LUR kap verbete terug oor huurmotor

Kwazi Mshengu (Foto: Twitter)

Kwazi Mshengu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, het ten sterkste ontken dat hy belastingbetalers se geld misbruik het met die gebruik van ʼn huurmotor.

Na bewering het Mshengu sedert Mei vanjaar glo R500 000 van belastingbetalers se geld aan ʼn huurmotor bestee in plaas daarvan om bloot ʼn voertuig tot sy beskikking te gebruik. Dít terwyl skole in dié provinsie soms nie eens lopende water het nie.

Mshengu het intussen laat weet hy sal vir tyd en wyl van sy persoonlike motor gebruik maak, asook die Openbare Beskermer (OB) nader rakende bewerings dat hy by ʼn bedrogspul betrokke was wat die huur van die motor betref.

“Ek bly verbind tot skoon regering en om te verseker dat elke sent van die departement gebruik word om gehalte-onderwys te verskaf.”

Luidens berigte het Mshengu geweier om met die motor te ry wat sy voorloper gebruik het, aangesien dié voertuig glo onpadwaardig is. Volgens Mshengu het hy ʼn dag nadat hy in sy pos as LUR begin het, ʼn huurmotor ontvang aangesien die departement se motor steeds deur die vorige LUR in gebruik was.

“Nadat die motor amptelik aan die departement terugbesorg is, is ek in kennis gestel dat dit nie padwaardig is nie en eers ʼn meganiese assessering moet ondergaan.” Mshengu beweer hy het toe aangebied om sy private motor te gebruik, maar is aangeraai om dit nie te doen nie aangesien dit die departement glo meer geld sou kos.

“Ek het in September meer as 8 000 km gereis wat ek van die departement sou kon terugeis. Gegewe die toepaslike tariewe sou dit beteken dat ek ʼn bedrag van R154 488 van die departement sou kon terugeis wat veel meer as die huur van ʼn motor bedra.”

Daar is verder beweer dat Mshengu selfs ʼn bedrieglike brief van Mercedes-Benz gebruik het om te staaf dat sy ampsmotor onpadwaardig is.

“Ek het nog nooit persoonlik met die handelaar in gesprek getree nie,” het Mshengu teruggekap en bygevoeg dat hy geen kommunikasie in die verband gesien het nie en dus nie sou weet as daar wel die een of ander slenter was nie. Hy het intussen die hoof van die departement versoek om die bewering te ondersoek. “Indien bevind word dat daar verkeerd opgetree is, sal die toepaslike stappe gedoen word.”

Mshengu voer ook aan dat daar talle voordele is wat hy as LUR kry, maar glad nie benut nie. Dit sluit in ʼn huis- en tuinwerker en veiligheidsopgraderings aan sy huis.

“Ek het besluit om hierdie voordele van die hand te wys omdat ek meen dit is wel binne my vermoë. Die geld wat daaraan bestee sou word, kon ook eerder gebruik word om ʼn leerder in die klaskamer te help.”

Mshengu sal intussen sy eie motor gebruik tot die kwessie rakende sy ampsmotor afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Willa ·

8000km gee so 400km per dag.Min of meer 6 ure op die pad per dag.Hoe kry die man sy werk gedoen.Heeltemal on produktief.Hy eis seker oortyd ook.Newat net nog n storie verteller.

lorita ·

‘n Allemintige R154000 vir 8000km? Dit is bykans R20/km – waarmee ry die ou??

Lagvink ·

Lorita seker n Mercedes bus of lorrie. As ek so baie geld kon maak net om te ry vir paar ure elke dag dan sal ek eerder n beroepsryer word. Vir my klink na n klomp twak. Skielik wil hy nie sy voordele eis. Nogal huishulp en garden service. Hy het dit seker alle hulp nodig met al die ure op die pad ha ha. Sal eerder geld op student spandeer. Lekker by die see.

Ray ·

Wens ek kon R 19.11 per kilometer eis vir gebruik van my motor vir werksdoeleindes

Kaal Keiser ·

Daar is geld vir huiswerkers, tuinwerkers, verbeterings aan huise – maar nie vir die kiesers se behoeftes nie …

Speedguard ·

En die arme kinders leer onder bome en verdrink in put toilette…wat ‘n skande !!

Erik ·

Sy redes maak vir sin. R20 per km is heel standaard, dit sluit ook depresiasie in. En 400km per dag is slegs die gemiddeld…en niemand ry 6 ure aan 400km nie?

M ·

Sy argumente maak sin as dit waar is. Ek stem saam met jou Erik.

Nico ·

6 Ure vir 400 km is heel moontlik.
In Gauteng is jou gemidelde spoed in stedelike gebiede ongeveer 32 km/uur.
Op die snelwee tussen 6 vm en 6 nm gemiddeld ongeveer 85 km/uur.
Ek verstaan hy is van KZN so die gemiddelde spoed kan effe verskil.
Afhangend van waar en wanneer hy ry, kan 400 km maklik langer as 6 ure neem.
Op sekere sekondere paaie in KZN is dit selfs nog meer onmoontlik om vinnig te ry.

