LUR moet verslag vrystel oor aanranding by Parktown Boys, sê DA

Parktown Boys High School (Foto: Google Maps Street View)

Die Demokratiese Alliansie het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, Sondag gemaan om die verslag vry te stel oor die beweerde seksuele aanranding van leerders by Parktown Boys’ High School in Johannesburg.

Khume Ramulifho, DA-LP, het gesê Lesufi het baie min inligting verskaf oor die vordering van die ondersoek tydens vrae in die Gautengse wetgewer.

“LUR Lesufi het aangedui die ondersoek is tweeledig, en die eerste fase is in Mei afgehandel en die tweede fase sou teen die einde van Mei afgehandel wees. Ondanks dié versekering, is die verslag nog nie beskikbaar gemaak nie en die besonderhede daarin vervat is dus onbekend,” het Ramulifho bygevoeg.

“Die ondersoek moes nou al afgehandel gewees het en die ouers van die leerders moes al die uitslag gehoor het. Dit is noodsaaklik dat die departement moet optree as ʼn strafregtelike saak aanhangig gemaak moet word. Die departement is bekend daarvoor dat oortreders sonder enige gevolge loskom.”

Hy het gesê dit is ook noodsaaklik dat die inligting met die skoolbeheerliggaam gedeel word, om seker te maak dat die bevindings en aanbevelings oorweeg kan word. “Die DA sal druk op Lesufi plaas om die verslag bekend te maak, sodat geregtigheid kan geskied vir die slagoffers van dié vreeslike voorval.”

Maroela Media het vroeër berig die beskuldigde, ʼn 22-jarige studentewerknemer by Parktown Boys’ High School, is in November 2016 in hegtenis geneem nadat die man glo ʼn 15-jarige seun in die koshuis se sitkamer onbehoorlik aangeraak het. Die beweerde aanranding is deur veiligheidskameras by die skool opgeneem en het sodoende onder die skoolbestuur se aandag gekom.Die beskuldigde moes pligte by die skool se koshuis verrig en het ook waterpolo afgerig. Hy word daarvan beskuldig dat hy op onvanpaste wyse aan leerders by die koshuis gevat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ver links ·

This Teacher should have being suspended immediately without any salary, while investigation is ongoing.
Unappropriate behaviour against children should not be tollerated and especially where discrimination is taking place. Harsh punishments should be against these teachers and strip them from their educational license.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.