LUR kap na Afrikaanse skole noord van Pta

panyaza-lesufi

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Hoërskool Montana en Hoërskool Overkruin se afgetekende toelatingslyste word vandag weer deur die Gautengse onderwysdepartement geëvalueer nadat die departement klagtes ontvang het omdat sowat 33 Engelse kinders nie in die twee skole toegelaat is nie.

Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, het Dinsdagaand met 135 ongelukkige ouers en die beheerliggame van die skole vergader oor hul toelatingsbeleid.

Lesufi het onder meer tydens die vergadering gesê hy is oorval deur klagtes van ouers in die noorde van Pretoria wie se kinders nie by die skole toegelaat is nie. Hy het onderneem om die skole te dwing om te transformeer. Hy het verder gesê sy departement het R300 miljoen vir litigasie begroot in 2017 en is nie bang om organisasies soos AfriForum en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) aan te vat nie. Hy het boonop ook gesê hy sal alles wat Hendrik Verwoerd gedoen het ongedaan maak.

Dr. Jean van Rooyen, Fedsas se Gauteng-bestuurder, meen Lesufi se uitlatings is onverantwoordelik. “Dit is onsinnige opmerkings, die onderwysdepartement kan eerder die begroting aanwend om nuwe klasse te voorsien. Verwoerd se nalatenskap het niks met onderwys te doen nie.”

Van Rooyen het ook gesê dat die skole beslis nie onwillig is om Engelse leerders te help nie. Albei skole het meer as tien jaar gelede ʼn onderrigbaan in Engels begin om die departement tegemoet te kom juis omdat daar nie genoeg Engelse skole in die omgewing is nie.

“Montana Poort High School is ook sowat ʼn jaar gelede gebou om voorsiening vir Engelse hoërskoolleerders in die noorde te maak. Die skool is egter op ʼn klein terrein gebou en bestaan net uit tydelike strukture. Die ouers van die omgewing weier om hulle kinders na die skool te neem omdat die skool ook nie oor sportgeriewe beskik nie,” het Van Rooyen gesê.

Hy reken dit is ʼn goeie voorbeeld van die onderwysdepartement se onvermoë om betyds voorsiening te maak vir die veranderende demografie van die hoofstad. Dit terwyl skole soos onder meer Montana en Overkruin reeds oorvol is.

Bernard Jacobs, beheerliggaamvoorsitter van die Hoërskool Overkruin, meen die gebeure by die skole gaan ʼn toets wees om vas te stel of die taalbeleid van ʼn skool of die sogenaamde 5 km-reël die swaarste weeg wanneer daar bepaal moet word of ʼn kind toelating by ʼn skool kry. Die 5 km-reël is in Mei vanjaar deur Lesufi ingestel en bepaal dat enige kind wat binne ʼn 5 km-radius van die skool bly by die skool plasing moet kry.

“Ek het begrip vir die Engelse kinders se reg op onderwys, maar ons het ook ʼn reg op Afrikaanse onderwys. Net soos wat hulle baklei, het ek die plig om my kinders en mense van die skool te beskerm,” het Jacobs gesê.

Sy grootste bekommernis is egter dat die ouers wat Dinsdag se vergadering bygewoon het die LUR gedreig het. “Hulle het gesê hulle gaan nie volgende jaar weer in dieselfde vergadering kom sit nie en indien hulle nie antwoorde kry nie, sal niemand volgende jaar by die skole kan skoolgaan nie. Ek vrees vir wat sal gebeur as hulle buite die skole kom betoog. Wat gaan gebeur as ʼn betoger die verkeerde ouer se kind aanvat? Ons beplan reeds ekstra sekuriteit in die nuwe jaar by die skole.”

Die Hoërskool Montana se hoof en adjunkhoofde was by die distrikskantoor om die toelatingslyste te bespreek in opdrag van Lesufi en was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Die beheerliggaamvoorsitter van dié skool is ook gevra om nie net met die media te praat nie.

Die Gautengse onderwysdepartement is genader vir kommentaar oor die kwessie en het onderneem om so gou moontlik kommentaar te lewer op Maroela Media se navrae.

Die skole se bestuur, beheerliggame en Fedsas beplan om Maandag weer oor die kwessie te vergader. “Fedsas win tans ʼn regsmening in oor die twee skole se posisies,” het Van Rooyen gesê. AfriForum  het ook gesê die burgerregte-organisasie steun graag skole teen viktimisasie deur die LUR en sal betrokke raak in oorleg met regsadvies en Fedsas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

ELMARE ·

Ons het nooit enige skole afgebrand, of universiteite afgebrand, ons het ons eie skole gebou, eie universiteite gebou. Kan hulle enige iets opbou sonder om te vat.

Jan ·

Ek voel vir hom net soveel soos hy vir my voel, nie minder nie, nie meer nie, net mooi

Hoekom ·

Hoekom julle obsessie oor Afrikaanse skole? Bou tswana/zoeloe/xhosa/sotho skole en sit julle eie onnies in en onderrig julle mense in hulle eie taal, hoekom net die afrikaanse skole teiken?

Magda ·

Hulle kan nie die skole bou nie, want hulle gaan alles net weer afbrand. So dan blameer hulle nie Afrikaanse skole daarvoor. Hulle verstaan nie dat daar net ‘n seker hoeveelheid leerlinge in die skook kan wees nie.
As daar nie plek is nie omdat hulle gesit en slaap het en nou op die nippertjie hulle kinders wil inskryf dan kry almal die skuld behalwe hulle self. En nou sien ek dit is sommer Verwoerd se skuld.

Aster ·

Ek stem. Hulle kan verdomp hulle eie skole bou. Óns bou die land op maar dan kom skep húlle die room! Ry lekker op die blankes se rug.

roelfie ·

Nee, hulle wil nie “minderwaardige” moedertaalonderrig hê nie, dit móét Engels wees.

john ·

soos gewoonlik word die kar voor die perd gespan en gaan die knaap met eier in sy gesig sit.

Thereza ·

Met R300 miljoen belastingbetalersgeld kan mnr. Lesufi seker beter dinge doen as om hofstryde te probeer wen. Ek ken daardie twee skole baie goed en dit sal ‘n ramp wees as hulle ook sink soos Helpmekaar Meisies gesink het. Ek is net baie dankbaar dat ek my tassie gepak en uit die onderwys geloop het. Dit was kort nadat een van my “Engelse” leerlinge met kwaai ADHD ‘n vuurwapen op my gerig het. Al ons “Afrikaanse” leerlinge was toe al klaar in ander skole. Nee dankie, ek is vort.

Columbiana ·

Maar Helpmekaar Meisies het nie gesink agv politieke druk of enige ander faktor behalwe foe samesmelting van die seuns en meisies en vandag staan daar Helpmekaae skool. Sterk

Anne ·

Sal graag die dag wil beleef wat hy teruggebring word aarde toe, arrogante sot !

Lance ·

Miskien alles wat zuma gedoen het ook ongedaan maak want dis n nog groter gemors

FM ·

Lesufi is, wat my betref, net daar om af te breek. As n ding werk, hoekom afbreek. Lesufi wil ons dwing om n smeltkroes van rassevermenging te wees. Lesufi sal leer dat mense nie gedwing en gedreig moet word om te integreer nie, dit kom spontaan. Lyk my hy gee nie om wat dit kos nie, solank hy net van SA n Zimbabwe kan maak. Hou hy so baie van die blankes dat hy hulle nie kan uitlos nie. Lyk my hy is jaloers op skole wat presteer. Hy wil presterende skole aftrek na sy standaard toe. En hy is nog arrogant ook.

ian ·

Boikot die skole ,weier om skool geld te betaal!!!!
Vir wie moet ons bedank;;;;; die man wat die wigte en teen wigte ingestel het…

Carel ·

Hierdie tipe hansworse moet ‘n slag gaan vasstel wie verteenwoordig die “belastingbetalers” en wat is hulle bydrae tot waarde toevoeging in hierdie land.

piet ·

Dit gaan met skole amper soos met universiteite – een van dae strike skole ook deur hul swak besluite

Santie ·

Nou wil hy sowaar die 300miljoen gaan mors op hofsake? Wys jou. Aan vooruitbeplanning en instandhouding word nooit gedink nie. They demand and we must listen. Werk nie so nie.

