LUR geskok oor sesjarige se ontvoering by skool

Amy-Leigh de Jager (Foto: Facebook)

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het sy skok uitgespreek nadat ʼn sesjarige graad R-leerder van die Laerskool Kollegepark vanoggend voor die skool in Vanderbijlpark ontvoer is.

Amy-Leigh de Jager is omstreeks 08:00 by die skool ontvoer. Vier mans het haar klaarblyklik by haar ma, Angeline, gegryp en in ʼn wit Toyota Fortuner met haar weggejaag. Hulle het glo haar vyfjarige boetie uit die pad gestamp om by haar uit te kom.

ʼn Grootskaalse soektog is na Amy-Leigh van stapel gestuur nadat die ontvoerders met haar weggejaag het. Duisende mense het reeds inligting oor haar verdwyning op sosiale media gedeel en verskeie organisasies is by die soektog na haar betrokke.

Sy was teen laatmiddag egter steeds spoorloos.

“Volgens die inligting tot ons beskikking word ʼn losprys van R2 miljoen vir haar veilige terugkeer van die kind se ontroosbare ouers geëis,” het Lesufi in ʼn verklaring gesê.

Hy het gesê die departement het reeds sy sielkundige ondersteuningseenheid na die skool gestuur om berading te verskaf.

Sommige ouers het hulle kinders ná die voorval by die skool gaan haal en huis toe geneem. ʼn  Noodvergadering oor vanoggend se gebeure word na verwagting vanaand om 18:00 by die skool gehou.

“Ons doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap om nie skoolbedrywighede te ontwrig en vrees by kinders in te boesem nie. Leerders moet veilig voel in die skoolomgewing,” het Lesufi gesê.

Hy het ook ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die voorval om na vore te kom.

Lesufi het gesê die departement sal die situasie dophou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Gaitsigubib ·

Ganade kan die man groter snert praat as dat alle kinders moet veilig voel en dit terwyl sulke dinge in aanvang is!

Martie ·

Vanuit’n onderwyser se oogpunt, stem ek saam dat leerders veilig moet voel.
Vanuit ‘n mamma se oogpunt wil ek my kinders in watte toedraai en beskerm teen alle dinge in die wêreld.

Theoman ·

Lesufi se “hulle” sal die situasie dophou, glo my hy voel n veer, sy is wit Afrikaans en in n Afrikaanse skool. Ons gebede gaan na Amy_Leigh haar ouers familie die skool en al die ander kinders wat geraak word. BID dat niks met haar gebeur nie. sjoe my hart bloei vir die mense.

Marie ·

Ek hoop net die kind is veilig. Die ontvoering was baie goed beplan en waarskynlik deur iemand wat die familie ken. Hoe het hulle bv. die oupa se nommer gekry om oor die losprys te praat? Ek raai altyd al my FB vriende af om fotos van kinders te plaas. Dit is n wrede wêreld waarin ons lewe en daar is predatore daar buite wat FB misbruik.

Johnny ·

Moet ek my kleinkinders nou ook ook soos my honde opspoorings stelsels inplant wat n siek land leef ons in

Andrea van Vuren ·

En o ja, “ons hou die situasie fyn dop!” Met sulke leë beloftes bly die deure en hekke steeds vir die boewe oop! Raak ontslae van Lesufi!

Wurmpie ·

Dit vat hom ook maar lank om iets te sê. As dit sy eie mense was het hy al vroeg oggend by die skool opgedaag

David ·

Lesufi is te besig om te kyk waar kan hy nog Afrikaanssprekende skole verengels, dis hoekom hy nou eers die nuus sien.

bee ·

ons gesin bid dat God ha veilig sal terug bring na haar mamma en pappa en boeta se arms. ek kan net dink waardeur hulle almal nou gan want ek self vrees nou vir my 2 kinders by die skool. ons sal aanhou bid vir hulle familie

Vonkprop ·

Lesufi, moet asseblief nie betrokke raak nie. Jy gaan alles net opfoeter en die dogtertjie se lewe in gevaar stel. Laat iemand professioneel en vokwasse die saak hanteer.

