LUR Mazibuko moet afgedank word, vra VF Plus

Faith Mazibuko

Die VF Plus eis dat die Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, Faith Mazibuko, afgedank moet word.

Die party eis die kop van Mazibuko nadat sy vroeër in die week wit en Indiër amptenare van haar departement toegesnou het dat hul dankbaar moet wees hul het nog werk in ag genome hulle velkleur.

Philip van Staden, VF Plus-LP in die Gautengse wetgewer, het gesê sy party glo dat Mazibuko met opset hierdie uitlatings gemaak het en dat geen verskoning wat sy in die openbaar teenoor wittes en Indiërs maak, die seer en pyn gaan wegneem wat sy veroorsaak het by minderheidsgroepe nie.

Die Gautengse premier, David Makhura, sal dadelik vir Mazibuko moet afdank omrede haar optrede nie net haar departement nie, maar ook die Gautengse wetgewer in oneer gedompel het, het Van Staden bygevoeg.

“Die wetgewer is ʼn nierassige instelling en die VF Plus voel dat Mazibuko nie meer ʼn plek daar het nie. Mazibuko het ook deur haar optrede die etiese gedragskode van lede van die wetgewer oortree. Die ANC is altyd vinnig om rassisme te skree wanneer opposisiepartye die ANC pak en teenstaan, maar as ʼn LUR van die ANC hierdie tipe van uitsprake in vergaderings maak teenoor lede van minderheidsgroepe, word daar net verskoning aangebied. Dit is tyd dat die ANC verantwoordelik gehou word vir die optrede van sy lede.”

Van Staden het bygevoeg die VF Plus wil sien dat die LUR nie weer in die Gautengse wetgewer toegelaat word nie. “Dit is tyd dat kiesers die ANC straf vir hierdie tipe optrede en daardie geleentheid is op 8 Mei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eish ·

Ag asb hulle bewonder haar en gaan niks aan haar doen nie inteedeel haar optrede gaan vir hulle stemme inbring

BlinkStephaans ·

Nou wat dink julle is die kanse dat dit sal gebeur… bietjie effentjies as jy my vra.

PJ ·

Hier sal niks van kom deur hierdie optrede het sy net verseker dat sy op hulle kandidaat lys verskyn kyk maar vir gigaba dhlamini zuma ens.

Johan ·

Die ANC beweer hulle is nie rassisties nie. Hulle draai egter vir niemand ‘n rat voor die oë nie. Daar is amper geen werksgeleenthede vir die Blanke minderheidsgroep nie. Selfs die sg regsgeleerdes en howe volg twee stelle reëls. Selfs beledigings word volgens ras hanteer. Dis ‘n skande!

Speedguard ·

Slegte regerings moet altyd lieg , om die waarheid te praat verg integriteit en moed en dit kan en sal hulle nooit doen nie !

jaco ·

Sy was nie rassisties nie. Rassisme is net rassisme wanneer wit mense lelik is met swart mense. Swart mense wat lelik is met enige ander rasse is iets anders. Dis ok of dis ‘n geregverdigde terugkry vir apartheid.

Cheryl ·

Sy het mos klaar onvoorwaardelik verskoning gevra, so niks gaan met haar gebeur nie

Trol ·

Penny sparrow, chris hart, vicky momberg en ander het ook verskoning gevra en is steeds agterstevoor en onderstebo vervolg ins vra 5jaar tronkstraf vir die rassis

Kabous ·

“… die wetgewer in oneer gebring”

Err, hoes, proes, uh, is dit moontlik dat daar enige “eer” tussen ANC skurke kan wees?

CallieL ·

Nou wat sal die wittes en indiers wat vir die anc stem nou doen. Kom ek daag julle wit anc lede uit tot n antwoord. Sal waarborg julle is te ruggraatloos om iets te doen. Dan ry julle mos nie meer soustrein nie. Sy waarsku mos julle moet bly wees hulle laat julle nog toe

GJ WITBOOI ·

Dienslewering geskied wanneer integriteit, eerlikheid en waardigheid pilare is van beginsels en beplanning. Sou hierdie inherente bestuursbenadering impakteer sal welwillendheid toeneem en daarmee ‘n kultuur van wedersydse respek en vertroue. Soos sake tans staan met die talle kommissies en opgragte om ongeregtighede op te klaar, is die pad na herstel maar onbemoedigend soos hierdie optrede van Faith Mazibuko duidelok spreek. As verligte sedert my kinderjare en wat altyd die ekstra myl geloop het waarmee ek besig was, het my paadjie maar bra donker geword, om nie te praat van die nageslag wit, bruin en Indier nie.

Foxi ·

Ja, ek wens ek kon sê wat ek graag wil. Sy sal net in n ander pos ingedruk word…….dan….saak afgehandel.

Gert van Wierdapark ·

Ek het geen “Faith” in die “sisteem” van die a en see nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.