Carel ·

Mnr Lesufi,Mnr Malema,Mnr Zuma en al die “slim” manne – julle is besig om mense op te sweep en julle weet nie wat gebeur met mense wat met vuur speel nie !!!! Dit is duidelik julle DINK nie voor julle praat nie – is dit uit arrogansie dat julle so optree ? BEPLAN beter,spandeer ons as belasting betalers se geld REG en julle sal sien – daar gaan genoeg skole wees – genoeg onderwys personeel en selfs genoeg onderrig instansies vir elkeen se taal voorkeur !!!!! JULLE is verseker onbevoeg.

JC ·

Dis ‘n feit dat “dubbelmedium” skole uiteindelik Engels enkelmedium skole word tot nadeel van KINDERS wat die reg het om in hul moedertaal onderrig te ontvang wat in hul wetenskaplik bewese beste belang is. Sekerlik kan dit nie reg wees om Afrikaans mediumskole te dwing om “Engelse” leerders in te neem nie, veral indien MEYERSPARK as ‘n vb. geneem word van wat kan en ALTYD gebeur. OUERS RAAK BETROKKE, dit is jul kinders se toekoms!!Wat van die +- 130 Afrikaanse leerlinge se regte by Meyerspark??????? Verder is daar ‘n pletora van kulturele gemeenskapsregte wat ook die leerlinge se regte onderskraag. Wat lesufi nie besef nie, is dat hy nie slegs te staan kom teen Fedsas en Afriforum nie, maar TEEN ALLE AFRIKAANSES WANT ONS ALMAL ONDERSTEUN die ouens in Montana en Overkruin. SO, as sy departement, wat studiebefonsing kan verskaf aan ‘n Swazilandse krimineel by Wits, kans sien om daai R300 miljoen fondse te bloei dan moet hul maar voortgaan. # VEG TERUG. # MOENIE ‘N TREE TERUGSTAAN NIE!! # ONS IS NIE ALLEEN IN DIE GEVEG NIE. Lesufi is heeltemal ideologies gefomfaai. Dit gaan NIE OOR Dr. Verwoerd NIE!! Dit gaan oor die beste belange van die kinders. Daardie skole is STAMPVOL!! So wat gaan hy daaroor doen, dat kinders wat in Afrikaans geakkommodeer MOET word, nou moet padgee vir “engelse” studente wat NIE geakkommodeer KAN word nie, gmmmmff???? Ons is reg vir jou Lesufi, bou ‘n SKOOL asseblief en hou jou uit by Afrikaanse skole se sake!!

Alta ·

Well said, JC! Stem 100% met jou saam. Jou intelligente “in die kol” kommentaar laat blyk duidelik dat jy maar kommentaar MAG lewer….DANKIE! Jy het alles gese wat ek graag wou kwytraak. Jy het my bas gered, want ek sou dit dalk nie so hiper-ordentlik gedoen het nie!!

WitBlits ·

Die kapokhaan op ons plaaswerf het kopaf in die pot geeindig en ek wonder wat eendag met hierdie een gaan gebeur, want sy arrogansie gaan hom nog inhaal!

Yvonne ·

Se my Mr Lesufi as ons ons afrikaanse kinders by ‘n Soweto skool wil inskryf en hulle wil hulle nie inneem nie, gaan jy ook daardie skool dwing om sy beleid, kultuur en taal te verander sodat ons bloedjies ook daar kan skool gaan in hulle huisttaal???

De Villiers ·

Wie se skuld is dit dat skole in swart woongebiede afgebrand en ruite stukkend gegooi word, en hul sportvelde en skoolterreine nie onderhou word nie? Wie se skuld is dit dat baie swart onderwysers tydens skooltyd nie eens in hul klasse is waar kinders sit om onderrig te ontvang nie? Wie se skuld is dit dat daar geen dissipline meer in swart skole is nie deurdat kinders kan kom en gaan soos hulle wil? Geen wonder hul punte lyk aan die einde van elke jaar so swak nie, maar dan word blanke skole uitgesonder omdat alles beter gaan daar, van dissipline tot skoolpunte. Boonop is dit keer op keer al bewys dat moedertaal onderrig die beste manier is van onderrig, maar steeds sal oningeligtes soos Lesufi volhard met ‘n onderwysstelsel waarvan die Wiskunde en Wetenskap standaard en punte van die swakste is ter wêreld. En Lesufi dink hy gaan dit regmaak deur afskaffing van moedertaal onderrig en vermenging van anderskleuriges. Hoe intelligent moet ‘n mens wees om te dink hierdie strategie gaan werk?

