LUR jammer, maar steeds in die sop

Faith Mazibuko

Die ANC in Gauteng gaan Faith Mazibuko, die provinsie se LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, by die party se etiekkomitee verkla oor ʼn uitgelekte klankopname.

In die klankopname kan daar gehoor word hoe sy op werknemers skree en glo druk uitoefen vir projekte om voort te gaan sonder die nodige tenderprosesse.

Jacob Khawe, die ANC se provinsiale sekretaris, het gesê die leier van die regerende party het met Mazibuko vergader en is teleurgesteld in haar optrede.

“Ons wil om verskoning vra aan die Indiese en wit gemeenskappe en beklemtoon dat die ANC ʼn nieseksistiese, nierassige organisasie is.”

Mazibuko het vroeër om verskoning gevra aan die twee vroue wat sy in die video verskree sowel as die publiek. Volgens Mazibuko het sy selfondersoek gedoen en vra onvoorwaardelik om verskoning vir haar stemtoon en onbehoorlike taalgebruik.

Die Ahmed Kathrada-stigting het intussen ʼn beroep op David Makhura, premier van Gauteng, gedoen om dit te oorweeg om Mazibuko af te dank. Neeshan Balton, uitvoerende direkteur van die stigting, het gesê hulle is “erg ontsteld” oor die rasgedrewe en seksistiese aard van Mazibuko se aanval op die amptenare.

Balton het gesê dit is dié soort houding wat tot die Life Esidimeni-tragedie gelei het waar amptenare onder druk geplaas word deur hul hoofde wat lei tot onbehoorlike en onetiese besluitneming. Volgens Balton sal die stigting ook die Menseregtekommissie nader oor Mazibuko se uitlatings.

Mazibuko se departement het haar vroeër in ʼn verklaring verdedig en gesê dat die LUR in geen stadium tydens die vergadering met personeel onwettige opdragte gegee het nie, maar net klem gelê het op die belangrikheid daarvan dat die departement sy beloftes nakom.

“Die LUR het nog altyd geglo dat die inwerkingstelling van projekte vinnig en binne die voorskrifte van die wet gedoen moet word. Die LUR ontken alle aanklagte van inmenging in administratiewe aangeleenthede.”

Die Mail & Guardian se amaBhungane-eenheid het Woensdag die klankopname bekendgemaak.

In die opname kan gehoor word hoe Mazibuko op bestuurders in haar departement skree oor sportfasiliteite, sogenaamd gekombineerde sportbane, wat so gou moontlik by verskeie gemeenskappe opgerig moet word. Daar kan in die agtergrond gehoor word hoe twee vroue vir Mazibuko die versekering gee dat die fasiliteite opgerig sal word solank dit volgens wet gedoen word.

Mazibuko raak woedend en skree op die bestuurders dat die fasiliteite opgerig moet word of hulle moet hul bedanking indien.

Die LUR bulder teenoor die vroue en weier om hul verduideliking aan te hoor dat daar nog nie kontrakte gereed is om die fasiliteite op te rig nie.

“Ons wil dit gebruik vir ons veldtog om die verkiesing te wen. Hoe julle dit ook al doen … selfs al gaan rig julle dit self op of doen dit met toorkuns … julle beter dit doen.”

Mazibuko sê dan ook vir die twee vroue dit blyk haar pogings om vroue te bemagtig deur hulle aan te stel word in haar gesig gegooi.

“Dit is duidelik dat julle nie gereed is om in die omgewing te werk nie. Julle beter julle werk doen of waai … watter ander departement het ʼn wit vrou as hoof van die departement? Niemand, behalwe nasionaal. Dit is hoekom sommige departemente nie ʼn Indiese of wit vrou soek nie … en dit gaan nie oor rassisme nie.

“Hierdie vrouebemagtiging … ek het dit te ver gevoer en nou word dit in my gesig gegooi … gaan doen julle werk. Julle twee is die gelukkiges, julle moet my bedank.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Elna ·

Johan ek stem 100% saam met jou ek glo ook glad nie aan die woord jammer nie dit maak geen verskil aan enige situasie nie. Sorry en jammer sit nie tande in jou mond nie nes jy daar se.

Manie ·

Die vrou beaam net met wat sê rassiste ons te doen het in die anc. Asook die leun wat verkondig word dat swartes nie rassiste kan wees.

Bekommerd ·

In die lig van die erge korrupsie en staatskaping wat nou bloot gelê word moet hier drasties opgetree word teen hierdie “ honorouble” member en nie net jammer sê nie. Dit werk nie so. Dubbel standaarde

Jannie ·

Sê ook net jammer omdat daar klankopnames is anders het sy dit ontken.

Jan ·

Leier se alie, ware karakter, soos die res van haar kaders, heeltyd niks gedoen vanaf vorige verkiesing, nou moet daar stemme gekoop word, so gaan dit al van 1994

Hanna Hoekom ·

Dan was sy sumier geskors, n rassis genoem en vir die wolwe gegooi! ANC = rassisme.

