LUR gryp in by Steve Biko-hospitaal

Steve Biko- akademiese hospitaal (Foto: ANA)

Tasneem Motara, LUR van infrastruktuurontwikkeling in Gauteng, het ʼn taakspan van haar departement en die provinsiale departement van gesondheid na Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria gestuur ná verskeie klagtes oor probleme by die onkologiesaal.

“Die stelsel het onklaar geraak weens ʼn foutiewe sirkulasiepomp,” het Bongiwe Gambu, woordvoerder van die departement van infrastruktuurontwikkeling, gesê. “Daar is opdrag gegee om die foutiewe pomp te vervang. Die departement het intussen ook ons eie kontrakteur onmiddellik opdrag gegee om herstelwerk te doen en die stelsel so vinnig as moontlik weer aan die gang te kry.”

Sy het gesê LUR Motara het om verskoning gevra vir die ongerief aan pasiënte en werknemers by die Steve Biko-hospitaal se onkologiesaal.

Dr. Mathabo Mathebula, waarnemende uitvoerende hoof van die hospitaal, het vroeër vandeesmaand bewerings ontken dat die hospitaal se onkologiesaal nie voldoende personeel het nie en op die randjie van ineenstorting is. “Ons moet dit duidelik maak dat daar nooit ʼn algehele stilstand was nie. Daar was geen stadium waar enige masjiene gebreek het nie. Die lugverkoeling is herstel en ons het gesukkel om dit reg te maak,” het sy in daardie stadium gesê.

Mathebula het aangevoer die herstelwerk het twee maande lank geduur. “Die departement van infrastruktuur het dit herstel totdat ons uiteindelik die vervaardigers van die masjien gekontak het om die lugverkoelingstelsel te installeer wat nou werk.”

Mathebula het die media toegespreek by die besige hospitaal ná die Menseregtekommissie ʼn perseelondersoek van stapel gestuur het ná talle klagtes ingedien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sandra ·

Mmmm, dinge raak nou te warm. Kom ons hoop en vertrou dit begin nou reg loop.

Sarel ·

Ondersoek kom na MRK ondersoek gedoen het. Al die Gauteng Hospitale moet ondersoek word. Is die ondersoekers ooit gekwalifiseerde mense

Danie ·

is dit weer n BEE probleem? voorheen het alles reg gewerk. vandat ANC regeer gaan alles afteruit

John ·

Die nuwe minister van gesondheid laat koue rillings langs jou rug trek. In feitlik onbegryplike Engels het hy vandag in die parlement sy droom-oplossing vir al die probleme verskaf… ‘n ingryping in private mediese sorg en – fondse dmv die berugte mediese plan… a la ObamaCare. Dis net ‘n kwessie van tyd, volgens hom, dan is ons mediese dienste so goed soos die beste in die Weste…

Johanna Botha ·

Die geld is op …hy kan al die planne he maar sonder geld gaan dit nerens nie …alles gaan agteruit maar anc die sal ons stem !

Jaco Rossouw ·

Ons was die naweek wat verby is daar gewees die ligte in die parkeerterrein werk ook nie waar die hoof ingang van die hospitaal en daar was ook baie broë bloed in een van die hysbakke asook op die 9de vloer in die gang

lewies ·

Die President sal die BEE op die regte tyd begin ontbondel. Hy besef ook dat dit die oorsaak is vir die gemors waarin SA homself bevind. Dis hoe ek die leier van die VF+ se opmering vandag verstaan.

Francois marais ·

Daai goed is al stukkend van Januarie af. En plaas hulle minder geld mors op karre en scrap, en sorg vir die mense. Hulle kan begin by saal 6.4 wat nie eens warm water het nie.
En dan sommer kyk na hulle kombuis wat ook nie kos vir pasiente maak nie, en sommer bietjie die dokters ook audit wat nie eens ‘n epidural kan doen nie. Is die langste 2 ure van marteling wat ek al gehad het, en dan om wakker te word met ‘n stoma wat ek nie voor goedkeuring gegee het nie.

BMW ·

En so gaan dit van die een departement na die ander en ja Foxi die goed weet nie wat die woord waarheid beteken nie.