Outoppie ·

Dit maak glad nie sin nie. AA tariewe is R3.16 per kilo.

Johan ·

Onpadwaardige voertuie kan binne dae herstel word. Nou wonder ek of die lang afstande privaatritte ook insluit?

Morkie ·

@Outoppie daar is verskillende tariewe afhangende van die tipe voertuie. Gaan kyk op die AA se webtuiste.

Pieter ·

Ja morkie wat is fout met n vw polo vivo maar die mnre ry mos net ml of x6 dit is mos nie hulle geld nie

John ·

Wie se huurmotor is dit? In ses maande. Het Nkadla nou ook ‘n taxi-rank aangebou langs die brandpoel of in die hoenderhok? Sy logika is wonderbaarlik soortgelyk aan bekendes uit daardie omgewing. Miskien dieselfde laerskool bygewoon…

Wielspore ·

Feit is, hy is uitgevang en probeer nou sinvol verduidelik wat die situasie is. Die moontlike oortreding is Sondag bekend gemaak, vandag is dit Dinsdag, Maandag het hy die hele dag tyd gehad om antwoorde uit te dink om aan die publiek bekend te maak.
Heelwat politieke leiers dra glad nie die kiesers se belange op die hart, geld gaan eerder vir eie gewin.

Willehond ·

Hy was nie daar nie. Hy kan nie onthou nie. Hy was afsiek. Hy is verkeerd aangehaal. Hy was op ete. Hy was oorsee. Hy het nie geweet dis skelm om dit te doen nie.

marous ·

Sou dit toegelaat word as hy vir ‘n privaat maatskappy gewerk het wat niks te doen het met belasting geld nie ?

Anoniem ·

Verskoning vir alles maar hulle weet hoe om belasting geld te spend. Nie eers die salaris werd nie maar nee kry mos alles verniet, betaal vir absoluut niks nie. Lekker om in SA te bly.

Johan Maritz ·

Erik en M julle het ook seker maatskappy motors of ek hoop julle het julle eie besigheid en stel n voorbeeld en betaal daardie tariewe aan julle werkers want AA tariewe is baie laer of miskien is die ou se voertuig n kanon. Kwazulu-Natal se skole is meestal in die gramadoelas en dit kan maklik 6 ue of selfs meer per dag neem om afstande aftele .Ek besef nou hy het n RV dan slaap hy ook sommer daarin.

Johan ·

Mense, julle verstaan nie.
Hy is die LUR net so onder die president, Zuma het hulle mos mooi geleer,
jy kry die duurste op die mark om mee te ry.
Weet julle tot vandag toe nog nie dat hulle dink net aan hulle self, die res kan maar kripeer
en dood van die honger.
Word wakker mense.
Ons kan kerm tot die koeie huis toe kom daar sal niks van kom nie, hulle sal bly vat en vat.

ManieM ·

Gun hierdie man sy plesiertjies Hard gewerk om tot hief te kom Politici se lewenssiklus is gelukkig kort Die blinde sambok slaan gelukkig raak

Gert van Wierdapark ·

Botter kan mos nie in hul monde smelt nie! Almal is onskuldig verby – dis taai daar bo in die hogere kringe , Siestog?!

Asmain ·

En dan is daar dele in KZN wat al vir MAANDE sonder water sit, maar daar is geld vir sulke twak

ProotGraat ·

Sekere voordele gebruik hy nie eens …. klink eerbaar.

JohanR ·

Ek wil nou nie ‘n Eben Etzebeth spook wakker maak nie, maar voel swart mense ietsie soos berou en skaamte, en kan hulle bloos? Ou Zuma met R246m van belastingbetalers se geld, laat nog drie ondersoeke met belastingbetalers se geld laat doen, net om te probeer bewys die swambad is eintlik ‘n “firepool”! En toe was die al die tyd ‘n swembad, seker R100m ondersoek later!

Skandelik ·

Skandelik om nog te probeer verskonings maak en ander skuld te gee, wees mans genoeg en vat jou pak. Jy weet mos dit is belaglik om 500 000.00 vir so kort rukkie op Vervoer van 1 person uit te gee, as dit en al die ander dinge jou perks is, wil ek nie weet wat jy aan salaris verdien nie. Wens mens die boodskap by die honger mense in die townships en plakkerskampe kry……

Anoniem ·

Kry nog springmielies.. Hierdie sirkusvertonings kan ons ure lank, heeldag lank, weke- en maande lank besig hou.

Dis soos om te sit en kyk na ‘n fliek waar die dekstoele op die Titanic rondgeskuif word….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.