LUR se afdanking geëis ná beweerde opmerking oor wit mense

Mathabo Leeto, die Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning. Foto: artsculturesa.wordpress.com

Die Vrystaatse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning het erg onder skoot gekom nadat dit aan die lig gekom het dat sy glo tydens ʼn sitting van die provinsiale wetgewer na wit Suid-Afrikaners as “verkragters” verwys het.

Mathabo Leeto het na bewering verder gegaan deur te sê wit mense is verkragters “so ver terug as toe Jan van Riebeeck in die land aangekom het”.

Volgens Mariette Pittaway, ʼn DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, het Leeto gesê wit mense se grafte moet opgegrawe word “sodat hul lyke kan rekenskap gee” en het sy verder aangevoer dié mense se afstammelinge is nou DA-lede.

Pittaway beweer Leeto het ook na Roy Jankielsohn, die leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, as ʼn stuk ontlasting verwys. Leeto het glo dié uitlatings gemaak kort nadat ʼn debat oor Vrouedag in die wetgewer begin het.

“Die DA het beswaar aangeteken teen dié soort vitrioel, maar Jonas Ramokhoase [wat as speaker waargeneem het], het geweier om LUR Leeto tot orde te roep. Die DA-koukus het daarna besluit om die huis in protes te verlaat.”

Pittaway het Leeto ten sterkste veroordeel vir haar beweerde uitlatings en gesê sy is ʼn “skande” vir vroue oral. “As sy ʼn voorbeeld is van wat die ANC dink die kwaliteite is waaroor vroueleiers in die party moet beskik, dan wys dit dat die ANC slegs lippediens bied vir die werklike uitdagings wat vroue in die gesig staar,” het sy gesê.

Intussen het die burgerregte-organisasie AfriForum ’n skrywe aan Sisi Ntombela, die Vrystaatse premier, gerig waarin Leeto se afdanking geëis word. Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat Leeto se opmerking nie bloot rassisties is nie, maar dat dit ook bedrieglik en grof beledigend is.

“Indien die nodige tugstappe nie teen Leeto gedoen word nie, kan ’n mens nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat haar wangedrag deur die provinsiale regering onderskryf word nie,” het hy gesê.

Tankiso Zola, direkteur van kommunikasie in die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, het Maroela Media se navrae na die kantoor van die speaker verwys. “Indien die voorval tydens ʼn sitting van die wetgewer gebeur het, soos beweer word, moet die saak na die speaker verwys word. Dit is die speaker wat jurisdiksie het oor sake van die wetgewer,” het Zola gesê.

Maroela Media het ʼn navraag aan die speaker se kantoor gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Die Stem ·

Ai. Ons land sal nooit heel kan word as die strydbyle nie begrawe word nie.
Dis veral politikuste wat bly verwys na die verlede en na ras.

Wonder ·

Dit sal interessant wees om te sien wat gebeur. Helen Zille het omtrent die wind van voor gekry weens haar uitsprake. As hierdie net onder die mat ingevee word, is ek bevrees dat hier dubbele standaarde in hierdie land toegepas word.

Johan ·

As die onder die mat gevee word is dit ons almal as Suid Afrikaners se skuld . Ons sien en hoor die ongeregtighede maar ons bly stil en doen niks . Ons word in geslaan met stok en aanvaar dit.!!

Hans ·

Gaan die MRK op eie inisiatief die LUR aankla vir haatspraak of gaan hulle soos gewoonlik uitsprake teen wittes ignoreer.

Liewe Heksie ·

Stem honderd persent saam met Johan, ons wittes skreeu van die kantlyn af, of hardloop bybel toe, ons aanvaar alles en doen net mooi niks. Daar is so bietjie van ons wat iets probeer doen, maar sodra dit te warm raak, spaander almal.

Jacques ·

Die regering en al sy mense moet nou groot word . Mens kan beslis nie na 24 jaar nog oor ras klippe val nie , almal moes nou al saam gewerk en saam oplossings gekry het . Hoe erg is dit dat as daar TEEN wit mense woorde gevel word dan is dit reg maar anderom OOOOOOOOO WWWWEEEEEEE!!!??

Corne ·

Stem saam. Groot word. En leer om ‘n wag voor hul monde te sit.

Cornel Rothmann ·

Mooooi…looi haar….ten minste 3 jaar tronkstraf soos ene me Mombergh

Kasper ·

Ek vra net, is hierdie nie haatspraak nie?. Ook kan sy nie vir laster en naamskending aangekla word nie?. Hierdie tipe gedrag kan mos onder geen toestand toegelaat word nie, so ek hoop sy word vervolg tot by oom Daan in die kallerhok.