George in Bloem ·

Die swak en patetiese diens wat ons land se belastingbetalende burgers mee moet opgeskeep sit in hierdie ANC piesangrepubliek grens aan die kriminele. Mense sterf direk as gevolg hiervan en net mooi niemand is verantwoordbaar nie? Hoe is dit moontlik? Dis skandalig. Nou word hulle hok bietjie geskud maar oor ‘n week of 2 dan is dit weer terug na “normaal”. Totdat daar drastiese stappe geneem word en mense afgedank en vervolg word sal daar nooit enige vordering wees nie. Die ANC is nie in staat,of het nie die politieke wil om hulle blerrie werk te doen nie. Dis hoekom die hele verdomde land lyk soos hy lyk,nie net hierdie hospitaal nie.

Leon ·

Kom ons wees eerlik. Dit is alles apartheid se skuld. Nie die voor 1994 apartheid, die na 1994 apartheid. Die ANC het hom ‘n ander naam gegee. Die ANC noem hulle apartheid BBBEEE. BBBEEE is die jakkals in die hoenderhok. Solank hulle BBBEEE het sal hierdie land net verder agteruitgaan totdat daar niks oor is nie.
Siener van Rensburg is reg. Die ANC gaan Suid Afrika totaal vernietig dat daar nie ‘n grassprietjie oorbly nie.

Riaan ·

In beskaafde lande is instandhouding n aaneenlopende proses. Hier is dit voorblad nuus

Julie Jansen van Rensburg ·

Wat my verstand te bowe gaan is hierdie “SPOOK-hospitaal” in Kempton Park wat glo jare terug teen R- miljoene opgerig en met die allerbeste toerusting voorsien is, maar soos ek die storie verstaan, is dit deur die huidige kaders besluit dat dit “onnodig/oorbodig” of soiets is (dis glo lank voordat ek hiernatoe gekom het). Intussen is Tembisa staatshospitaal ‘n absolute nagmerrie in elke opsig – volgens wat mens lees en van mense self hoor – en nou – sowat ‘n week of twee gelede is daar nou sprake om Kempton se hospital weer te laat opknap/herbou – wat ookal (mens weet nooit waar jy met hierdie spul staan nie). Nee kyk, “Hulle” weet mos altyd beter en die voosgeslaande belastingbetalers (meestal uit die minderheidsgroep teen wie haatspraak ook altyd geopper word) moet maar met ‘n glimlag opdok…. Help my reg, maar ek verstaan die plek gaan afgebreek – en herbou word…. wat ookal en indien wél, weer R-miljoene uit die sal gaan jaag en wat waarskynlik in ieder geval weer in sekere kaders se reeds oorvol bankrekeninge sal beland en plaaslike pasiente sal maar gedwee Tembisa toe moet gaan… enigiemand wat meer weet as wat ek tans doen, asseblief???

WIEBO ·

Ek het vanoggend met n kollega gepraat wat gister ontslaan is uit Steve Biko hospitaal. Sy was vir 8 dae daar. Eerste ding wat ek haar vanoggend vra, hoe was dit daar? Glo dit of nie, sy se sy kan nie kla oor enige iets nie. Die diens was goed, plek was skoon en personeel was vriendelik en proffesionel. Sy se net die kos was nie baie lekker nie…………… So mense, die wat nog nie daar opgeneem was nie, moenie hier kla en die plek slegse nie. Ek het dit vanoggend uit die perd se bek gehoor dat Steve Biko nie sleg is nie!!!!

Foxi ·

Nee Wiebo……dit is NOU n bietjie beter, nou omdat hulle in die nuus is, word daar n bietjie aandag gegee. Maar wag totdat die nuus stil geraak het…..dan slaan die slegtheid weer toe.

Gert van Wierdapark ·

Die probleem by die hospitale, Eishkom, ens. is dat Instandhouding verkeerd verstaan word. Lyk my dat al waarvoor “om gegee” word, is dat die werkers se houding in-stand-gehou moet word. Dus, die betekenis van die woord moet ver-duidelik word, dan sal die kultuur van diens ook dalk verbeter!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.