Anoniem ·

Klein tegniese puntjie (wat in die groter prentjie glad nie saak maak nie): SA is deesdae blykbaar slegs tweede vrotste in die wêreld met wiskunde en wetenskap. Nog steeds geen rede om die vreugdevure brand te steek nie.

Erasmus ·

Hoeveel kinders betaal skoolfonds? Wat gaan gebeur as die ouers weier om skoolgelde te betaal? Wat gaan dit dan help om Verwoerd se strukture te vernietig? Het die LUR al gedink hoe hou jy n skool staande sonder geld? 300 miljoen? Hoop nie dit raak tussen hier en daar weg nie…

Thea Gerber ·

Laat Lesufi die 300 miljoen vat en ‘n hele verdomde skool vir die Engelse leerlinge bou. ‘Problem solved’

FM ·

JC jy is n bulperd!!!!Baie goed gestel. Lesufi sal rooi ??in die gesig word van skaamte. Hy sal nie vir jou n realistiese antwoord kan gee nie, net n ideologiese, jaloerse, arrogante , onsamenhangende, afbrekende Zim antwoord. Hulle maak dat SA die muishond van die wereld gaan word. Alles moet agebreek word en Lesufi is een van die afbrekers.!!!!

Jacques Fourie ·

RSA Demokrasie in werking: Die departement is in oproer oor tien engelssprekende leerlinge, en sal alles in hul mag doen om die skole te buig….en die Afrikaanse kinders in Laerskool Meyerspark, hul moet, maar het ongelukkig nie, dieselfde aanspraak op hul konstisionele regte soos die Engelssprekende kinders nie. As die Afrikaanse skole so ‘n doring in die mense se vlees is, hoekom wil hul dan so graag hul kinders daar inkry?

Moedertaal**** ·

Daar is net soveel klasse en net soveel kinders wat n skool kan vat…

Simon ·

Ek wil ook graag van Mnr Lesufi weet waar wil hy 33addisionele kinders in n skoon inpas as die skoon reeds stamp vol is.
Hy moet onthou dst die Aftrikaanssprekende kinders het ewe veel reg om by genoemde skole ingeskryf te staan as enige Engelssprekende of ander talige kinders.
Mnr Lesufi moet eerder addisionele skole bou as om bestaande skole af te breek.

Penellope Jones ·

Miskien moet hy hierdie berig lees op News24 wat in Oos-Londen aangaan:

“”Broken schools, broken promises: Pupils’ photos expose shocking conditions.””

Flintstone ·

My dogter is in Overkruin,en ek wil jou waarsku Lesufi,as een intimideerder my dogter gaan skade maak,sal jy ‘n moles op hande hê wat Verwoerd self nie eens kon voorsien nie.Jou mond is te groot.Vat daardie 300milj.van ons geld en gaan brei daardie engelse skool in Montana uit.Sover ek kan sien is daardie skool in elk geval net vir jou verkiesings pionne gebou.Overkruin is die bespresteerde skool in Afrika,en nou wil jy deur jaloesie die appelkar probeer omgooi.Ek reken die klaers bly in elk geval nader aan die Engelse skool as aan Overkruin/Montana.

Hendrik Verwoerd hoerskool ouer ·

Hendrik Verwoerd? ?… Ironies dat daar ‘n Hoerskool Hendrik Verwoerd is… Nogals TWEETALIG!

Johann ·

Hierdie man het net nie einde nie, hy gaan sy magsposisie gebruik en misbruik, oor en oor en oor tot satwordens toe, maar stop sal hy nie in ‘n miljoen jaar nie. Dit is soos Zuma wat ook nie einde het nie. hy kom net elke keer terug, het die wêreld se geduld, want hy weet hy is onaantasbaar, hy meer as Zuma.