Cherokee ·

Ek is nie ‘n wetsgeleerde nie en wat ek hier sê is bloot eie denke. Haatspraak is dit wel maar nie laster/naamskending nie want jy kan slegs ‘n spesifieke persoon belaster maar nie ‘n groep nie. Dit wat sy van Jankielsohn gesê het, is egter anders want hy is ‘n indivudi.

Koos ·

Charrokie, jy al van privilegie gehoor? Sy is beskerm selfs t.o.v. die individu Jankie-watsenaam.

TP ·

Crimen injuria is ‘n misdryf onder SA gemenereg, en word gedefinieer as “unlawfully, intentionally and seriously impairing the dignity of another.” Kan elkeen van ons (wat wit is, of hulleself as wit sien) nie ‘n saak van Crimen Injuria teen haar gaan maak nie? Selfs al het sy ‘n ‘blanket statement’ gemaak, is MY integriteit (dignity of another) aangeval.

Dirk Breytenbach ·

Afriforum is soos gewoonlik waaksaam en sal aksie neem. Net jammer ons eie mense kritiseer Afriforum as sou hulle te sterk optree en die status quo versteur. Dankie Afriforum dat julle vir almal se regte opstaan in SA.

Dink weer ·

As die ANC haar wegjaag gaan sy by die EFF aansluit.
Nóg een stem by vir hulle.

Jean ·

Wit suid afrikaners leef in n la la wereld om te verwag enigiets gaan verander of dat daar stappe geneem sal word…..

Mickey ·

Hierdie berig het my vreeslik ontstel veral die gedeelte waar wit grafte oop gegrou moet word en lyke moet rekenskap gee. Mathabo Leeto jy het nie n idee waarvan jy praat nie. Jy is verblind deur jou eie haat.

Chris ·

Wel in die verlede was die menseregte kommissie vinnig om sommer op hul eie n klag teen sulke tipe haat en rassistiese uitsprake te maak. Nou wag ons in spanning om te sien wat gebeur.

Dirk Breytenbach ·

Daar sal ‘n dawerende stilte van die MRK se kant af wees. Kyk maar!

Louise ·

Die dame se fb bladsy sê: Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê (in Engels)

Willem ·

Die vlak van hoe en waaroor daar vir ‘n geruime tyd in die land gesels en gekommunikeerd word het maar laag gedaal, al meer word mens met modder besmeer. Maar soos gesê, dit is die vlak waarop ons deesdae is.

leser ·

en daar gaan rassisme, haat,ens. met volspoed by die voordeur “IN”

susan ·

Aan veiligheid op plase is en was nogsteeds niks gedoen deur die DA. Hulle leef net al hoe meer weelderig?

Callie ·

Waar val jy uit Susan. Hemel jy is deel van n groot gros SA mense wat vinger wil wys en nou selfs die DA wil slegmaak oor wat die vrou kwytraak. Kom by. Jy wil sit en kla maar doen niks. Magtig, staan op en help om dinge te begin reel om wittes bymekaar te kry en op te staan teen die dinge.

gatiep ·

Die DA se manne is die ryk wittetjies ja.
As die land eendag regkom wil ek nie onder hulle lewe nie.Dit sal erger wees as wat ons onder die ANC is.Buig en bek hou sal die voorland dan wees.
Ek ken nie daai God wat hulle aanbid nie.
DA propeer voorgee wat hulle nie regtig is nie.
Hulle ogend en aand praatjies verskil van mekaar.

Inus Bester ·

Callie my vriend, dis 90% danksy die DA (en sy voorgangers DP, PFP, VP) dat ons vandag sit waar ons sit. Dis hulle wat jare lank in die parlement baklei het om die ANC ontban te kry… dis Helen Suzman wat vir Nelson Mandela op Robbeneiland gaan kuier het, dis Helen Zille en haar Black Sash wat betoog het om die ANC en Mandela los te kry. Nou dat die ANC ontban is, nou wil hul hom weer inhok? Belaglik. As jy eers die duiwel losgelaat het, kry jy hom nie weer in ‘n hok nie. Maar witmense is te onnosel… steeds stem hul vir die DA. So… kry vir julle!

Spike ·

Dit is niks anders as haatspraak en valse beskuldigings nie. Strafbaar in eerste werêld, maar nie in derde werêlds nie.

Dereck Le Roux. ·

Dit is alles deel van die wit haat veldtog teen witmense veral teen Afrikaners en politici tot in die hoogste gestoeltes neem gretig daaraan mee en glo my vry omdat hulle hulself as bo die wet verhewe beskou sal daar absoluut niks daarvan kom nie, dit is die realiteit van die ANC van Cyril Ramaphosa en die resultate word nou getoets op die politieke terein of die paddas in die kookpot nou genoeg gekook is of nie.

