LUR kap terug oor rassisme-klag

ANC-LUR Nancy Sihlwayi. Foto: www.ecprov.gov.za

ANC-LUR Nancy Sihlwayi. Foto: www.ecprov.gov.za

Nancy Sihlwayi, die regerende party se LUR van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap, het met “skok en woede” gereageer nadat die DA ʼn klag van rassisme teen haar ingebring het.

Die DA het die Menseregtekommissie versoek om ondersoek in te stel na bewerings dat Sihlwayi personeel opdrag gegee het om kinders op grond van hul ras uit te sluit van ʼn jeugprogram wat die regering aangebied het. Slegs ses van die 200 kinders wat die program en kamp in September in Port Alfred bygewoon het, was wit.

Sihlwayi het in reaksie hierop die belangrikheid van regstellende aksie en swart bemagtiging beklemtoon as instrumente om die ongeregtighede van Suid-Afrika se apartheidverlede reg te stel. “Vir iemand met my agtergrond en ANC struggle-getuigskrifte is dit ʼn ernstige belediging aangesien ek my hele lewe gewy het aan die stryd teen rassisme en seksisme.”

Sihlwayi het egter die verteenwoordiging van kinders wat die kamp bygewoon het verdedig. “Volgens Statistiek Suid-Afrika is 70% van jong swart mense tussen die ouderdom van 14 en 35 werkloos. Ek gaan dus nie verskoning vra vir my aandrang dat die swart jeug, en spesifiek Afrikane, hoofsaaklik bedien en bemagtig moet word deur hierdie kampe nie.”

Sihlwayi het ook die DA daarvan beskuldig dat die party bekend is vir sy “rassistiese gedrag”. Sy het onder meer na die voorval verwys toe Dianne Kohler-Barnard ʼn inskrywing oor PW Botha op Facebook gedeel het.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het ook onder Sihlwayi se tong deurgeloop. Volgens haar het Maimane sy siel verkoop om as front te dien vir die wit meesters onder die dekmantel van die “DA se swart leier”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Kaspaas ·

Ha ha tipies cANCer verdedig die feit dat sy n rassis is deur verdere rassistiese uitlatings. Obgelukkig sal die mense regte kommissie niks doen want hulle dans na die pype van hulle rassistiese meesters cANcer.

Viljoen ·

O so mag mens nou werk voor 16??? Sal graag wil weet want daar is baie jong mense wat graag n sakgeldjie wil verdien maar gehoor hulle mag nie werk voor 16 nie. Persentasie van die res wat werkloos is? Hoekom moet ons jeug en almal verantwoording doen vir goed waarmee ons niks tedoen gehad het nie? Wil voorkom of die fokus net verskuif na ons is een nasie na rasisties teenoor alle ander rasse…

GES ·

Die beste manier van verdedig is aanval. Wat net vir my lagwekkend is, is dat hulle alles probeer regverdig met die kwaad wat appartheid hulle sou aangedoen het. Eenmaal ‘n pateet altyd een…..

lc van deventer ·

Nancy wat het met Kolher gebeur ,sy is uit die party geskop gaan dieselfde met jou gebeur , nee jy gaan net n beter pos kry dit is mos hoe dit in die anc werk

Johan ·

Ons veg ongelukkig n’ verloor stryd met die CancER soos met Eskom, Soos met e-tol en die res van die sous trein brigade. 21 jaar later en apartheid word nog steeds blameer. Wat blameer hulle ons volgende voor, die drogue?

