LUR sterf in ongeluk

Joy Matshoge

Joy Matshoge

Joy Matshoge, LUR vir landbou in Limpopo, is Saterdagaand in ʼn ongeluk op die N1-suid naby Mokopane dood.

Matshoge, ook die voorsitter van die ANC-vroueliga in Limpopo, het alleen gereis toe haar motor se band glo gebars en sy beheer oor die motor verloor het.

Die ANC-vroueliga het intussen gesê dit is hartseer nuus. “Die lede en ondersteuners van die vroueliga het iemand in die eerste linie van verdediging vir vroueregte in Suid-Afrika verloor,” het die vroueliga in ʼn verklaring gesê.

“Comrade Joy was ʼn vreeslose, maar nederige leier van ons beweging.” Volgens die vroueliga sal Matshoge se uitsonderlike leierskap en onbaatsugtige eienskap om te dien, gemis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gideon ·

Ek glo haar motor se bande was splinternuut, maar ongelukkig is die ANC verantwoordelik vir die toestand van paaie, en dit is die rede hoekom nog een van julle kaders gegroet het!!

Asjas ·

Los die wit mense jag en uitwissing van Afrikaans en konsentreer op die land se werklike probleme soos slaggate.

Marius Nortje ·

Het sy teruggekom van n partytjie af? n Staatspartytjie?

ADELE ·

Nee, ‘n ANC vroueliga funksie. Die vroueliga “drink” nie.. En sy sou die volgende dag saam met die vise-President saam met oumense by ‘n ouetehuis in Nylstroom ontbyt eet. Moenie kommentaar lewer oor mense se lewens, waarvan jy niks weet nie.

elize naude ·

skokkend die rassisties kommentare oor ń mens wat gesterf het… dit kan net kom van diegene wat ń oneindige swak selfbeeld het… mag God jul genadig wees…

Yvonne ·

Ek stem, regtig onnodige komentaar. Sy was per slot van sake ook dalk iemand se ma, kind en eggenoot.

Moeks ·

Sy was oppad huistoe na ‘n vergadering met van die boere. Ten minste het sy haar werk gedoen. Het self in Mokopane gebly. Die R101 is baie sleg as sy op hierdie pad gery het. RIV. Sterkte aan haar naasbestaandes.

louisa ·

R I V Joy. Ons paaie gaan nog vele onskuldige lewens eis. Groot verlies vir die vroue liga. