LUR: ‘Skool net vir kleinbase gaan nie werk nie’

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die Gautengse departement van onderwys gaan die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) se dringende aansoek om skole se toelatings- en taalbeleid te beskerm, teenstaan.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het vroeër planne aangekondig om 124 enkelmediumskole in parallelmedium om te skakel. Talle van die skole wat geteiken word, is Afrikaanse skole.

Volgens Lesufi is Fedsas se teenstand rasgemotiveerd en het niks met Afrikaans te doen nie. “Ek glo dit is ʼn mors van die hof se tyd. Jy kan nie nierassigheid keer nie. As jy ʼn skool soek net vir ‘kleinbase’ gaan dit nie werk nie.” Op ʼn vraag aan Lesufi om dié uitlating te verduidelik het hy net sy kop geskud.

“Die kwessie van taal is net ʼn rookskerm om ʼn spesifieke ras weg te steek. Dit is ʼn duidelike saak van mense wat een taal gebruik om die voorregte van die verlede te beskerm. Hulle gebruik taal en kultuur om hulself te verdedig sodat ander rasse nie na hul skole toe kan kom nie.”

Fedsas het gesê hulle het uit hul pad gegaan om te keer dat die saak hof toe gaan. “Dit sluit in ʼn vergadering met mnr. Lesufi waartydens hy benadruk het dat sy departement nie ʼn verskuilde agenda het nie. Die teenoorgestelde het nou gebeur,” het Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, gesê.

Colditz voer in die hofdokumente aan dat die provinsiale regering van skole verwag om aansoeke te aanvaar van leerders wat in Engels moet klas kry ondanks die huidige taalbeleid van die skole.

“Die respondente doen dit in die gesig van ʼn duidelike grondwetlike reg tot moedertaalonderrig, en ’n uitgedrukte grondwetlike voorkeur vir die behoud van instellings waar klasse in ’n enkele taal aangebied word,” het Colditz gesê.

Lesufi meen die saak kan oor “tee en koeksisters” uitgesorteer word. Hy het gesê die saak sal die eerste toets wees oor of nierassigheid in Suid-Afrika werk. “Ek dink nie dis verkeerd dat ons kinders saam leer en speel nie. Indien ’n hof anders sê, sal hulle rassisme vir ewig gevestig het.”

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Liefdeskind ·

Maar die King David en Muslim skole is in orde? Kom Sufi die “groot missies” wag vir ‘n antwoord…..

Leon ·

“King David en Muslim skole” is privaatskole. Dis dalk tyd dat Afrikaanses wat ernstig is oor Afrikaans uithaal en wys: “Put your money where your mouth is.”

Ampie ·

Die onvermoë van die LUR en die ANC om in te sien dat taal en kultuur vir sekere mense belangrik is, is ongelooflik. Dan is hy reeds besig om sy eie rassevooroordele uit te stal in sy terugvoer. Eintlik stel hy sy eie gebrek aan redenasie en erkenning van ander se regte ten toon. Hy wys dat hy nie in die posisie behoort nie. Fedsas moet sterk optree teen hierdie dom boelieagtige optrede. Koeksisters met ‘n rasbehebde gaan niks oplewer nie. Hy moet maar in die hof gaan verduidelik.

Elza ·

Maar daar is skole waar net Sotho of Zulu gepraat word hoekom nie skole waar net Afrikaans gepraat word nie.

Adel Meyer ·

Die blanke skole floreer want die ouers betaal hul kinders se skoolfonds. En die belangrikste van alles ons kinders drentel nie teen 8 uur nog aan skooltoe nie. Hulle is 8:30 daar, die tyd wat die skool begin. Ons onderwysers is by die skool, die skoolhoof kom nie net voor tjailatyd by die skool aan nie. En baie belangrik, ons kinders breek nie vensters nie, steek nie goed aan die brand nie, weet hoe om asblikke te gebruik en steek mekaar nie met skere en messe nie is teen hulle 19 is lankal nie meer op skool nie. Maar dit is seker ook apartheid se skuld dat hulle geen verantwoordelikheid, pligsgevoel het , lui is en ‘n lae IK het. Ek ken iemand wat by ‘n groot maatskappy werk. Sy moes onlangs onderhoude voer vir ‘n vakante pos, en sy is aangese dat die pos deur ‘n swarte gevul moet word. Sy het verskeie kandidate ingekry, almal het een of meer grade meeste van die Universiteit van Noorde. Sy begin die voorsgeskrewe vrae vra (in engels): V: Hoe sal jy ‘n dag beplan? A: Ek verstaan nie die vraag nie, gaan aan na die volgende vraag. V: Hoe goed hanteer jy druk? A: Ek verstaan nie die vraag nie, gaan aan na die volgende vraag…. Een van die kandidate het ‘n graad in Rekeningkunde, maar sy het nie eers rekeningkunde in matriek gehad nie, Bybelkunde as ek reg onthou en vier tale. Dis reg, matriek met 5 vakke. Ook nie wiskunde nie. Maar sy het ‘n graad! Die maatskappy laat kandidate ‘n toets afle van en onder die toesig van ‘n eksaminator van’n Universiteit in Gauteng ( nie die universiteit van die noorde nie) Een van die kandidate wat ook een of meer grade agter haar naam het se verslag lui dat haar inteligensie laer is as die van die algemene bevolking. Ek wonder nie meer hoekom sovele maatskappye en besighede in Suid-Afrika vou nie!

