LUR in trompop botsing

Argieffoto

Vusi Shongwe, LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake in Mpumalanga, het Woensdag in die vroeë oggendure ʼn motorongeluk in Nelspruit oorleef.

Joseph Mabuza, woordvoerder van Mpumalanga se departement vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het gesê die botsing het omstreeks 00:30 op die R40 naby die SAUK se gebou plaasgevind.

“Shongwe het vanaf Witrivier in die suidelike baan gery toe die bestuurder van ʼn minibustaxi na bewering in die suidelike baan ingedraai en teen aankomende verkeer in gery het. Die minibustaxi en Shongwe se voertuig het mekaar reg van voor getref,” het Mabuza gesê.

Die taxibestuurder was alleen in die voertuig en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Shongwe is lig beseer en is na die plaaslike MediClinic geneem vir waarneming.

Pat Ngomane, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die beseerdes ʼn spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Solly ·

Haai nee ek sal se die taxi-drywer is onskuldig. Hulle doen mos niks verkeerd nie, want die metropolisie doen geen wetstoepassing op hulle nie. Die taxis val uitmekaar, hulle ry soos hulle wil, draai in voor wie hulle wil, stop waar hulle wil, wys tekens en hou almal in SA op die paaie gevange .. wonder of Shongwe en sy maatjies nou gaan wakkerskrik?

marous ·

Ek hoop regtig nie hulle blameer die arme onskuldige taxi bestuurder nie.

Marius ·

Staatsamptenare moet verplig word om van staatshospitale gebruik te maak.

Justice ·

Marius ek stem heelhartig saam met jou – beslis een van die beste aanbevelings op hierdie forum ooit met `n geringe kwalifikasie – slegs polities aangestelde senior Staatsamptenare in regulatoriese posisies en invloed soos die agbare LUR.

Hendrik ·

Nou die dag op die N4 ry die ambulans (MP registrasie) verby ons almal met flitsende ligte en stop net so voor Hans Strydom afrit. Toe staan die hele klomp daar en water afslaan. Wel hierdie is seker niks te doen met die ongeluk nie…..

Annie ·

Op die R21 oppad Pretoria het hulle selfde gedoen en waar stop hulle by Engen Garage om kos te koop.

christa ·

dis geen skade nie. Die taximan is onskuldig. Gee hom a Bells

Theresa B ·

Ek stem saam Solly. Marius jy slaan die spyker op sy kop.

Piet Pompies ·

Waar die ongeluk plaasgevind het is op pad na die Taxi staanplek. Op die roete geld Taxi reels, stop net waar jy wil, vir solank jy wil, toeter blaas is aansporing vir nog passasiers, stop by ‘n rooi verkeerslig is opsioneel, spoed waarteen jy ry word bepaal volgens hoeveel geld jy wil maak, wetstoepassing op die roete is afwesig, kruising bied genoeg spasie vir ‘n U-draai….

Alida ·

Hulle dink mos ons praat bollie as ons kla oor die Taxis. Kry vir julle!!!

willehond ·

Niemand kan iets aan hom doen nie!! Hy weet mos dan niks en hy is verkeerd aangehaal!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.