Ben ·

Stem volmondig saam met jou. ANC maak net n gemors van alles! Laat hulle asb hier wegbly.

CHRISSIE ·

Ag Jesus, beskerm asseblief hierdie poplappie….. ek kan my net indink waardeur hierdie ouers moet gaan. Dit breek my ouerhart in stukkie. Ons huil en bid dat sy gekry sal word. Asseblief asseblief!!!!!!

Oumari ·

Ons plant opspoor apparaatjies in ons honde en broodbome ens…. Het dit tyd geword om dit met ons kinders ook te doen?

Lukas ·

Ons sien deur ou Lusifi .So duidelik soos daglig.
Hy beteken niks nie.
Hy kon net sowel n klip gewees het…

JohanL ·

Lukas, ‘n klip het ‘n doel in die lewe en kan vir ‘n hele paar goed gebruik word. Maw nie ‘n goeie vergelyking nie LOL

LADY ·

Daai poplappie is seker vreesbewange. My hart bloei vir haar en haar ouers, Kan ons nie n landsgebed doen teen n sekere tyd nie. n Vyf minuut gebed is seker nie te veel gevra nie. Ek bid al heeldag vir die klein pop. Asb Here beskerm haar. Ek le haar voor Jesus se voete neer. Asb Here ons smeek om veiligheid vir haar.

JohanR ·

My hart breek, en kan net hoop en bid dat sy is veilig, en is nie seergemaak nie. Een oomblik is jy by jou familie en broertjie, en die volgende is jy opgeraap, en jaag weg in die arms van bose. Wees asseblief veilig Amy-Leigh.

LADY ·

Wat van 18h00. Ons gaan daai tyd bid. Dankie almal wat gaan saam bid.

Rina ·

n KIndjie gebruik deur trauma te sit vir vervloekte geld. Daar sal moet streng opgetree word teenoor die ontvoerders …….. n voorbeeld maak …….

Erika ·

Ek hoop die wat die kleine kind gevat het lees alles die HERE oorwin altyd die Duiwel is niks teen ONS GOD NIE. HERE ONS VRA VANAAND DAT U ONS ALMAGTIGE GROOT VADER IN DIE HEMEL VIR KLEIN KIND SAL VEILIG HOU HAAR TEEN DIE GEVAAR SAL BESKERM VADER EK SMEEK U VANAAND SO JONK EN MAGTELOOS BESKERM HAAR BRING HAAR ASSEBLIEF VEILIG TERUG NA HAAR FAMIELIE WAT U VIR HAAR GEGEE HET U IS ONS GOD EN NIKS IS ONMOONTLIK IN U SE HANDE NIE ONS VERTOU DAT U ALMAL SE GEBEDE VERHOOR ONS IS ONGELOOFLIK LIEF VIR U IS ONS VADER PRYS DIE HERE !!!! Vir die 4 wat haar het julle moet asb mooi gaan dink hukm n kind vat wat het sy al ooit gedoen aan julle of is julle net bang julle kan nie julle man staan teen n volwase mens nie duidelik bang maar weet GOD is daar vir daai kleine meisie as ek julle is sal ek bang wees

Ekke ·

Kan my indink hoe moet hierdie ouers voel. En daardie pragtige dogtertjie. Hoe lank het hulle hierdie ma dalk nie dop gehou nie? Miskien het iemand erens te veel geweet van hierdie pragtige gesin!!!!

Nel ·

Jammer Lesufi, maar jou ‘track record’ veroorsaak dat ek vere voel en skepties staan teenoor die kamstige olyftakkie wat jy uithou.

Corrien ·

Ons sal meer moet kyk na tuisonderig. Meer self verantwoordelikheid neem. Dinge sal al hoe erger word in die reenboognasie.