Ben Spreeth ·

Taal en kultuur word ook deur sommige gebruik om hul onkundigheid te verdedig.

chris ·

Rupert.
Ha ha uitstekend !!!Vra ek mos al hoeka.
Dankie man jy maak my dag.Daar is egter ‘n paar wat eers 3de graadse brandwonde moet kry .Lees maar van die kommentare hier jy sal hulle raaklees .

Gert van Wyk ·

Rubert,

Eerder ‘n pot padda as ‘n mampadda. Sit jy lekker in ‘n donker, koue kamer iewers oorsee en lees Suid Afrikaanse media? Jou ou nar.

basie burger ·

Stem saam. Spreuke se egter. “Antwoord nie n sot na sy sotheid nie.

THEA SWART ·

HET HY NIE NOU ERKEN WIE IS “BAAS” EN WIE IS KLAAS NIE?

Danie Coetzee ·

Kan die ANC dalk wys wat die resultate is van al die skole integrasie en taal verskuiwings. As dit beter resultate opgelewer het as die skole kan hulle maar voortgaan, indien nie sal enige regdenkende mens mos nie dit verander goedsmoeds nie, tensy daar ‘n agenda is om afrikaans uit te werk.

Riette ·

Ag regtig mag ons kinders nou ook nie meer in hul eie taal geleer word nie, dit is belaglik verby!! As die klein base in ons skole wil wees moet hulle AFRIKAANS kan praat!!!!!!!!!!!!!

scalla ·

hy besef nou wie is baas en wie is klaas, het hom lank geneem om dit te begryp

carel ·

LUR is jy nie die groot rassis nie?

Julle kan mos alles fix – hoekom fix jy nie die skole in die swart gebiede nie?

Jou probleem is meer die verstandelike vermoe van die leerders as skool en ook meer die standaard van onderwyser…….

Dink so bietjie – al wat jy nou herken is dat afrikaanse onderwysers(skole) n beter job doen of slimmer is as die ander?

Nee lur jy is dom en rasisties – en as dit moet dan bou ons ons eie skole of “home school” ons kinders – want ons wil hul nie met n agterstand en af gebrande klaskamers groot maak nie.

JY is n rassis………n groot eeen……

pop ·

Toe ek laas gekyk het was afrikaans n taal, nie n ras nie. Ek ken baie swart afrikaans sprekendes, en meeste kleurlinge is afrikaans. Shame, waar pas hulle nou in. Of word hulle nou saam met die badwater uitgegooi. Pleks die dom (piep piep piep) net erken dit gaan oor witmense en sy haat vir ons.

Gedoriewaar ·

Rome is nie in een dag gebou nie…maar ek sweer die Romeine sou darem seker ‘n Engelse skool of twee kon bou in 21 jaar….Sê maar net.

Se maar net ·

Ek skryf onder ‘n skuilnaam om ons skool uit die kollig te haal.
Ek is tans dienend op die beheer ligaam van een van hierdie skole wat na sogenaamde lys is. Mnr. Lesufi, ek wil u nou nooi om die skole te besoek. Ons skool het al laas jaar begin met Engelse klasse, en van graad RRR tot graad 7 is daar baie nie-blanke kinders wat die mooiste Afrikaans praat en die pragtigste maniere het. Ons is geensins daar voor om rasisties te wees nie, maar dra die belange van die meerderheid op die hart. Dis was mos u politieke party wat gese het “majority rules”, maar nou mag ons nie u party se seining bevorder nie. Kom uit u kantoor en sien wat aangaan by hierdie skole, ek glo dan u sal dan beter besluite kan neem. Haal die politiek uit die skole en dit sal baie beter gaan. Gaan spandeer u tyd, energie en aandag aan die skole wat misluk het, en los die sukses verhale uit, anders gaan dit ook kort voor lank as ‘n mislukking bekend staan. O ja, ons skool is in Pretoria.
Skuus: kan iemand asb dit vir hom vertaal, aangesien Afrikaans bo sy vuurmaak plek is!

Dave ·

As jy dan so graag onder’n skuilnaam (noem dit liewer ‘n gebruikersnaam) wil skryf, waarom het jy nie jouself kleinmies genoem?

Pieter ·

VIR JOU WAT NIE AFRIKAANS KAN LEES.
LEAVE OUR SCHOOLS ALONE YOU DUMMY.OUR STANDARDS WILL ALWAYS BE HIGHER THAN YOURS AND YOU WILL ALWAYS BE ON THE LOOSING SIDE

Pieter ·

ONS Afrikaanse skole het nog AL die jare, die rooitaal,engels, as n tweede taal gehad,maar omdat ons beter is as die res wat NIE afrikaans kan praat nou wil hulle n bohaai maak van dit

Leeu ·

Hulle kan net aas op wat ander bereik het. Self het hulle nog nooit enige iets voordelig tot stand gebring nie. Soos die storie van die sprinkaan en die mier…

JoeV ·

Sodra die laaste Joosdse, Duitse, Muslem en Chinese skool toe is, dan is jy welkom ou grote.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.