Peet ·

Sy eerste naam Andrek sê presies wat hy kwytraak om populêr te probeer wees. Foeitog!!!!

Gerrie ·

Ons kan maar komentaar lewer tot ons blou is maar as dit nie by dieregte person uitkom nie beteken dit niks,so iets moet die betrkke persoon kry en verstaan wat ons dink van hom

Del ·

Ek en my gesin bly 18 jaar al in Doornpoort. My eerste kind (het 2) gaan komende jaar Montana toe, gr8. Ons bly 1.5km van die skool af. Die skool is opgebou deur die gemeenskap, die ouers van kinders in die skool tot waar hy vandag staan as (weer) volgens Beeld die topskool in Gauteng. In 18 jaar het die kant van die berg onmenslik uitgebree. Hier is geensins genoeg skole nie. Die verskoning van ‘n skool wat hulle verlede jaar met hulle kleingeld gebou het, was ‘n groot vermorsing. Bou julle eie skool en los ons kinders sin.

Anoniem ·

Meneer Lesufi laat selfs die Afrikaanssprekende kind jou so minderwaardig dat jy hulle wil dwing om te transformeer?. Dit moet seker verskriklik wees om aan so ‘n minderwaardigheidskompleks te ly. Ek kry jou so verskriklik jammer.

leon - Centurion ·

Lesufi se department faal die swart kind. Die swart skole se resultate is pateties. Lesufi het geen beheer oor die vakbond wat poste verkoop vir geld. Hulle doen nes hulle wil. Ek is nie verbaas dat swart ouers hul kinders in die suksesvolle Afrikaanse skole wil sit nie. Vir Lesufi is die resultaat die vernietiging van Afrikaanse onderrig op ‘n skinkbord en ‘n goed funksionele skool verdoesel sy onbekwaamheid.

Hy moet met alle mag tee gegaan word. Sy posisie in die kwynende ANC is nie so sterk soos ‘n jaar gelede nie. Ek het ‘n gevoel die gaan ‘n waterskeiding geveg wees. Hoop Afriforum raak betrokke en die talle wat op die artikel gereageer het sluit aan en dra by tot die stryd.

Jan ·

Ek het in ‘n kommentaar gesê hulle kaap wit kennis en kundigheid, maar dit is toe nie geplaas nie. Ek het ook gevra, om welke rede, maar om ooglopende rede nie verder bespiegel nie.

M'Lady ·

Die man het nie eers enige kwalifikasie in Opvoedkunde nie. Dit se al klaar baie.

wilma ·

Wat sal ek se. Die goeie ou dae toe kinders kon skoolgaan sonder sekuriteit by skole. Nou het als verval. Wie moet ons bedank? lesufi natuurlik

Loret Lundall ·

Sulke eensydige kommentaar van Lesufi! Daar is honderde Afrikaanssprekende kinders wat ook nie plek gekry het by die twee skole nie, word daar ‘n geraas gemaak daaroor? Nou word daar ‘ n rasse, politieke agenda gedryf deur die grootste rassis!

Mina ·

Daar is 300 duisend stoele te min vir Gauteng se kinders. Hoekom? Want die Gauteng se onderwys departament het nog net 1 ekstra skool gebou vanaf 1994 en die skool sit in Soweto. G’n wonder Lefusi spring so op en af nie! Plaas dat hy sy werk doen en begin skole bou!

jaco ·

Adapt or die mense. PW Botha het dit amper 40 jaar gelede reeds gesê. Die enigste mense wat kla dat alles met Engels vervang word, is wit Afrikaanse mense. Afrikaanssprekende kleurlinge is stil. En swart sprekers van Zulu, Tswana ens kla ook nie. Hou meer wit Afrikaanssprekende mense oor dinge gaan kla, hoe meer gaan ons almal geviktimiseer word. Uiteindelik word ons dan almal landuit gejaag of word uitgemoor. Onthou net: die wit mense in Zimbabwe het vir 20 jaar lank heel gerieflik oorleef deur stil te bly en heeltemal uit politiek te onttrek. Eers toe hulle op groot skaal begin geld gee het vir die MDC, het Mugabe hulle begin wegjaag. Dis anyway nonsens om oor taal te kla. Engels is immers n wêreldtaal EN oorspronkelik n wit Europese “taal van onderdrukking”. Lag eerder vir die voormalige victims van apartheid wat nou net n ander taal van onderdrukking so bevorder.

