LUR kritiseer Manana skerp ná aanranding

Mduduzi Manana. Foto: Flickr/Governmentza.

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het haar stem by die menigte ander sʼn gevoeg met kritiek op Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys, nadat hy erken het dat hy ʼn vrou by Cubana, ʼn kuierplek in Fourways, aangerand het.

Ooggetuies het gesê dié aanval op Mandisa Duma het gevolg ná ʼn gesprek waarin Manana as “gay” bestempel het. Beeldmateriaal van die aanranding het intussen die ronde gedoen op sosiale media en Manana het ʼn verskoning uitgereik.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het bevestig ʼn saak van aanranding is aanhangig gemaak teen Manana. Vuyo Mhaga, woordvoerder van die minister, het gesê die beweerde aanranding het omstreeks 04:00 in die kuierplek plaasgevind. “Minister Mbalula neem hierdie aantygings baie ernstig op. Die beskerming van vroue en ander kwesbare groepe is ʼn nommer een prioriteit vir die polisie,” het Mhaga gesê.

Pres. Jacob Zuma het ook sy kommer oor die adjunkminister se gedrag uitgespreek. Susan Shabangu, minister van vroue in die presidensie, het intussen ʼn beroep gedoen vir Manana se vervolging.

Nkosi-Malobane het gesê sy is teleurgesteld en gewalg deur Manana se optrede, veral tydens vrouemaand. Manana het in sy verskoning aangedui hy is erg uitgetart. “Niemand het die reg om vroue te mishandel nie, ongeag hul status in die samelewing – selfs al word hulle net in geringe mate uitgetart,” het Nkosi-Malobane laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

jaco ·

Hoekom word by kwaad omdat sy sê hy is gay? Sy eie party steun dan gay regte, gay huwelike ens. en wil nou selfs ‘n vakansieoord wat ‘n gay paartjie weggewys het, hof toe sleep daaroor.

Lv ·

As hy hom vererg het omdat iemand hom “gay” genoem het kan hy ook daarvoor aangekla word. Dit is seksisties en polities totaal onaanvaarbaar om jou humeur daaroor te verloor. Hy sal aan iets anders moet dink as hy hof toe gaan.

Ian ·

Hoekom is hy nie gearresteer en aangekla van poging tot moord nie? n Ligte tikkie op die vinger en alles is vergete, dis nou te sê as jy donkerder as wit is…..

Eish ·

Einstein het gesê mense van lae morele integriteit graviteer na geweld.
Met reikhalsende verlange bid ons ” Laat U koninkryk kom.”

Basjan ·

Hy gaan net liggies oor die vingers getik word en niks gaan verder gebeur nie.

Michael ·

Hoekom vra die media nie vir mbalula hoekom die man nog nie gearresteer is soos die kfc manne nie

Andre vorster ·

Stem saam wat maak kfc saak anders, behalwe die ooglopende. Miskien moet almal Mbalula direk twit en vra , hy bestuur mos land se polisieering vanaf twitter

Johann ·

Ja shure. Almal is upset en tra la la…maar intussen loop die vroue slaner ANC Zupmaikie ongesteurd en los rond? En weer die vraag: wat het geword van Gerrie Nel se veel besproke vervolgings aksies om die en ander onaantasbares aan die pen te laat ry?

Sherrel ·

Hiervan gaan NIKS kom nie. In Suid Afrika beteken vrouens en kinders NIKS nie. Kyk na die dogtertjie van Brits (Poppie) wat vermoor is deur haar stiefpa. Bure het hulp gaan soek by polisie, welsyn en wat het gebeur NIEMAND het eens moeite gedoen om te gaan ondersoek instel nie. En toe?? ja toe kom die skegte nuus. Die pragtige poppie is oorlede. Ja mense dit kon verhoed gewees het AS vroue en kinders belangrik was. AS die mense wat te minste moes gaan kyk het. Het daai mooi dogtertjie nou nog gelag en gespeel het in n veilige plekkie. R.I.V mooie poppie. Dink elke dag aan jou.
Vroue maand … uugghh Vroue dag vandag wat n klomp snert. Minister en die mannetjie in rooi hemp moet toegesluit word.

Catherine ·

Hy verskyn een of ander tyd in hof volgens tv nuus. Gaan uitgestel en uitgestel word en na n paar jaar is dossier weg. Hoekom is hy nie nou al in aanhouding nie……..Natuurlik weet ons hoekom nie…

Michael ·

Ek lag altyd as ek sien hoe kwaad die volk is soos in die kommentaar dan begin hulle mekaar aanval en beledig ,mense kanaliseer julle woede in die regte rigting maak seker van jou feite en doen aan die skuldiges wat ons aan spur gedoen het

Onregverdig ·

Ek kan dit net nie verstaan dat die manne van KFC sage gearresteer en borgtog geweier word, maar met hom gebeur daar niks?

Hanna ·

Hy moet afgedank word. Hy is veronderstel om n rol model te wees vir miljoene personeellede jongmense en kinders.

Sy gedrag is nie verskoonbaar nie, veral nie met die hoë geweld teen vroue nie

Alida ·

Druk hom in dieselfde sel as die KFC ouens. Hulle het baie in gemeen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.