Koos de Meyer. ·

Dit wys maar net weer, as die vroue nie wit was nie was daar weer korubsie.wat nou van rassisme. Nog ‘n verkiesings plan van die meerderheid,pateties is al wat mens kan sê.

Karlahari ·

Dubbele standaarde…..
n Juffrou neem n foto en sy word summier geskors.
Die persoon wil bedrog pleeg om n verkiesing te wen en dan speel sy die rasse kaart.
Maar weet julle Wat? Daar gaan vere van kom as ons nie n issue daarvan maak nie.
Kan iemand nie n hashtag Mazibuko racist tag begin nie? Wit en Indiër gemeenskap sal dit ondersteun. Ek is tegnologies gestremd.

Phillip Duvenage ·

As jy dit doen staan die tronk deure vir jou oop. Nee wat julle moet dit rustig vat. hoekom opgewonde raak. Ek weet ek voel ook magteloos maar is dit nie wat ons is nie? Ons het weer n kans gaan stem hulle uit of probeer altans.

Chris ·

En wie het die moed en deursettings vermoe om n klag by die menseregte kommisie te gaan le. Hier is die DA dood stil en swyg soos die graf. Waar is Afriforum spring in en doen iets moet nie dat die geleentheid verby gaan nie

Spike ·

Ek aanvaar nie jou verskoning nie. Jy is ñ rassis. comrades en kaders weet nie van berou nie

Thomas ·

Ek het ook reeds jammer gesê vir apartheid. Is ek ook nou verskoon?

Gert van Wierdapark ·

Faith GLO natuurlik sy is On-Aan-Tas-Baar. Haar “Verkiesingsgesprek” met die amptenare gaan ‘n heel ander uitslag he as waarvoor sy begroot het!

Keelvol ·

Faith Mazibuku jammer help nie. Hoeveel blankes het ook al”Jammer”gesê maar dit word nie aanvaar nie. Verder sê die regstelsel mos hulle toon nie berou nie. Sooo ek sien geen berou nie.
Jy weet presies waarvan jy praat . Bemagtiging werk nie vir jou nie.
Dit is hoe dit gaan met aanstellings sonder meriete.
Natuurlik was dit rasgedrewe en seksisties.
Kla haar aan vir rassisme. ANC se ware kleure begin wys.

Opisthophthalmus ·

Mynsinsiens… Sy is jammer dat dit uitgelek… En niks meer nie.

Koos ·

Sy is nie a rassis nie. Geen swart persoon in die wereld was nog ooit ‘n rassis gewees nie. Dis net mense wat enige ander kleur onder die son het wat rassisties is en kan wees. Ek weet nie hoekom is almal op hol nie. Sy is mos reg in wat sy doen. Sal seker nog ‘n senior minister word. Mooi man.

Piet ·

Ek is so dankbaar om te hoor dat Indier en wit mense gesien word as affirmative action om haar transformation nommers reg te kry. Ek dink die LUR moet bevorder word. Ek sal vir haar stem.

Lekker lag ·

Ondenkbaar dat die kwaliteit leiers eintlik die land bestuur. Onbeskof en definetief nie mensa lidmaatskap materiaal nie. Geen wonder dit gaan soos dit gaan in staatsdepartemente nie.

Ander Annie ·

Daar is baie wat so te kere gaan. Hierdie een se tirade is op sosiale media uitgewys. Sy is jammer, ag nee wat, sy is jammer sy is uitgevang. Haar jammerte is meer vals as party se vals tande. Mevrou Pinnochio se neus moet langer groei. Kyk maar hoe besig is die Politici nou voor die verkiesing. Ek gee daardie twee vrouens wat kalm gebly het 10 uit 10.

fred ·

volgens haar mense het sy geen wet oortree nie?….die wit onderwyseres in Schweizer-Renicke en die wit eiedomagente het volgens my ook nie n wet oortree nie…maar die één was onmiddelik suspended terwyl die ander vir 3jaar tronk toe gestuur is…bewys dat die ANC kan maak wat hulle wil,voel hulle is bo die wet,sy is n klein tiran wat haar werkers as vuil behandel…hoe het sy ooit n LUR geword?

Alida ·

Julius en BLF kom weg daarmee hoekom sal hulle haar aankla?

Erika ·

Ja, dank haar af!!!!.. Kyk watse verhore moes Naas Botha hulle deurgaan om sy onskuld te bewys by Super Sport. Toe was die sportminister gou om te sê dank hulle af om Willemse te bevoordeel.. So kry elke hond sy dag!!

khat ·

Sy moet onmidelik gefire word en tronk toe gaan sy is n groot rasis en wat geld vir een geld vir almal of sy moet die volgende 36 maande haar salaris en ek se vole selaris aan die mandela kinder fonds skenk of 10 jaar in tronk

Nettie ·

Bha-ha-ha-wha-ha-ha-ha!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Die ANC, hul kaders en ondersteuners is nie rassisties nie …………….

Dit is die grap van die eeu!!!!!!!!!!!!!!!!

Elsa ·

Verduidelik nou mooi puntsgewys aan almal. Waarvoor is jy jammer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.