LUR gryp in ná 14 onnies bedank

Die Bryneven Primary School. Foto: http://www.bryneven.co.za/

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het Dinsdag ʼn laerskool in Bryanston, Johannesburg, besoek waar 14 onderwysers die afgelope 12 maande bedank het weens beweerde viktimisering deur die skoolhoof.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het gesê Lesufi het met ouers, die beheerliggaam, die bestuur en onderwysers van die Bryneven Primary School vergader oor bewerings van korrupsie, bedrog en nepotisme wat teen die skoolhoof gemaak is.

“LUR Lesufi wil bevestig daar is probleme by die skool,” het Mabona gesê.

Behalwe vir die talle onderwysers wat bedank het, het ouers ook gekla oor ʼn gr. 2-onderwyser wat nie bekwaam is om Afrikaans te gee nie. Daar is ook beweer dat die skoolhoof fondse by die skool wanbestuur het.

“Die departement het ʼn onafhanklike firma aangestel om die skool se finansiële rekords van die afgelope drie jaar te oudit. Die uitslae sal na verwagting vroeg volgende jaar beskikbaar wees en die departement sal dan besluit watter stappe gedoen sal word,” het Mabona gesê. “Werknemers wat aangestel is om die skool te ondersteun het die departement in die steek gelaat en sal ooreenkomstig aangekla word.”

Mabona het gesê alle bestuurslede by die skool, insluitend die skoolhoof, sal skriftelik in kennis gestel word dat hulle redes moet verskaf waarom hulle nie geskors moet word nie. Die skool se beheerliggaam moet ook redes verskaf hoekom dit nie ontbind moet word nie.

“Alle onderwysers wat bedank het, sal oortuig word om terug te keer na die skool. Die gr. 2 Afrikaans-onderwyser sal onmiddellik vervang word,” het Mabona gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Bonnie ·

Dit is skokkend!!! Ek hoop dit word oopgevlek tot op die been en deurgevoer na ander skole waar presies dieselfde gebeur. Ekself het ondervind dat n departementshoof aangestel word (met leiding deur OD aan SBL) as skoolhoof om n politieke agenda te verwesenlik. Hy het dit só ondraaglik gemaak dat n hele paar van ons geloop het…..uit die onderwys!!! Die skool se reputasie as een van die beste skole in die omgewing het groot skade gelei agv sy kapokhaantjie houding.

Johann Marx ·

Dis nie net by daai skool waar dit so gaan nie, maar ouers word gekaap tot stilswye deur hulle kinders. As jy durf jou mond oopmaak, word jou kind net doodeenvoudig geïgnoreer, uit alle skool aktiwiteite gelaat, vir geen toekennings oorweeg nie, vir geen leiers-posisie oorweeg nie, en agter-af beskinder in die personeelkamer…………waar die “bende” sit en hulle “victims” uit piek, om ander ouers te wys waartoe hulle instaat is. Dit is ‘n totale SKANDE wat in ons sogenaamde “afrikaanse” openbare skole aangaan…………en ons dink “staatskaping” is erg??

Martin ·

Dit is maar die begin van die uit tog. Ek kan in my wildste drome nie sien dat die openbare skole ding gaan werk nie.

Kultuur botsing ·

6x blankes & 6x indiërs (waaronder die vroulike hoof) op die bestuur
Wié het gedink dat dié sosiale eksperiment gaan slaag?

jaco ·

Het ek reg gelees? Hierdie man wat Afrikaans HAAT, is bereid om die onbevoegde Afrikaans onderwyser vir graad 2 te vervang? Dis jammer hy is nie LUR In die Wes-Kaap nie, want ons benodig GROOT reën.

Willie ·

Vebasend hoe lank hulle kan aanjaag, sonder dat iets gebuer…

Disselboom ·

Onder normale omstandighede met bekwame mense in die regering, sou dit nogal indrukwekkend gewees het dat ‘n LUR sy werk so ernstig opneem en vinnig persoonlik betrokke raak om probleme aan te spreek.

Onder die omstandighede waarin ons eintlik op die oomblik is, is die verwagtinge van werklike oplossings egter nie so hoog nie. Voorvalle soos hierdie verskaf ongelukkig die verskoning vir wetgewing om die staat se regstreekse inspraak en bestuur van skole te versterk.

Kom ons wees bly dis nou vir ‘n slag nie ‘n Afrikaanse skool wat in die spervuur is nie; maar met die spesifieke klagte oor die onbekwame onderwyser, is die arme Afrikaans ook maar weer bygesleep.

Ella ·

Niks om te ondersoek nie. Disselboom praat die heilige waarheid. Jammer verkeerde knoppie gedruk

Ella ·

Niks om te ondersoek nie. Disselboom praat die heilige waarheid. Jammer verkeerde knoppie gedruk

Die Wiel ·

So hou die wiel aan met draai, soms stadig maar soms ook vinniger . . .

Kry vir jou ·

Ek love dit. Lesufi gaan hulle smeek om terug te kom, hoop hulle het reeds ander werk gekry, want alles word op die arme onderwysers afgedwing. Groot klasse, etniese tale, diskriminasie, so kry vir jou !

Basson ·

Ek lees daar word beplan om 1902 skole oor die volgende 10j te sluit. (Ref Godden 1 Jun 2017)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.