LUR spring self in om outopsies te doen

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal. Foto: ANA

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, moes Dinsdag self hand uit die mou steek en twee nadoodse ondersoeke uitvoer te midde van ʼn sloerstaking deur werknemers van die forensiese patologiedienste in Pietermaritzburg.

Werknemers by die Fort Napier Medico-Legal‑lykshuis het dienste by dié instelling deur hul staking tot stilstand gedwing en sodoende verskeie families se begrafnisplanne ontwrig.

Die lykshuiswerknemers betoog teen “onuithoudbare” werksomstandighede en het Vrydag met die sloerstaking begin. Hulle beskuldig die departement daarvan dat hulle besware al drie jaar lank geïgnoreer word, insluitend gebreekte lugversorgers, toilette wat buite werking is, oud en verslete uniforms en ʼn tekort aan skoonmaaktoerusting.

Dhlomo, wat ʼn diploma in forensiese patologie het, het Dinsdag na die lykshuis gegaan waar hy twee outopsies uitgevoer het.

Hy het bevestig daar is ʼn agterstand van meer as 26 liggame waarop outopsies nog uitgevoer moet word, aangesien die patologie-personeel sê hulle sal net ʼn maksimum van twee outopsies per dag uitvoer totdat die departement aan hul eise gehoor gee. Onder normale omstandighede word tussen tien en 12 outopsies per dag by dié lykshuis gedoen.

Die lykshuis bied dienste aan die uMsunduzi‑, Richmond‑ en Mooirivier-gebied.

Dhlomo het sedertdien die versekering gegee dat meer outopsies van vandag af gedoen sal word om die betrokke families in staat te stel om voort te gaan met hul geliefdes se begrafnisse.

Hy het ook die departement se regseenheid opdrag gegee om ʼn hofinterdik te bekom om die werknemers te dwing om terug te keer na hul volle werkspoed of hulle sal deur afdanking in die gesig gestaar word in ooreenstemming met arbeidswetgewing rakende noodsaaklike dienste.

Intussen sal die departement gebeurlikheidsmaatreëls implementeer om die voltooiing van outopsies te bespoedig.

Die LUR het ook om verskoning gevra aan die families wat nou aan sekondêre trauma onderwerp word deur die sloerstaking. “Families is hier, desperaat en huil. Hulle was veronderstel om hul naasbestaandes oor die naweek te begrawe maar kon dit nie doen nie. Die mense van Suid-Afrika sal self oordeel watter tipe mense só optree,” het hy gesê.

“Ek is hier om my gewig in te gooi om te help om seker te maak dat die families hul geliefdes ter ruste kan lê.”

Dhlomo sê hy het ook die saak by die provinsiale leierskap van Cosatu aangemeld en die nasionale departement van gesondheid versoek om dringend in te gryp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

De Villiers ·

Hierdie staking is onmenslik, maar hoe onmenslik is dit om mense in ‘n lykshuis te laat werk sonder lugversorging en behoorlike toiletgeriewe. Die LUR noem so ewe dat Suid-Afrikaners self sal oordeel watter tipe mense aan so ‘n staking deelneem, maar drie vingers wys terug na die LUR en sy regering oor waarom hulle vir langer as 3 jaar die mense in sulke omstandighede te laat werk, en die werknemers se pleidooie op dowe ore val. Watse regering laat sy mense in sulke omstandighede werk? Nou wonder ek ook hoeveel van hierdie stakers het vir die ANC gestem wat hierdie probleem veroorsaak het? Eintlik staak hulle dan teen dié keuse wat hulle self gemaak het. Hoe absurd!

Isab ·

My simpatie aan die families wat in sulke hartseer omstandighede moet wag…. maar rerig as ek so lees in watter omstandighede die mense moet werk dan neem ek hulle nie kwalik nie.

Al wat hulle vra is skoonheid, netheid en n aangenamer plek om in te werk. Ek is seker hulle het n paar keer eers baie mooi gevra vir alles voor hulle begin staak het.

Hulle doen n belangrike werk… laat hulle ten minste hulle taak verrig in beter omstandighede….

honourable member ·

Ek wonder net altyd hoe akkuraat hierdie outopsies gedoen word. Bekwaamheid is nie meer belangrik in hierdie land nie.

Mrs H ·

…of om kompeterend te wees en met trots te kan se dat jy die beste is in wat jy doen. Almal is maar net “nog n brick in the wall”.

jakes ·

Die stakers doen die regte ding deurom te weier om in sulke omstandighede te werk. Weereens n bewys in watse gemors staatsinstellings is. Die LUR vir gesondheid is natuurlik gewoond daaraan om in sulke vieslike omstandighede te werk. Hospitale is net so erg vuil en geen wonder dat babas op n daaglikse basis sterf van kieme en bakteri wat hulle opdoen. SA het n vuil derdewereld land geword wat by die dag meer stagneer.

Instandhouding en Verantwoordelikheid Aanvaar - SA se Tekorte ·

Is daar enige regerings departemente wat instand gehou word? Geboue sowel as infraskruktuur dan praat ek nie eers van gebrek aan kennis op opleiding gebied nie..Jammer om te se maar ek kan nie 1 so projek uitwys nie. Dink skole moet n vepligte vak skep waarby vandag se mense al van vroeg geleer moet word van waardes en normes sowel as die verantwoordelikheid van waarom goed instand gehou moet word en geld daarvoor begroot moet word..dan praat ek nie eers van rommel strooi nie, wat orals reg oor SA gesien word…basiese opleiding mense en hoe ek as individue bydrae kan maak..een klein woord verantwoordelikheid neem en aanvaar..my oupa was ou weermag Generaal en dit is wat hy my geleer het..

bren ·

As geld REG bestee word, minder korrupsie sal mense weer voluit werk. Dis n totale skande dat hierdie werkers in sulke vieslike omstandighede moet werk! wonder of die yskaste waarin die oorskot gebere word ook stukkend is? SA se gesondheid stelsel is lankal daarmee heen!!

Estelle ·

En toe doen die LUR ook net 2 outopsies soos wat die sloerstakers hulself voorgeneem het om te doen.

Hoe onuithoudbaar is dit om te werk in ñ lykshuis, sonder lugreëling en behoorlike toiletgeriewe! Siesa!

koos1 ·

Ek is in ‘n bestuursposisie, en as my personeel nie hulle werk doen nie, word ek verantwoordelik gehou en moet alles dan self doen. Wat hy gedoen het is reg maar DIT WORD verwag van hom! Maar ek neem aan dat in SA staatsdepartemente dit uitsondering op die reel is.

De Villiers ·

koos1, jy slaan die spyker op sy kop. Die gesegde sê ook mos: ‘n Vis vrot van sy kop af.

Jacques ·

Dit is maklik om gou in te spring en twee outopsies te doen en nou is jy die hero! Laat hy elke dag terug kom en in hierdie omstandighede werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.