Fiat ·

Ja privaatonderrig of tuisonderrig maar als wat staat is moet ons nie meer op staatmaak nie, so ook moet ons begin vrae vra waarom ons belasting moet betaal aan die wat ons so laat uitwis.

Dina ·

Here, asseblief ek pleit om hierdie kind se lewe. Bring haar asb veilig terug vir haar gesin. Ek pleit die bloed van Jesus Christus as beskerming oor haar.

McG ·

Ha eh Mr Lesufi! Jy weet nie wat om jou aangaan nie, dis hoekom jy ‘geskok’ is. So nou is jy geskok en nou, nou wat nou?

JR ·

Kan ons nie politiek vir een oomblik opsy skuif nie!!! Ek het ook sesjarige kleinkind. Politieke kleinlikheid sou nie my vrees en bekommernis op so stadium beter gemaak het as dit my kleinkind was nie. Saamstaam en gebed. Dis wat nou nodig is. ‘n Wonderwerk van God se ingryping. So, kom ons gaan eerder op ons eie knieë eerder as om rond te loer wat ander doen of nie doen nie.

Poot ·

Nee JR…. mens kan ongelukkig nie die politiek los nie. Dis die politiek wat veroorsaak dat ons kinders en ons nie meer veilig is nie.

pieter ·

Wat gaan aan in suid afrika ontvoering , jong vrouens verdwyn by universiteite,plaas moorde,kapings,dorpe stede word verwoes en so kan ons aangaan bid vi die ouers dat hul dogtertjie veilig sal wees,ook vi die dames se fanilies wat so verdwyn en vermoor word en vi vrede in sa

leser ·

en tot nou toe kan niemand ‘n registrasie nommer van die fortuner gee nie

willehond ·

Amen. Net God kan help. Kom ons bid net vir hierdie kindjie.

Foxi ·

Gee pad Lesufi…….ons sal ons eie heil uitwerk! Mag die liewe Heer gee dat hierdie kindtjie gou weer terug sal wees by haar geliefdes.

Zoe ·

En so kruip die donker nader en my hart is in stukke vir hierdie ouers.

Stefnie Gernandt ·

Ek SMEEK nou hier namens alle nasionaliteite wat kindertjies het, groot asseblief ANC regering wýs NOU wat in jul steek en HELP om die losprys te betaal sodat die boewe hierdie onskuldige kindjie kan terugbesorg.
Asseblief!

Kaas Snoek ·

Ek stem saam maar die regering gee nie om oor lewens nie. Hulle het nie gewetens nie.Hulle sal liewer daardie geld vat om KFC te koop of nuwe kar te koop ens.Maar ek stem saam Stefnie.Hoop hulle kan dit betaal en die arme kind by die ouers weer kan kom.

Michael P ·

Stephanie onthou as n land se regering n los prys vir so iets betaal sal so iets elke dag gebeur want die midadegers sal dit sien as n maklike manier om geld in die hande te kry

Rubber ·

Tweegesig Lesufi. Snaaks hy het kommentaar gelewer, gewoonlik besig met optog reëlings by Afrikaanse skole.

J ·

Mag ons liewe Vader haar veilig terug in haar ouers se arms besorg. Amen

Pieter ·

LESUFI IS ‘N GRAP. My meegevoel met die ouers. Dit moet verskriklik wees.

skurweberg ·

As hierdie kind iets moet oorkom, kan dit die begin wees van groot dinge. “Siviele sake teen die regering oor hulle onvermoe om die wetteloosheid in die RSA te beheer”

Uilspieel ·

Kom ons vorm ń gebedsketting. Van nou tot…. solank dt nodig is. Gee jou halfuur of uur deur en so is iemand deurlopend in gebed vir haar. Sy het nou ons gebede nodig

Rentia ·

Mag God se genade groot wees en mag Amy-Leigh getuig van Sy teenwoordigheid, Sy beskerming, Sy krag en Sy almag. Dankie Abba Vader

