LUR moet opdok ná man weens rugbybesering sterf

Zac de Lange en sy vrou, Marie. (Foto: Facebook)

Die Gautengse LUR vir gesondheid moet skadevergoeding betaal aan die weduwee van ʼn rugbyspeler wat dood is nadat hy tydens ʼn ligawedstryd ʼn ruggraatbesering opgedoen het.

Die hooggeregshof in Pretoria het beslis LUR Gwen Ramokgopa moet Zacharius Johannes de Lange se weduwee, Marie, en hul twee kinders 100% vergoed vir die skade wat hulle gely het na aanleiding van sy dood.

Jean-Paul Rudd van die regsfirma Adams & Adams, Marie se regsverteenwoordiger, sê in ʼn verklaring die gesin glo De Lange se dood kon verhoed gewees het en het daarom besluit om die LUR hof toe te sleep. Ramokgopa het die eis teengestaan, maar die hof het uiteindelik in Marie se guns beslis.

Die 33-jarige De Lange is op 18 September 2015 beseer tydens ʼn ligawedstryd tussen die Silverbacks en die Predators in Soshanguve. Volgens ʼn verklaring wat destyds deur die SA Rugbyliga uitgereik is, het ʼn duikslag daartoe gelei dat De Lange ʼn ruggraatbesering opgedoen het.

Paramedici het hom op die toneel behandel voordat hy na die Steve Biko-hospitaal geneem is. Daar is hy as ʼn onvolledige kwadrupleeg gediagnoseer en kon nie sy bene beweeg nie. Mediese personeel by Steve Biko het De Lange geskeduleer vir servikale dekompressie op 20 September in ʼn poging om die druk op sy ruggraat te verlig.

Hy het egter longontsteking opgedoen en is op 21 September aan ʼn hartaanval dood ondanks pogings om sy lewe te red. Marie het aangevoer haar man se dood kon verhoed gewees het aangesien daar nie gekwalifiseerde mediese personeel teenwoordig was om pasiënte met dié tipe beserings te monitor en te behandel nie. Sy meen die standaard van die mediese behandeling en sorg wat hy ontvang het, was nie op die standaard wat redelik verwag kan word in sulke omstandighede nie.

The Mercury het vroeër berig Marie het ook in hofstukke aangevoer die hospitaal moes De Lange na ʼn private hospitaal laat oorplaas het toe hulle besef het hulle is nie toegerus om hom te behandel nie.

Rudd sê ʼn hofdatum sal nou vasgestel word om die bedrag skadevergoeding wat aan Marie en haar kinders betaal moet word te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Genieve ·

Dan moet hulle n seun wat ook in n rugby wedstryd breinskade en daarna breindood verklaar is en die anderdag oggend oorlede is se ouer en ook sy kinders vergoed.

Lees bietjie ·

Genieve, het jy die artikel gelees? Dit was nie omdat hy ‘n rugbybesering opgedoen het dat hulle vergoed moet word nie, dis omdat die mediese personeel nagelaat het om hom die regte behandeling te gee. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n breinbesering wat iemand breindood verklaar en iemand wat nie die korrekte mediese behandeling ontvang nie. Hy het ook longontsteking gekry. Waar dink jy het hy dit opgetel?

Joe ·

@Genieve, verstaan jou punt, maar dis nie so maklik soos dit nie, en die beserings is werelde anders.

Helena. ·

Dis net reg..gee Marie en haar kinders wat hulle toe kom. Sy het immers iets gedoen omtrent haar saak. Die wat niks doen en verwag hulle moet vergoed word, hulle moet maar wakker skrik..

Hendrik van George ·

Dis nie die regering wat betaal nie, dit is ek en jy, belasting betalers wat weer moet opdok. Neem aan die man het nie mediese versekering gehad nie….

Kallimaari ·

@Hendrik van George, nie almal is bevoorreg om mediese dekking te bekostig nie. Dit kos baie om ‘n familie maandeliks mediese te verseker, en met vandag se stygende lewenskostes is dit nie altyd haalbaar vir mense nie.

Boerboel ·

Ek is bly vir haar. Maar ongelukkig kan geld hom nie terug bring nie.

Magda B ·

Hendrik van George, jy is uiters onsimpatiek asook hardvogtig!

jannie ·

tipies ons hospitale moenie verwag jy gaan herstel nie verwag eerder die ergste

Andre ·

Bly vir julle, Marie en gesin. Dit kan hom nie terug bring nie maar hopenlik keer dit dat dit nie weer met iemand gebeur nie. Gee die onbevoegde staat en hulle “mediese” sorg ”n bloedneus.

Nettie ·

@jannie, dis net jammer dat dit eintlik ons, die belastingbetaler, is wat vir hierdie soort eise betaal, al het die staatsdepartemente versekering (waar, dink julle, kom die geld vir hierdie soort premies vandaan?).

Jacoba ·

Nou wat stel jy voor Nettie waar moet die geld dan vandaan kom. Sal jy pa staan?

Magda B ·

Jacoba, goed gestel!! Sommige mense is so verskriklik onsimpatiek. MAAR, wat sou hul doen indien hulle, hulself in dieselfde posisie sou bevind? Meeste mense het nie meer die finansies/weelde om aan ‘n siekefonds, ekstra versekering, ens. te behoort nie. Dank die die liewe Vader as jy dit wel kan bekostig! Ek is so dankbaar dat die mense se eis suksesvol was – sterkte vorentoe!