Snowball ·

Hoe meer die onbevoegdheid van die regering blootgelê word, hoe meer manifesteer haat teen witmense en hoe meer blatant word haatspraak teenoor wittes…opsweping teen wittes is al wat oorbly om die ANC relevant te probeer hou; hulle het niks meer om te bied nie.

Wonder ·

Wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Ek wonder of die persoon bevoeg is om haar werk te doen, en wat haar kwalifikasies is. Verder dink ek daar moet dadelik ‘n leefstyl oudit op haar gedoen word. Daar is geen norme en waardes teenwoordig nie. Wanneer gaan amptenare begin besef dat hulle ‘n voorbeeld moet stel vir jong mense. Nou will die president he ons moet saam werk in RSA, maar hoe kan jy met iemand saam werk wat geen respek verdien nie?

Johanné ·

As sy lig hiervan gaan afkom, onderneem ek persoonlik as wit Afrikaner om haar te dagvaar

Nikita ·

Jip, tronk toe met haar, laat sy maar gaan loseer op regeringskoste. Klink of haar mond drie keer vinniger werk as haar brein. Sies…sy moet n wag voor haar mond plaas.

Oom Piet ·

Ek hoop sy dring daarop aan dat haar salaris nie witmense se belasting geld moet insluit nie maar net die van swartmense. Somtyds as iemand nie sy werk goed kan doen nie tree hulle so op om hulle onbekwaamheid te verdoesel.

Johan Barnard ·

As die wit mans verkragters was sedert 1652, sal die agbare LUR seker vir ons die skriftelike wetboeke wat Voor 1652 in hierdie land beskikbaar was kan wys. Sy sal dan sekerlik ook die polisiestasies, howe en hospitale wat daardie tyd hier was kan uitwys met hulle skriftelike rekords van voor 1652, toe die Blankes alle moderne infrastruktuur wat hier bestaan het kom verwoes het.

Wonder ·

En ons mis die belangrikste deel. Die voorval het tydens ‘n sitting van die wetgewer gebeur en moet na die SPEAKER verwys word. En Jonas het alreeds niks daaraan tydens die sitting gedoen om haar tof orde te roep nie. Hoekom sal hy nou iets daaraan doen…dan erken hy mos eintlik hy het fouteer

Oom Kalahari ·

Meer van die individue op hierdie ANC vlak voel werklik soos Mathabo Leeto en sy toets nou die waters vir ander om opvolg werk te doen as sy loskom oor haar aanvallende en valse uitlatings op haatspraak gebasseer. Wat ‘n vernedering moes dit nie vir Mnr Roy Jankielsohn gewees het om voor alle amptenare as ‘n stuk ontlasting yut te kryt nie. En hoe verwys jy in sulke onsinnigheid dat alle blankes “verkragters” is. Sal graag daardie statistiek bewys wil hoor en sien. Ek voel hierdie LUR het haar perke oorskry en probeer met mag speel. Sy moet in die bek geruk word en onthef haar van haar pos. Sy is geen nasie bouer nie.

anton ·

Haai mense, hoekom is julle so ontsteld oor dit wat sy gesê het?
Het julle dan nou nog nie gesien en hoor dat swartes nie rassiste kan wees nie en dus nie rassitiese opmerkings teenoor wittes kan maak nie.
Sy gaan absoluut NIKS maar NIKS oorkom nie!!! Merk my woorde!!!

Eddie de Jager ·

Ek was agt in 1994 en het genoeg verstand gehad om te kan sê dat Suid Afrika nou meer rassisties georienteerd is as ooit tevore. Net ‘n paar dinge Me. Die LUR. My voorouers is in die paradys wil ek glo. Gaan grawe hulle grafte oop. Dis op jou Tannie. My geloofsoortuiging laat my nie dwaal na ‘n opinie oor liggame en geeste van my voorouers nie. Die blote uitsprake van hierdie vrou skree wat binne haar hart aangaan. Sy moet êrens my God ontmoet om te besef dat sy totaal verlore is. Ons gaan baie van hierdie soort retoriek hoor soos die verkiesing naderkom. Het hare op julle tande en hou julle kommentaar beskaafd en deurdag. Gaan kyk bietjie na Dr. Jordan Peterson se debatte op YouTube of beter, lees van sy boeke. Ons kan baie leer daar uit oor hoe om radikale linkses, sosialiste, kommuniste en liberaliste te hanteer in gevalle soos die. Ek verneem die LUR het nog rassistiese uitsprake gemaak wat nie in hierdie artikel genoem word nie?

