LUR na Schweizer-Reneke oor klasfoto

Die foto waaroor die herrie woed en waarop gesien kan word hoe gr. R’s blykbaar volgens hul ras geskei is. Foto: Twitter

ʼn Ouer wie se kind in die klas van die Laerskool Schweizer-Reneke is waaroor ʼn bohaai ontstaan het omdat die kinders skynbaar op grond van hul ras geskei word, beskryf ʼn foto van die klas wat glo van rassisme getuig as “totaal en al nonsens”.

Die gr. R-ouer, wat gevra het om anoniem te bly, sê: “My eie kind is in daai klas. [Aan] die tafel waar daai kinders kamstig gesit het, sit in werklikheid tydens klastyd twee swart leerders en twee wit leerders.”

Die ma van ʼn gr. R-leerder van die skool in Noordwes het woedend gereageer nadat die klasonderwyseres die foto op die skool se WhatsApp-groep gedeel het. Daarop kan gesien word hoe 18 oënskynlik wit leerders bymekaar sit aan tafeltjies wat teen mekaar geskuif is, terwyl vier oënskynlik swart leerders op hul eie agter in die klas aan twee ander tafels sit.

Dit was veronderstel om ʼn opwindende dag te wees …

“Dit was veronderstel om ʼn opwindende dag vir my te wees, maar dis nie,” het sy aan TimesLive gesê.

Die ma, wat anoniem moet bly om haar kind se identiteit te beskerm, het aan die webwerf gesê haar kind se eerste skooldag het goed begin, maar om 09:00 het die ouers ʼn WhatsApp-boodskap van die juffrou gekry om te sê hoe die dag verloop.

“Al wat ek gesien het, was boodskappe van wit ouers wat sê: ‘Dankie, dankie,’ maar niemand het iets oor die skeiding van die kinders gesê nie,” het sy aan TimesLive gesê.

Sy het dit met ʼn ander ouer bespreek, wat die hoof genader het. Dié het gesê sy was onbewus van die situasie.

Politici het intussen nie op hulle laat wag om wat hulle as “rassisme” beskryf, te veroordeel nie.

Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys en sportontwikkeling, het sy “skok en teleurstelling” oor die foto uitgespreek en is van plan om die skool Donderdag te besoek, berig African News Agency.

“Namens die departement wil ek die bewerings van rassisme in ons skole wat strydig is met die Grondwet van ons land, ten sterkste veroordeel,” sê Lehari. “Ingevolge die Grondwet … mag daar nie op grond van ras gediskrimineer word nie.”

Hy sal na verwagting Donderdag ʼn span senior bestuurders lei in ʼn intensiewe ondersoek ter plaatse.

Freddy Sepeng, departementele woordvoerder, sê pas nadat die saak onder die departement se aandag gekom het, is amptenare van die distrik aangewys om die skool op ʼn feitesending te besoek.

Die ANC het ook sy stem by die koor van veroordeling gevoeg. Keneetswe Mosenogi, sameroeper van die regerende party se provinsiale taakspan, sê die ANC is verstom oor die “oënskynlik rassistiese sitreëlings” in die skool op die foto wat die rondtes in die sosiale media doen.

Niks sal ons stuit in ons stryd teen rassisme nie.

“Ons is ontstoke omdat dit beslis nie die soort samelewing is wat ons in die vooruitsig gestel het nie,” sê Mosenogi. “Niks sal ons stuit in ons stryd teen rassisme nie.”

Sy doen ʼn beroep op die provinsiale regering om die saak dringend te ondersoek en streng op te tree as enige bewyse van verkeerde optrede gevind word.

Luyolo Mphithi, die DA se federale jeugleier, sal intussen ook vanoggend die skool besoek. “Dit is skandelik dat ’n klaskamer in 2019 volgens ras geskei kan word, wat slegs dien om jong kinders vanaf dag een te leer om mekaar so anders en afsonderlik te sien. Dit is gewetenloos.”

Die skool het onderneem om Donderdag sy kant van die saak in ʼn persverklaring te stel. Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Ag Asseblief!!!! ·

Het julle al daaraan gedink of die kinders moontlik self besluit het om so te sit?. Ag regtig…… Miskien moet kinders dan maar “reg” ingedeel word vir fotos, en wanneer die fotograaf loop, kan almal weer sit waar hulle wil…. Probleem uitgesorteer.