Jozi ·

Inderdaad baie hartseer maar nou verstaan ek nie heeltemal nie.
Hy is na ‘n staatshospitaal geneem na die besering. (Dus neem ek aan hy het nie aan ‘n mediesefonds behoort nie.)
Die weduwee beweer hy het gesterf aangesien die hospitaal hom nie behoorlik kon behandel het nie en dat hy eerder na ‘n privaat hospitaal oorgeplaas moes word.
Van wanneer af kan ‘n staatspasiënt daarop aandring om na ‘n privaat hospitaal oorgeplaas te word?
Indien dit wel die geval is, OF die protokol wat gevolg word, glo ek ons staatshospitale gaan leeg staan want volgens berigte voel die oorgrote meerderheid van mense dat die sorg en omstandighede uiters swak is.
Ek is glad nie ongevoelig oor die rugbesering en sy afsterwe nie.
Dis net die weduwee se eis wat nie so lekker sin maak nie.
Maar ek glo as die LUR gaan opdok is daar duidelik genoegsame rede.

kolla ·

Stem saam, kan nie verwag dat die staatshospitaal die pasient oorplaas na private hospitaal nie. Laasgenoemde sou in elk geval eers die geld wou sien.

Lientjie ·

Ek stem saam met jou. As jy nie ‘n mediesfonds het nie hoekom sal hulle jou oorplaas na ‘n privaat hospitaal toe. Het baie jare vir privaat hospitale gewerk, en jy moet maar ‘n lywige dep gee voor jy opgeneem kan word. Indien jy baie ernstig beseer was en ‘n privaat hosp is die naaste kan hulle jou nie weier nie, maar jy mag net gestabiliseer word en dadelik oorgeplaas word na ‘n staats hospitaal toe, so ek weet nie waar kry die vrou dit dan hulle versuim het om haar man na ‘n privaat hospitaal toe te stuur nie. Jy moet ‘n mediese fond he of geld he en dit klink nie of sy een van die 2 gehad het nie. Eeers die geld van jou en dan die bed!

Magda B ·

Jozi, net dalk kon ‘n hulpfonds vir die persoon gestig word! Hulle het hierdie persoon hanteer/behandel asof sy lewe niks werd was nie asook nie ‘n kans gegee om dalk net dalk die nodige hulp mbt finansiering te kry nie – vertel my, hoe werk dit in die lewe???

jakes ·

Bly dat die klaagster die saak gewen het maar of sy wel besoldig sal word deur die LUR is te betwyfel want daar kom weinig iets vansulke sake waar gehoes moet word.

Wielspore ·

Geen hospitaal mag behandeling weier indien ‘n pasient kritiek is, die pasient kan wel gestabiliseer word en dan na ‘n staats hospitaal vervoer word indien die pasient nie die kostes van die daaropvolgende behadeling kan betaal.
Indien jy kritiek siek in ‘n staatshospitaal word en die hospitaal beskik nie oor die personeel of toerusting vir die regte behandeling moet jy verskuif word na ‘n hospitaal wat die pasient kan behandel, al is dit ‘n privaat hospitaal. Let wel dit kan slegs gedoen word indien ‘n staats hospitaal te vêr is en die pasient moontlik kan sterf op pad soontoe.

Magda B ·

Wielspore, baie dankie dat jy dit met almal deel – so vreeslik baie mense is nie bewus van wat hul regte is nie, veral as hul in ‘n verskriklike skoktoestand is en nie weet wat om te doen nie – veral as hul NIE finansieel dit kan bekostig nie. Dit verskriklik tragies.

Boerin ·

Die mense wat die belasting betaler so bly aanhaal…dis reg so dan is daar minder wat verkwis word…die geld is reeds beskikbaar! Laat dit dan vir hulle n les wees,sou hulle ooit iets leer!
Hoekom moet n ma en haar kinders lei deur hulle nalatigheid en onbevoegdheid,waar moet die belasting geld dan gespaar word?
Ons sal altyd betaal vir alles !

Marie ·

Dinge in die berig is nie eers 100% reg nie. Mar ek is baie dankbaar dat ons die saak gewen het en hoop die hospitaal skrik wakker want die goed gebeur daagliks….

Marie ·

Ek het nooit gevra vir n oorplasing nie??? Ek het die staats Drs vertrou en gebly bid en toe gebeur die…..

Boerin ·

Marie mag jy sterk wees…en jou en jou kinders se lewens net geseend wees.Jy het niks verkeerd gedoen nie.
Dit gaan net so sleg in privaat hospitale .

Kallimaari ·

Mense wat so kla oor kwansuis “hulle” belasting geld…Dis nie jóú geld nie, dis die staat se geld. Jý moet eenvoudig betaal wat jy belas word. Hoe die staat dit aanwend is nie jou verantwoordelikheid nie, tensy dit korrup misbruik word. Anders, hoekom kla julle klomp nie eerder oor die Padongeluk Fonds nie?

willem botha ·

En die polisie wat een van die grootste belasting vermorsers is.

Charmain ·

Ja, mediese fondese is duur. In heelwat gevalle is dit egter ‘n geval van prioriteitsbepaling en opoffering. Ek en my man het nie geld vir duur vakansies, nuwe motors en baie ander luukshede nie, maar dit is vir ons ‘n prioriteit om ons mediese fonds te betaal. En ons is nie sieklik of het chroniese mediese toestande nie. Vir ander kan dit ‘n prioriteit wees om gereeld buite die huis by kuierplekke te kuier of aan duur en gevaarlike sport deel te neem sonder mediese versekering. Prioriteite, dit is al, en dit maak nie myne of ‘n ander se keuses beter of slegter nie, elk dra sy eie risiko en verantwoordelikhede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.