LUR in Mpumalanga gekaap, ontvoer

Speedy Mashilo (Foto: ANC Mpumalanga Provincial Caucus/Facebook)

Speedy Mashilo, LUR vir menslike nedersettings in Mpumalanga, is gekaap en die aand laat eers in ʼn afgeleë gebied afgelaai.

Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na die verdagtes wat Mashilo, streeksvoorsitter van die ANC, gekaap het.

Hy het Donderdag omstreeks 12:00 met sy Toyota Hilux-bakkie op die R568 tussen Ekangala en KwaMhlanga gery toe ʼn BMW hom skielik verbygesteek het. “Twee insittendes het vuurwapens op hom gerig en hom gedwing om stil te hou. Hy is in hul BMW ingeboender en hulle het met hom weggery terwyl ʼn derde persoon sy bakkie bestuur het,” sê brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie.

Die kapers het na die Oos-Rand met hom gery. “Hulle het by ʼn huis in ʼn informele nedersetting stilgehou en hom in ʼn ander motor ingedwing. Hulle het daarna in die rigting van Olifantsfontein (Tembisa) gery en hom omstreeks 20:00 in ʼn afgeleë gebied afgelaai. Hy het na ʼn nabygeleë pad gestap waar ʼn verbyganger in ʼn sekuriteitsvoertuig by hom stilgehou en hom gehelp het.”

Die verdagtes het sy Toyota Hilux, bankkaarte, ʼn bruin sak met R25 000 kontant, kruideniersware, beursie, en gelisensieerde jaggeweer met 25 patrone gebuit.

ʼn Saak van motorkaping is by die Olifantsfontein-polisiestasie aanhangig gemaak en dit is na KwaMhlanga oorgeplaas. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Di ·

As dit by kriminele kom tel jou ras glad nie! Almal in die land word geteiken, sodom en gammorah

Jr ·

Hey mini star welkom in die daaglikse lewe van gewone Suid Afrikaners. Wake up call.

Knormoer ·

Ja, ek ry ook altyd met R25 000 in n bruin papiersak rond. Dis glad nie snaaks nie.

Snowball ·

25k in ‘n bruin papiersak? Ja, wel iemand wis van sy doen en late…

Shakespeare ·

Ondersoek die ” agbare” kader, NIE die kapers nie.

Hoekom ·

Van 12H00 tot 20H00. ‘n Klomp ure, hulle het seker lekker gesels…

Bruin sak met R25 000, interesant. Jag geweer in ‘n motor, dit hoort mos in ‘n kluis of geld dit net vir die gewone burger…

boerie ·

Dra hy die geweer saam as hy sy moter verlaat, iets klink nie reg nie. Hy mag nie die wapen in die kar los alleen nie.

Danie ·

“Dra hy die geweer saam as hy sy moter verlaat, iets klink nie reg nie. Hy mag nie die wapen in die kar los alleen nie.”

Lees weer die berig. Hy het nie n keuse gehad nie hy is uit sy voertuig gedwing.
Wat is so snaaks omtrent geld en n vuurwapen in n voertuig?
Maar ongelukkig het die rowers/kapers n groot jackpot geslaan.

Leoni ·

Sjoe R 25 000 hoorf dit nie eerder in die bank nie en ‘n jaggeweer?????????

SjN ·

Dit is n tax free transaksie wat skeefgeloop het, ondersoek ook die kader.

KhoiKhoi ·

Daar is ‘n slang in die gras.
‘n LUR ry rond in sy privaat voertuig met R25 000.
Hy het ‘n jaggeweer by hom.
Hy het lyfwagte – waar was hulle?
Hy het ‘n jaggeweer en waar was dit gebêre?
En die bruin papiersak met R25 000?
Iets is glad nie shanana nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.