Ria ·

Presies my gedagte ook. Op my afsluitingspartytjie verlede jaar het van die swart kinders bymekaar gesit – absoluut eie keuse want ons pogings om hulle te laat inskakel was vrugteloos, terwyl ander weer gemaklik ingeskakel het en almal saam gekuier het. Fotos – neem doodeenvoudig nie meer nie, en as mens wel neem is dit net vir eie oë, niks word aangestuur nie.

Elize ·

Ek het nogal ook gedink die kinders is vreemd en hulle het maar seker self besluit om so te sit. Hulle moet mekaar mos nog eers leer ken.

Henk ·

Belaglik!! ALLES is rassisme as dit swart Suid Afrika pas. Wie se die kinders het nie uit hul eie saam met hulle maats gaan sit wat dieselfde taal as hulle praat en dieselfde kultuur volg as hulle nie? Waarom moet ander volke se kultuur op ander afgedwing word. Die Britte het in die 1830’s n groot dryf gehad om die Boer en sy taal uit te wis. Hulle kon dit nie reg kry nie. Hulle het dit met die Anglo Boere oorlog verder gevoer. Hulle kon dit nie reg kry nie. Hulle het duisende vrouens en kinders in konsentrasie kampe gegooi om die Boer te kry om sy wapen neer te le. In 76 het die soweto opstande begin omdat mense “gedwing” was om in Engels skool te gaan. Nou dryf daardie selfde mense van 76 en hulle kinders die Britte se saak om hulle kultuur en Engels op die wit bevolking in die land af te dwing. Het hulle al besef waarmee hulle besig is? Het hulle al gesien dat die Geskiedenis hom nie deur getalle laat beheer of onderdruk nie?

Hennie ·

Wat maak dit saak? Hulle kan mos sit soos hulle goed dink. Hulle is mos nou in die selfde klassie, of hoe? As die kinders vanmiddag huis toe loop, mag die wit kinders en die swart kinders spontaan en natuurlik groepeer om huis toe te loop? As die een kind se ma Melrose kasies inpak in daai kosblik en ‘n ander kind se ma het polonie ingepak, gaan dit ‘n probleem wees? Groei ‘n brein my magtag!

willie ·

Die spul kan tyd afstaan aan sulke bollie, pleks dat hulle aandag gee aan die swak prestasie van die matrieks in die algemeen!

T ·

Ai dit is hartseer, kinders wil net skooltoe gaan en dit geniet, nou is die arme kinders se hele dag gerueneer agv OUERS !!!! sug

Peer ·

Ek sien dis deesdae n algemene ding vir onderwysers om fotos van die kinders en hul klasse op te sit, eks glad nie ten gunste van dit nie. Dis bitter maklik om te sien watter skool dit is, en met die ontvoerings en mense handel, dink ek hul moet gestraf word omdat hul fotos van my MINDERJARIGE kind op sosiale media te sit.

Antoinette ·

Want regtig van ons kyk nie deur rassistiese oë nie en ek dink ook die juffrou het beter dinge om te doen dit is hoekom sy dit nie eers eaakgesien het nie en ja wat as dit die kinders se keuses was. Party ouers moet net grootword want hulle is die land se probleem

Sulet ·

MIskien is die kids alfabeties ingedeel? Of verkies om by hul maats te sit?

Wiehahn ·

Hoekom moet die rasse-kaart altyd uit gehaal word? Wie sê daar was dalk nie ‘n geldige rede vir die uitleg? Wat as dit anders om was? Sou daar ook so ‘n groot bohaai gemaak word?

Isa ·

Ai dis so jammer dat soveel energie hieroor gemors word. Ek dink die maatjies het net bymekaar gesit!
Plaas dat hulle hulle energie/tyd/geld gebruik om te kyk na die skole wat nog nie boeke het nie, skole wat 60 plus kinders in n klas het en skole wat regtig nood het!

DeVill ·

Klink my daar is chaos by die skool op die oomblik, kan MM vir ons daaroor berig?

Joan Strydom ·

Ag toggie! Die kindertjies se boeke is nog nie eers uitgedeel nie!

Ai toggie ·

Ek weet nie of julle kan sien nie, maar daar is name geplak op elke bank. Duidelik het juffrou besluit wie sit waar… Sê maar net…

Ontstoke ·

Ek is verstom dat mense nog in vandag se tyd met sulke simpel goed uitgevang word.
Ek blameer die juf want sy is in beheer in die klas en moes die kids gemeng laat sit het om mekaar te leer ken. Ek voel jammer vir die kids in die hoek…

Bekommerd ·

Ag asb…grow-up. Alles word altyd aan rassisme gekoppel…..gee net kans asb sodat die skool se dag kan begin. Dêm man!!!

