LUR maak verslag oor Charlotte Maxeke Hospitaal bekend

‘n Gedeelte van die dak by Charlotte Maxeke-hospitaal het op 2 Maart 2017 ineengestort (Foto: ER24)

Jacob Mamabolo, LUR vir infrastruktuur, sal vandag die resultate van ʼn ondersoek na die ineenstorting van die dak van die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal bekend maak.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het in Maart plaasgevind. Die Gautengse departement van gesondheid het in ʼn verklaring gesê die beseerdes bestaan uit twee konstruksiewerkers, twee lede van die publiek en een personeellid.

“Die voorval het plaasgevind toe private konstruksiewerkers herstelwerk gedoen het aan ʼn gedeelte van ʼn dak wat gelek het,” het die departement gesê.

Dr. Gwen Ramokgopa, Gautengse LUR van Gesondheid, was op die toneel en het die publiek gerusgestel dat die voorval beperk is tot die hoofingang na die hospitaal en nie ʼn bedreiging is vir die res van die instelling nie.

Theo Nkonki, woordvoerder vir die departement van infrastruktuur, het gesê Mamabolo het Adams and Adams, ʼn onafhanklike prokureursfirma, aangestel om die oorsaak van die dak se ineenstorting te ondersoek.

Arnold Malotana, hoofdirekteur van die Gautengse departement van gesondheid se nooddienste, het aan African News Agency (ANA) gesê die gedeelte van die dak naby die hoofingang het tydens herstelwerk ineengestort. Dit was glo omdat daar swaar stukke beton op die dakstruktuur neergesit is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michael ·

Die ou storie van Suid-Afrika “incompetence ” omrede daar gediskrimineer word teen die huidige benadeelde minderheid wat die vaardighede het om hierdie voorvalle te voorkom.

Aksie ·

Rede/oorsaak is (te)regstellende aksie. Newton: “Vir elke aksie is daar ‘n gelyke en teenoorgestelde reaksie”.

jan van riebeeck ·

“swaar stukke beton op die dak struktuur neergesit is ” ?
was dit nou om op sekere mense te gooi terwyl hulle in die hospitaal inkom, soos hulle deesdae op mense se motors gooi wanneer hulle onder brue deur ry ?

of is dit n verbetering op die ou dae se pampoene op die dak om die sinke vas te hou ?

Afrika ·

Ek vertrou geen van hierdie ONDERSOEKE nie. Wie doen die ondersoeke? Weereens pelle of mense wat politiek korrek probeer wees om nie die regering te ontbloot vir hulle INCOMPETENCE nie. Wonder ook of die ‘kontrakteurs’ nie ook weer pelle of familielede was nie, die ondersoeke COVER hulle net teen eise, ek glo NIKS daarvan nie. Spaar die geld vir ondersoeke. Die swaar stukke beton is tien teen een daar neergesit om te voorkom dat die dak afwaai, hierdie probleem kom seker al ‘n lang pad en hulle het bly uitstel tot die plek inmekaar geval het. Die ou MAINTENANCE issue.

Pendoring ·

Ek ry gereeld verby Denel Hoofkantoor in Centurion. Ek sien hulle het al van Januarie af ‘n bokseil wat die hoofkantoor se dak toehou/droog hou. Wonder wat is hulle rede hoekom die dak eerstens stukkend is en tweedens nognie reggemaak is nie?

t ·

Sampoong Afdelings Winkel, 1995, Seoel, Suid Korea. Dieselfde storie. Lugreëlaar se gewig het dak 4X oorbelas. 502 Sterftes 937 Beseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.