LUR se kind (8) doodgery

Argieffoto

Argieffoto

Die LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga se agtjarige dogter is Woensdag in Ermelo doodgery.

Brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die LUR, Vusi Shongwe, se dogter, Sethu Thandiswa, het omstreeks 16:30 Petstraat naby haar ouerhuis oorgesteek toe sy deur ʼn motor getref is.

Lt.genl. Mark Magadlela, provinsiale polisiekommissaris, het Donderdag sy meegevoel met Shongwe en sy familie betuig.

“As die polisie in die provinsie wil ons graag ons innige meegevoel aan die LUR en sy gesin betuig met die ontydige dood van hul dogter. Ons gedagtes en gebede is met julle,” het Magadlela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

LUR VIR VEILIGHEID EN SEKURITEIT………. Het jy jou kind daarvan geleer?

Pierre Celliers ·

Nee, die verantwoordelikheid en toepassing is nie belangrik nie.
Wat wel belangrik is, is die portefeulje, dit le ook so lekker op die tong!

snip ·

Mense gee niks meer om vir enige een nie. Verby is die dae wat jy ry, n kind sien en begin dink vir die kind, stadiger ry en oppas dat die kind nie skielik voor jou kar inhardloop nie. Nee, jaag en ry n kind morsdood, wat het die kind in die pad gesoek (ek het op 8 jaar in strate geloop, maar kinders moet net voor die TV of komputer sit deesdae), dis mos altyd die een wat nie nog self kan dink en besluite neem se skuld of die ouers, glad nie die jaagduiwels wat moet dink en stadiger ry as hulle n kind sien nie. Dis n vieslike wêreld deesdae, geen genade vir niemand.

CHRISTA ·

Dink julle hulle sal nou meer gesteld daarop wees om die wetgewing rakende padveiligheid toe te pas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.