LUR se man verbind aan R33 m se kontrak

LUR Nomusa Dube-Ncube. Foto: Facebook

LUR Nomusa Dube-Ncube. Foto: Facebook

‘n Maatskappy wat bande het met die KwaZulu-Natalse LUR vir plaaslike regering se man, het ‘n tender van R33 miljoen gekry om waterpype vir ‘n munisipaliteit te installeer, berig Sunday Times.

Afriscan Construction is as die hoofkontrakteur aangestel vir die projek in die uMkhanyakude-distriksmunisipaliteit. Die maatskappy het glo noue bande met Sibusiso Ncube, LUR Nomusa Dube-Ncube se man.

Volgens die berig het die munisipaliteit ook voorheen vir Sinosa Construction, een van Ncube se maatskappye, ‘n twyfelagtige multi-miljoenrandse kontrak gegee om waterpype te verskaf.

Sibusiso Makhanya, uitvoerende hoof van die Mhlathuze-waterraad, sê die kontrak is “regverdiglik toegeken”.

Lennox Mabaso, Dube-Ncube se woordvoerder, sê die LUR het in Augustus verlede jaar ‘n ondersoek van stapel gestuur na watersake by die uMkhanyakude-distriksmunisipaliteit.

Daar is onder meer ondersoek ingestel na beweerde ongerymdhede rakende watervoorsiening, beweerde sabotasie van infrastruktuur en waterverliese. Mabaso sê die ondersoek is amper afgehandel.

Ncube het Vrydag dokumente aan die Sunday Times verskaf om te bewys dat hy op 29 November as direkteur van Afriscan bedank het, drie dae voor die kontrak van R33 miljoen toegeken is. ‘

Ncube sê hy het nie meer bande met Afriscan nie. Dié maatskappy het die afgelope ses jaar kontrakte van R135 miljoen gekry.

Sinosa Construction het glo R69 miljoen se kontrakte ontvang. Die ouditeur-generaal het in 2012 bevind dat die kontrakte sonder ‘n mededingende tenderproses toegeken is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Babs ·

As ek hoor van korrupsie in die regering dan sien ek nie rooi nie – net swart.

willie ·

Ek is seer sekerlik nie die enigste S A Burger wat regtig moedeloos is nie. Wat het geword na die Ouditeur Generaal se bevinding in 2012 bekend geword het ? Wat het geword van die groot kannone wat betrokke was by die knoeiery met sokkerstadions ? Wat word gedoen aan die skandalige wyse waarmee met die oprigting van laekoste behuising gehandel word ? Wat word gedoen aan al die magdom ander ongerymdhede waarmee ons daagliks gepeper word ? Niks soos in Niks. Broer Julius en sy span kan tot hulle dood die vraag oor Nkandla soos in die parlement gestel, herhaal.Ook daarvan sal daar NIKS kom nie. Die ergste van alles is dat dit meesal swaarverdiende verpligte belastinggeld is wat ter sprake is. Het iemand asseblief ‘n haalbare oplossing ??

monique ·

Geen oplossing!!!!!!!waar het hulle die goue pype gekoop?want ons bou ook en pype wat 33 mijoen kos is baie geld….dis sekker een bmw vir my vrou en twee merc’s vir my…..hulle gaan die land bankrot steeeeeeel….

willie ·

Hulle kan hierdie land nie meer bankrot steel nie, ons lankal daar, geldelik en geestelik

Theresa ·

Lekker man lekker………….en die soustrein loop glad op die spoor !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.