Didi ·

Ek is self n juffrou en wat my die kwaadste maak is dat die juffrou uit die goedheid van haar hart vir die ouers die foto gestuur het oms die gemeensaamheid te wys. Ek is seker daar was seker baie trane gestort van die mammas nadat die kinders by die skool afgelaai is. En die bedoeling was dat die mammas nie moet bekommerd wees nie als gaan 100%. Sterkte aan die onderwyseres want ek kan net dink hoe voel jy vandag Baie goeie onderwysers verlaat die beroep want niemand het sulke stress nodig nie, veral as jy jou hart en siel in jou werk sit en daai kindertjies vir jou soos jou eie kinders word.

pierre ·

Ek verbeel my daar was verlede jaar ‘n soortgelyke voorval iewers gewees

thea ·

ag asb die lot moet n bietjie groot word
die kinders sit by maatjies
daar is groter probleme met kinders wat in hoerskool net oorgesit word oor die ouderdom prober 20 in graad 9
plaas dat die minister aandag aan dit gee
daar word daagliks teen oor blanke kinders gediskrineer, kry nie beurse nie of werk nie
dan is dit reg.

Anoniem ·

In Zambia het die Graad R klasies nie hierdie moeilikheid nie want hulle aandag is by die Juffrou en op verhoudings BOU (regtig hulle sien nie eers kleur nie, almal is een saam met Jesus)

DeVill ·

Is Jesus een van die maatjies of ‘n onderwyser?

Of bedoel jy “een saa met Yeshua”?

Se maar net ·

Ai ons ou volkie kan so maklik vit onsself n lat pluk. Onthou asb deesdae moet alles polities korrek wees so ek stel voor dat al die verskillende beheer liggame gaan sit en vir hulle skole toepaslike reels skryf wat gaan verhoed dat n onskuldige onnie so fout sal maak. As ons uit hulle oogpunt na die foto kyk sou ek ook gedink het dit is so agv ras. Ons moet maar daarmee saam lewe al sien ons dit anders, dit is hoe dit gaan wees.

Wim ·

Hoor EFF maak klaar amok skool is ontruim. Kan MM bietjie beriggee .

Gert ·

Ek dink die onderwyser/res moet goed oor die vingers getik word. Ek dink nie dit is n kwessie van die rassekaart nie, nee!! Hierdie swart ouers sit hul kinders in die tradisionele blanke skole juis om vir hul kinders gehalte onderrig te verseker nou gebeur dit. Ag nee sies, Laerskool Schweizer-Reineke, ek dink dit is pateties, of miskien eerder, die onderwyser is pateties. Kom reg, get alive!!

Lollie ·

Magtig Gert, indien die skool al ń paar dae aan was en hulle sit nog so dan is dit ń ander saak maar almal probeer nog hulle voete vind!
Ek raak so woedend as almal gryp na rassisme nog voordat daar enigsins ń ondersoek was. Om met klippe te gooi is altyd so maklik, ons neig nou al hoe meer na die massas toe!
Wens mense wil weer begin stokperdjies kry sodat hulle kan besig bly! Ons sien liewer dat mense se lewens verwoes word. Ek glo die onderwyseres weet wat reg en verkeerd is. Ek glo sy was nog besig om alles uit te sorteer.
Lekker om altyd net klippe te gooi!!

Barry ·

Dit is darem ‘n wonderlikke land waarin ons bly. Sasol diskrimineer openlik teen hulle wit werknemers en niemand se ‘n woord daaroor nie. Maar durf dit gebeur dat onskuldigge kindertjies besluit om by verskillende tafels te sit dan maak almal ‘n bohaai daarvan… Net om so by te las, hierdie wys net vir ons ook weereens waar die DA se prioriteite le.

Vra maar net ·

Al wat ek wil weet is hoekom is die vier sitplekke nou juis eenkant? Op die einde van die dag bly kinders ook maar net kinders maak nie saak hulle kleur nie.

on van pas ·

Daai graad 1tjie’s is skade loos om hulle eenkant te sit is vieslik! maak ni saak wat jou kleur is nie wie is jy om te oordeel? Ek skaam my dood dat daai juf dit toe laat…

Arme kinders ·

Het enige een gedink aan daardie arme gr R en Gr 1 emosionele kinders (swart en wit) wat op hul tweede skooldag so erg emosionele skok ervaar het dat hulle gaan sukkel om aan te pas die res van die jaar?