Rudi ·

Janee. Maroela moet so bietjie minder polities korrek wees vir ‘n maand of twee om bietjie die News24 en IOL lesers se stoom te vat. Maroela media is erger as juffrou Rottemaaier

adrian ·

Maroela begin n nuwe speletjie: held van die maand, samaritaan van die maand, nar van die maand en ook rassis van die maand … die een sal dit wen

THEA SWART ·

ek stel voor ons vra iemand om vir ons wit kindertjies met slegs 6 swart maaitjies ‘n kamp te reel sodat die wit-agter-geblewendes ook kan voel hoe voel dit en hoor dan die kommetaar dan sal die anc tekere gaan soos die nar wat hy is

Piet Pompies ·

En ek haal aan in die “Webster Dictionary”

Full Definition of RACISM: a belief that race is the primary determinant of human traits and capacities and that racial differences produce an inherent superiority of a particular race

Jy sal nooit-nooit-nooit ‘n persoon wat ‘n gebrek aan opvoeding en kennis het, oortuig om sy siening te verander, hulle glo en klou aan die gebrekkige kennis om tekorte weg te steek.

Eliza-beth ·

..en wat het EK nou geskryf wat verkeerd was? Kom Maroela verduidelik vir ons wat NOU weer verkeerd was! Ek dog ek het heel positiewe kommnetaar geskryf in van my kommentare?!

Sune van Heerden ·

Dagsê Eliza-beth

Ek kan nie sien dat ons enige van jou kommentare op hierdie berig verwyder het nie.
Dit is moontlik dat ‘n tegniese fout ingesluip het wat verhinder het dat die kommentaar gelewer word.
Probeer gerus weer.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Eliza-beth ·

My kommentare is beslis verwyder en toemaar tog, gaan nou nie weer insit nie. Hoe dit lank kan verskyn en dan ewe skielik weens “tegniese redes” verdwyn klink vereemd.

Johan 2 ·

Dalk noet julle wat so kla oor jul kommentaar wat nie geplaas word nie maar jul eie nuus program begin. Dis nie jou reg om iets hier te plaas nie en jul moer onthou dat MM hulself ook maar moet beskerm, gaan skryf dit dan maar op jou bakkies blad of êrens dergliks.

arie plaasboer ·

Ek wil bevestig dat Maroela gereeld my kommentaar verwyder / nie publiseer nie ten spyte daarvan dat dit aan die vereistes van maroela media se voorskrifte voldoen !!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Arie

Kommentaar word slegs verwyder wanneer die nie aan ons bepalings en voorwaardes voldoen nie.
Soms verskyn kommentaar eers ‘n wyle later op die berig indien dit per hand goedgekeur moet word.
Kontak ons gerus by [email protected] indien jy navrae het oor spesifieke kommentaar van jou wat dalk afgekeur is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Grassie

Ek kan nie sien dat ons enige van jou kommentare op hierdie berig verwyder het nie.
Dit is moontlik dat ‘n tegniese fout ingesluip het toe jy kommentaar gelewer het, en dit nie op die webwerf verskyn nie.
Sal jy asseblief weer probeer?

Jou kommentaar op ‘n berig met ‘n soortgelyke opskrif, “‘Rassistiese’ ANC-LUR verkla oor wit kinders” is ongelukkig afgekeur. Ek weet nie of jy moontlik na daardie berig verwys het nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Grassie ·

Dagsê Suné. Ja, ek verwys na daardie berig. Hierdie berig is net ‘n opvolg van daardie een.
Ek het geen vuil of lasterlike taal gebruik nie. Het bloot gesê dat dit beter is as die wit kinders nie die jeugprogram bywoon nie want hulle kan geïndoktrineer word en dat soort liewer by soort hoort. Dit is my mening maar dit is waarskynlik in stryd met wat jul redaktrise as polities korrek beskou. Ek bly egter ‘n Maroela ondersteuner en sal bly kommentaar lewer tensy julle vir my sê om te verkas.

Michiel ·

Maroela wat gaan hier aan met die kommentaar? Ek sien hope erger dinge elke dag! Miskien moet jul dan die kommentaar funksie permanent verwyder van jul webwerf aangesien jul klaarblyklik nie konsekwent in jul verwydering van kommentaar kan wees nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Michiel

Dankie vir jou navraag.
Kommentaar wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word verwyder.
Kontak ons gerus by [email protected] indien jy voel dat ons ‘n kommentaar moontlik onregverdig verwyder het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

WL ·

Dis my altyd so vreemd hoe hulle kieskeurig besluit wanneer is ras belangrik en wanneer nie. As dit by die werkplek kom is dit belangrik, as dit by rugby en krieket kom is dit belangrik, As dit by sokker kom is dit nie belanrik nie, As dit by jeugprogramme soos die kom is dit belangrik. As dit by misdaadstatistiek kom is dit nie belangrik nie, inteendeel dit is sommer rassisties as mens wel die velkleur raak sien.
Baie baie vreemd.