Anna ·

Hierdie misdadegers het al the vore misdaad gepleeg, as ons Polisie en Howe net hulle werk gedoen het .Hulle moes vir dae die kind dopgehou het. Dis regtig n oningeligte ou wat se onderig Moët Nie onderbreek word nie, amper asof hy n lee dop is,Sonder gevoel. Die was n beplande onvoering , en ek dink Almal wat toegang het tot hul huis en familie word seker ondersoek. Ek glo en vertrou ons sal vining uitvind wat aangaan. Mag God by Haar en die wat haar lief het wees

Ekke ·

Hier is ‘n slang in die gras. Die feit dat die krag af was om kameras te boikot en net die dogtertjie gegryp het en daarna 2miljoen vir haar eis maak nie sin. Die dinge sal seker later uit kom maar die pa is ‘n groot besigheidsman. Iemand soek iets van hom

Annie ·

Hou op om julle kinders op sosiale media te adverteer mense, dis soos online shopping vir human trafficking en pedofiele. Ek hoop regtig sy is veilig maar hierdie is defnitief n goed beplande ontvoering en lyk nie na iets “random” nie. Watse werk doen Ma en Pa, dalk iets wat hulle ‘n teiken kon maak?

m ·

Ek hoop en bid dat sy onaangeraak gevind sal word, my gebede en gedagtes is met haar ouers, dit is vreeslik.
Dis die tiepe van ding wat in die sums van Suid Amerika gebeur, wat het van ons mooi land geword.

Die buiteland moet van die goed begin hoor, dit is net nie reg nie, dis altyd die weerloses in ons samelewing wat boet onder die gewees van gewetelose kriminele!!

Michael P ·

Hoe gryp jy n vreemde kind en nie lank daar na bel jy die pa? hoe gebeur so iets?

Leon ·

Ons moet lyk maar ons kinders tuis onderig gee dit is goed om te bid ons almal bid maar ek dink daar baie ander ouers wat ook voel ons kinders net nie meer veilig by skole nie

Zandra Jordaan ·

SYS GEVIND!!!!!
En ek glo hierdie is n beplande kaping…..te veel los drade

Gerda ·

Sy is gevind, 2 am vanogg veilig terug in ouers se arms!!!! Bevestig deur vriende van ouers!

Dankie Tog! ·

Skool se Facebookblad beweer sy is gevind vanoggend 02:00 nadat sy afgelaai is en ń taxibestuur haar opgemerk het en op getel het.

Lena Jonk ·

Lesufi, kry n goeie prediker en laat daar vir Genade gebid word in die skole, oor al die kinders en mense in SA dan sal God hoor en weer vrede en rustigheid stuur. Julle wil n land regeer sonder God, dit is onmoontlik. Lees jou Bybel dan sal jy sien dis n voorskrif vir voorspoed. Ek weet ek gaan nou weer aangeval word deur nie Christene maar dit pla my nie al daaraan gewoont en bid ook vir hulle.

Anni ·

Lesufi: ” die department sal die situasie dophou” JA!!! en dan, wat nou?? Dan vee ons dit onder die mat in, Ne??

Dankie Liewe Jesus, dat U haar beskerm het!!! Amen.

MANIE ·

Lesufi dit is jou party wat die oorsaak is van die totale chaos in die land. Die beste ding wat kan gebeur is dat julle julle goed vat en verdwyn van waar julle was voor 95

Julie Jansen van Rensburg ·

Volgens NEWS24 is die dogtertjie gevind en weer terug by haar ouers. Blykbaar is sy 2-uur in die nag gevind. Ons almal wat vir haar veilige terugkoms gebid het moet nou dankgebede na ons hemelse VADER opstuur, veral daar sy ongeskonde teruggevind is.

Anoniem ·

Shame doen vir n slag waarvoor jy betaal word dan sal hierdie nie gebeur nie.

Ursula ·

Lesufi rerig… Hulle gaan met wapens skool toe om veilig te voel, ander om hulle onveilig te laat voel. Jy het geen idea wat om jou aan gaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.