JC ·

Baie dankie vir jou opinie jaco?? Goddank dis ons besluit of ons dit moet ernstig opneem of nie.
Juis die feit dat mense NIE terugbaklei nie is hul doodsteek, nie anders om nie!!
Ons is nie Jode of Zimbabwiers nie, ONS IS AFRIKANERS, kinders van Suid-Afrika!!!

Theresa ·

Mr Lesufi, kindly refrain from trying to undo stuff not having anything to do with the problem in schools. Good advice for an intelligent person like you, is to focus on solving many problems (not challenges) PROBLEMS in this day and age regarding education and places of education. Why disrupt things which work perfectly? Rather use positive energy to build better places – less disruption – more places of learning in stead of people being urged to break things down to rubble. We understand grudges. But really, is it necessary that the supposedly most sophisticated people in our country still try and get away with decisions and remarks concerning and regarding old, long ago, mistakes or ways of governing? Do let people remember this government with less bitterness. Let people look up to you with respect. Not sadness and just more and more disillusion. Be the solution to real problems – please do not concentrate on things that should not be changed if it is not a real problem. It is a most sad day that there must always be something of the past to grasp because of thing not going well at this point in time. It really is most sad.

Jos ·

Die Lesufi karakter meng tot by privaat kleuterskole in en nou hoor ek daar was vandag by ‘n oorvol engelse kleuterskool in Pretoria-noord #feesmustfall betogings gewees. Mense word versoek om die area te vermy want die baba’s gooi al die motors met doeke vol str…. Hahaha, grappie. Sal nie verbaas wees as die universiteit #feesmustfall een van die dae by die skole gaan kop uitsteek nie.

Janneman ·

Moet nie fout maak nie, hierdie man word deur politieke ideologie gedryf. Logieke en redenasie gaan nie werk met hom nie.
Die werklikheid is hy sal politieke mag en die meerderheid sal gebruik om uiteindelik Afrikaanse onderrig in gauteng te knak – nes met die universiteite bewys is – die kwaliteit leerling wat gelewer word is n bysaak.
Wie is die opportunistiese PLOERT in elk geval om sy naam in dieselfde sin as n STAATSMAN soos Verwoerd te noem.

Janneman ·

Ons kan byna weekliks die verval in ons voorheen uitstekende skool waarneem namate verengelsing toeneem en Afrikaans uitgedruk word.
Na 50+ jaar in KZN verhuis ek ter wille van my kleindogter na Mosselbaai gebied toe. Daar waar my mense in die meerderheid is, waar my taal gerespekteer word en uitmuntenheid en harde werk die enigste maatstawwe vir sukses is.
Ek kan nie wag nie!

Johann ·

Ek dink nou aan die liedjie wat die mense by troues sing: ” Why was he born so beautiful, ….”

Anoniem ·

“I put it to you”: jy is ‘n dief, want jy steel jou salaris, omdat jy nie doen wat jy veronderstel is om te doen nie. Dis maklik om grootbek te wees en baie te praat. Pleks jy bietjie vooruit beplan, die probleem daadwerklik aanspreek en sorg dat meer skole gebou word. Maar nee, jy sal liewers R300mil op hofsake spandeer as om dit aan te wend waar dit ‘n verskil sal maak.

“I put it to you”: dit sit nie in jou broek om enige iets op te bou nie. Al waartoe jy in staat is, is om af te breek.

Phillip ·

Verduiwels tog. Sal iemand asseblief tog verduidelik. Ons moet tot vervelens en walging feitlik elke dag aanhoor hoe onwelkom ons afrikaners in die RSA is en hoe die ROOI CLOWN en die regering ons uit wil he. Nou waarom, o waarom wil hul, hul kinders deur die gehate afrikaanse onderwysers in suksesville afrikaanse skole plaas. My kop is te plat vir die redenasie. en

Blackpoison ·

EK is een van daai verkeerde ouers. Bring it on, ek is nie bang om op te staan vir my kind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.