HEVW ·

Maroela, ek dink jul skuld jul lesers n verduideliking. Eweskielik is daar darem nou te veel ondersteuners wat nie gelukkig is nie. Se vir ons wat gaan aan!!!

Sune van Heerden ·

Dagsê HEVW

Ek het die lesers geantwoord wat navrae gehad het oor hul betrokke kommentare.
Dagsê Michiel

Dankie vir jou navraag.
Kommentaar wat nie aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen nie, word verwyder.
Kontak ons gerus by [email protected] indien jy voel dat ons ‘n kommentaar moontlik onregverdig verwyder het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Vra maar net ·

Ek hoor al vir antie Nancy in die plaaslike cANCer kantoor voor al haar ondersteuners: “Daar was ons, 5 teen 500, en het ons nie lekker teen die 5 gediskrimineer nie. Ek kan nie verstaan wat die 5 bedoel met rassisme nie. Eish!”

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek stem saammet al die beswaarmakers rondom die verwydering van kommentare. Hoe kan n kommentaar na n paar ure wegraak en Sune asb die verskoning van n tegniese fout het julle beslis by Eskom geleer. Dit is beter om nie die moeite te doen om kommentaar te lewer nie . Dit is so goed om dorp toe te gaan en niks te koop nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerhard

Grassie het reeds bevestig hy het verwys na ‘n kommentaar wat hy op ‘n ander berig gelewer het.
Ek het ongelukkig regtig nie ‘n verklaring vir dit wat met Eliza-beth se kommentaar gebeur het nie. Ek kan presies gaan sien watter kommentaar is uitgevee – en ek kan bevestig dat haar kommentaar nie daar lê nie. As dit dus nie op die artikel is nie, maar dit is ook nie in die mandjie waar kommentare lê waar dit uitgevee is nie, het Maroela nie die kommentaar doelbewus verwyder nie. Dan is die enigste verklaring ‘n tegniese fout – of dit is moontlik dat Eliza-beth kommentaar op ‘n ander berig gelewer het.

Ek dink as jy die kommentare en Maroela gereeld lees, dan is ons baie vinnig om te erken en te bevestig wanneer ons wel ‘n kommentaar uitgevee het, en net so vinnig om om verskoning te vra en ‘n kommentaar weer terug te plaas indien dit moontlik onnodig uitgevee is.

Ek wys ook weer daarop dat ons span klein is en ons kan dus nie al om die uur die kommentaar modereer nie. Ek bevestig egter dat kommentaar slegs verwyder word indien dit nie aan ons bepalings en voorwaardes voldoen nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Nandi Cooper ·

Ek sweer, elke ANC lid moet n bord om sy nek hang wat se “Hoe dom is ek?… Die domste!!” Mens kan nie eers meer lag oor hulle mentaliteit nie want dit grens aan iets onnatuurliks!!

pop 1 ·

Julle kan nou almal gal braak, niks gaan verander nie, Stig liewer n geldinsamel fonds en stuur ons arm wit kinders na n lekker vakansie. Volgende jaar is dit ander se beurt. Of as ons mense diep sakke het kan daar weekliks n ander klompie gaan. Agriforum, wat se julle?? Begin geld bedel, ek sal eerste gee.

Rietrot ·

Pink gaan pink bly. Swart,swart. Bruin,bruin. Maak vrede met jouself.

Tom Theron ·

Wat wil wit kinders in elk geval by ‘n ANC kamp doen? Leer hoe kommunisme hulle gaan werk gee?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.