‘LUR-jaagduiwel’ nie in hof, naam bekend

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat vir ʼn spoedoortreding in hegtenis geneem is en beweer het hy is ʼn LUR in die Wes-Kaap, het nie Woensdag in die hof verskyn nie.

Die man sou aanvanklik in die Randburg-landdroshof verskyn op ʼn klag van roekelose of nalatige bestuur. Hofbeamptes het egter Woensdag gesê die saak sal in die Midrand-landdroshof aangehoor word.

Die man is intussen geïdentifiseer as Mcebisi Mlondzi. Volgens berigte is Mlondzi ʼn sakeman wat bande het met die oud-ANC-LP Tony Yengeni. Dit kon egter nie bevestig word nie.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het bevestig dat die verdagte nie in die hof verskyn het nie. “Dit blyk dat hy aansoek gedoen het om op ʼn ander datum te verskyn. Ons kan nie die datum bevestig nie.”

Die metropolisie het vroeër gesê ʼn man is Sondagoggend in hegtenis geneem nadat hy teen 207km/h vasgetrek is in ʼn 120km/h-sone op die N1 in Midrand. Volgens Minnaar het die man wat ʼn goue Bentley gery het, geweier om te stop toe metrobeamptes hom wou af trek. Hy is agternagesit en by Corlettrylaan in hegtenis geneem. Die man is van roekelose of nalatige bestuur aangekla en op borg van R1 500 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HEVW ·

Dit is darem te lig. Om teen 207 km. te jaag is beslis nie nalatig nie en dan het hy nog weggejaag ook. Beslis nie nalatig nie. Eerder n roekelose wetsoortreder wat niks omgee vir ander padgebruikers se lewe nie. Heel moontlik ook nog onder invloed van alkohol, want waarom wegjaag.

carel ·

Sien sy naam is nie Steve Hofmeyer of Juluis Malema nie so hy gaan deur sy “conections ” gehelp word – jy moet goed ge-“conect” wees om nie net jou hof datum maar sommer ook die plek van die verhoor te kan laat skuif?

Anoniem ·

Waarom is daar wette wat net vir sekere landsburgers geld? Dit is om van te k@#s. Hoe verlang ek nie na regverdigheid en eerlikheid in die land. Kan ook seker nie beter verwag
as Zuma die voorbeeld stel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.