R N ·

As daar nie tugstappe teen hierdie madam kom nie, kla haar by die gelykheid hof aan. Wat geld vir een moet geld vir almal.

GERRIT BURGER ·

DIT IS CRIMEN INJURIA , DIT WITTES IN HIERDIE LAND SE EER EN WAARDIGHEID IS GEKEND DEUR L U R vd VRYSTAAT SE UITLAATING. KLA HAAR KRIMINEEL AAN , EN VERVOLG HAAR !

gatiep ·

Het die DA dan nie n siening gehad dat net n wit mens rassis kan wees nie?
Dis n arme onderdrukte vrou hoe kan julle haar nou verder onderdruk.
Begin julle nou met plan 2 om almal in die land se monde toe te maak.

Stuiwer ·

gatiep, los nou die DA uit! Ek stem eerder vir hulle, want dan is daar nog ‘n kans dat die huidige regering ujit die kussings gelig sal word. Hulle is nie hier ter sprake nie. Net dwase praat voor hulle dink (maak nie saak wie dit is en wat hulle sê nie).

Die nare goed wat ons van mekaar sê en ander dinge ·

Ai daar is soveel haat en agterdog en ‘n voortslepene lelike, en in sommige gevalle, selfs ‘n gemene gesindheid teenoor mekaar in hierdie land. Die een sê dit dan sê die ander een dat en so gaan die beleidigings aan en aan. Dit wil maar net nie beter gaan nie.

Judge Dredd ·

Hoekom net afdanking eis – sy moet tronk toe gaan nes Sparrow.

FIRE HAAR ·

DANK HAAR AF EN KLA HAAR AAN. AS Vicky so ‘n swaar straf gekry het, des te meer sy wat van ons belastinggeld leef en ‘n openbare figuur is .. AS sy wit was was sy nie net afgedank nie maar het ook tronkstraf en’ n groot boete in die gesig gestaar . WAAR is die MRK en Ahmed Kathrada nou met hulle MENSEREGTE EN RASSISME???

Adrian ·

Ons moet almal bymekaarkom en haar by die polisie gaan aanklae vir haatspraak

HPV ·

Voor mense soos sy oorgeneem het was die land en munisipaliteite ekonomies vooruitstrewend, nou is munisipaliteite totaal bankrot, Mangaung onder sakeredding!
Om die minste te sê rioolaanlegte werk nie eers meer nie, eintlik is daar baie min wat nog werk. Goeie raad, doen liewer jou die werk waarvoor jy miljoene betaal word en stop om dom lasterlike aantygings te maak.

E.K. die eerste ·

Nou toe nou, die witmense se lyke moet opgegrawe word sodat hulle lyke rekenskap kan gee – as dit nie so pateties was het ek my papgelag. As dit moontlik was dat lyke rekenskap kan gee, dan sal dit alle mediese geskiedenis maak. In die geval gaan die hyser nie na die boonste vlak nie ne! Vervolging – daar sal dadels van kom!

pieter ·

Kom ek wed julle daar gaan niks van kom. Sal gewoon onder die mat gevee word. As dit OK is om wit mense se plase sonder vergoeding af te vat, soos daar beplan word, en te moor, is hierdie mos nie iets waaroor die ANC en sy frontinstansies, soos die MRK, hul enigsins gaan bekommer nie

Sophia ·

Sy moet nie net afgedank word nie, maar ook aangekla word vir haar uitlatings. As dit vir Vicky Momberg gegeld het, dan geld dit ook vir haar! En meer nog, sy behoort ‘n voorbeeld te wees want sy is in ‘n topposisie!!

Klasaksie? ·

Afriforum moet klasaksie begin almal wat maroela
Lees sal teken ..ens ens ….teen haatspraak deur swartes teen blankes.

Richard ·

Die MINSTE wat moet gebeur is dat die DA hierdie aangeleentheid verder neem en n klag van HAATSPRAAK teen Leeto aanhangig maak. Om slegs die sitting te verlaat sal minder effek op hierdie blatante RASSISTIESE gedrag he as die geruis van n skoenlapper se vlerke…. Ook behoort die DA n protesoptog te reel . Hellen Zille is verguis oor haar opmerking dat die Oos Kapenaars wat die Wes Kaap verswelg vlugtelinge is weens die ANC se wanbestuur. Dit is tyd dat die Afrikaner spesifiek sy verlore moer terug kry en die ANC laat verstaan tot hiertoe en nie verder nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.