreer en weg jaag en mishandel??? Hoekom kan AL DIE HOSPITALE nie opdragte gegee word om skoon te maak en plan te sien met ALLE PASIENTE WAT WAG? Raak ontslae van die staff wat onbekwaam is vir hul pos en kyk bietjie deur hul “kwalifikasies” vir n slag!!! Ek glo as mens net daar begin, sal daar baie mense uit werk wees waar hulle nie hoort nie en die wat wel geleer het en gekwalifiseer het, n werk kan he en die pasiente sal in beter hande wees. Daar’s n verskil van net n werk vat vir n salaris teenoor iemand wat jare swot om daar te WIL wees want dis hul passie!

Casper Labuschagne ·

Pasiënte wat op die vloere en bankies slaap is doodnormaal in elkeen van die staatshospitale waar ek al my voete gesit het. Dit is ietwat meer ontstellend dat party van daardie pasiënte se lyke verwyder word waneer die oggendskof se hospitaalportiere aanmeld, maar dit is geensins ongewoon nie. Wat my egter tot in my diepste grief is die mediese personeel in die plaaslike Boitumelo hospitaal (maar ook die naburige Goudveld hospitaal) wat self hul nagrus geniet op bankies en gemakstoele. Vroeg saans al pak die verpleegsters op nagskof hul kussings en komberse uit, sit die stoele reg met ‘n krat of twee om die voete op te rus, skakel die verwarmers aan en die ligte af en wikkel hulself snoesig toe vir hul rustige slapie tot net voor hulle afgelos word, want dit is absoluut hulle reg om so te maak. So het ek enkele jare gelede ‘n buurman wat ‘n kankerpasiënt was, poedelnakend en bewusteloos op die vloer aangetref terwyl die verpleegsters snork vir ‘n vale en die sekuriteitspersoneel dreig om my te laat arresteer omdat dit buite die besoekure is.

Wilna ·

Ek wens hulle wil moeite doen en by al die staatshospitale ‘n draai gaan maak. Mense word huis toe gestuur om oor 2 weke terug te kom met gebreekte bene . Daar is nie beddens nie en gevolglik moet ou mense op vloere sit en wag. Alles val uit mekaar. Ding is nie om te besoek nie vraag is wat gaan hulle daaraan doen

Charmaine van Niekerk ·

Dit is om van te huil. My broer het stage 3 colon and rectum cancer. Hy wag maande al dat die staats hospitaal hom bel om te sê hy kan nou kom vir behandeling. Intussen het sy gesondheid al so versleg dat hy op doeke is. Op elke navraag oor wanneer die behandeling gaan begin word daar gesê sy papiere het verlore gegaan tussen die twee staats hospitale. Hoe raak ‘n epos verlore? Amper 6 weke later. Dan praat ons nie eers van die maande se gewag voor die tyd nie. Op die stadium van tyd begin ons dink hulle hoop hy gaan dood dat hulle nie die behandeling hoef te doen nie. My hart breek om hom daagliks voor ons oë te sien agter uit gaan. Absoluut moedeloos

Casper Labuschagne ·

@Charmaine, Ek sien sulke gevalle die hele tyd. ‘n Vrou word met kanker gediagnoseer en waarvan die uitkoms besonder goed is na behandeling deur ‘n histerektomie en chemoterapie. Maar die chirurgie word telkens uitgestel. Die bekwame wit chirurg kon die toestand nie meer hanteer nie en het in trane bedank, haar huis verkoop en daarna in Londen gaan werk. Die Kubaanse chirurg het nie opgedaag nie, die teater se toerusting was onklaar en daarna het die Vrystaat se mediese begroting opgeraak ses maande voor die einde van die finansiële jaar.

Jy, en jou broer het my innige simpatie. Die ding is dat ek nie hierop ‘n antwoord het nie. Miskien moet ‘n organisasie soos Helpende Hand ‘n fonds op die been bring wat op die beginsel van sogenaamde “crowd funding” gebaseer is. Daarop sal behoeftige mense dan aansoek kan doen om steun vanaf die publiek om vir lewensnoodsaaklike behandeling te kan betaal en hopelik sal genoeg geld inkom om mense by te staan.

Karin ·

Die president moet verrassingsbesoeke by hospitale reg oor die land begin doen. Hy gaan buite homself geskok wees.

Mich ·

My hart gaan uit na julle almal.
Én na jul geliefdes wat so moet swaarkry en ly.
Ons is ook deur daai pynlike proses,oor en oor…
Kontak die Ombudsman. Ná die Life Esidimeni-tragedie is daar “gelukkig” nuwe fokus op hoe pasiënte eintlik behandel moet word.
Ons kan maar net saambid,julle.

Manie ·

Ek dink die anc gespuis wat hulle self die regering noem weet presies wat daar aangaan. Kyk maar almal van hulle wat doodgaan was in privaat hospitale. Nie een sal dit waag in die hool wat hulle oor die jare help skep het

Daan ·

Hoe kom die LUR dit nou eers agter, wa was die die hele tyd? was seker in europa om te gaan kyk waar is die wit mense van Suid Afrika se huise wat hulle so van praat.

Martin Fourie ·

Gaan Kyk by Groblersdal hospitaal,hoe vuil is die icu kamer,bloed op die vloer,mense slaap in gange

bgj van der westhuizen ·

wel ek weet van eimand wat in n staats hospitaal in beheer is van de skoon maak en daar is baie nuwe reels in gebring hoe dit skoon gemaak moet word en met wat al wat dit vir my se is dat die persoon in beheer nie bevoeg is om sy werk te doen nie al wat hulle moet begin is van af die top bestuur tot die laaste vlak was te wat wand almal is net te sleg om hulle werk te doen en ek stem saam maak in wet dat almal van af die presitent tot alle staas amtenare moet n n staats hospitaal gaan en veral die wat werk in daar die hospitaal moet daar gaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.