Robbie ·

Chameleon effek… dit waaroor Chris so gepraat het… goed word op sosiale media geplaas dan ruk ander die dam onder die eend uit.
Dalk is dit tyd dat ons ophou om ons lewens so openbaar te maak.

Sus ·

Maroela Media hoekom plaas julle nie ook die 2de foto waar die kinders reeds ingedeel en deurmekaar sit nie?

Hennie ·

Sopas aangekondig op 403 dat die skooljuffrou met onmiddelike effek geskors is. Blaas my siel!

Ann ·

Ag nee werklik! Kinders is onskuldig, moet asseblief nie hulle in rassistiese neigings intrek nie!! Dis hoekom party groter kinders ook rassisties is, dis die OUERS!!!

WJ ·

Wens die departement kan so vinnig regeer as kinders in die put toilet val by die skool. Dalk moet hulle aandag daar wees om kinders se lewens te red en nie om politieke speletjies te speel nie.

Dubbele standaarde ·

Lees hou weer… LEHARI sê daar mag nie op grond van ras gediskrimineer word nie. So wat beteken kill the whites? Werke wat net beskikbaar is vir nie blankes? Ek dink di presidente moet hul eie wette begin naslaan. Die foto mag dalk iets aandui maar kom eers agter die storie.

zoeye ·

baie dankie aan die ma wat nou gesorg het dat die juffrou haar werk verloor het
10 uit 10
ek hoop jy slaap baie baie lekker vanaand
dis mense soos JY wat maak dat mense soos EK nie meer in SA wil bly

Anoniem ·

Weereens LAG DIE WÊRELD vir dié gebeurtenis ! GEEN vervelige oomblik !

Pokkel ·

Daar is nog n foto geneem wat nie gedeel word nie waar die kinders gemeng sit. Gaan kyk gerus op Kallie Kriel se Facebookblad. “Here is the photo taken at the Laerskool SchweizerReneke that the ANC, EFF and DA did not show you, because they are falsely trying to create another racist incident. The kids rotated during the day to meet one another…”

Lindtjies ·

Mense moet maar eerder van social media af bly. dit het al menigte mense se vingers gebrand. Daardie juffrou is nie skuldig aan rasisme nie maar sy het haar elf blootgestel deur die foto te versprei. ‘n Klein vonkie het nou ‘n groot vuur veroorsaak.

lewies ·

Die hof sal hierdie saak uit die uitgooi. Belaglike en kwaadwillig !!!

Marie de Klerk ·

Maroela kyk in julle argiewe….hierdie selfde foto voorheen gebruik om onmin te saai. Kan julle dit doen?

Brencis ·

Go find the OTHER two pictures and then be embarrassed.
So some educational thoughts:
– this is clearly an EXCELLENT teacher, just look at the rich learning space in the room
– the children are already busy with learning by mid-morning of the first day of school. Something we would want at every school from every teacher but sadly this doesn’t happen.
– the teacher has made laminated cards for learning purposes so that the teaching is more learner-centred. Well done to her.
– the children are working in an arrangement of different groupings – clearly to help them to get to know each other
– the teacher has created a whatsapp group of parents by the first day of school. Again great commitment to her kids AND their parents.
– this teacher will never again whatsapp pictures of her classroom to parents, and they will be the poorer for it.
– the child of the parent who made this one photo selectively available will have to move class and will lose out on her excellent teaching. The child cannot stay because the parent has cruelly damaged the relationship with their child’s teacher, a critical element of quality education.

Petro ·

As n ouer ongelukkig is oor iets, bespreek dit met die juffrou! As die juffrou nie aandag aan die probleem gee nie, praat met die hoof. Die hele Schweizerstorie benadeel die hele skool. Pleks dat die owerhede eerder aandag gee aan die kinders wat nie plek het in skole nie! So moeg vir die raskaart wat so maklik gespeel word!

Marlize ·

Juffrou is geskors maar niemand het na die 3 foto’s gekyk wat eintlik geneem was. Politieke partye moet ook eers vir ‘n slag hul feite agtermekaar kry. Die skoolhoof of wie ookal die juffrou geskors het moes ook eers verder in die storie ingegaan het. Dis pateties van die onderwys kant asook die Politieke partye. Die juffrou is nie skuldig aan rasisme nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.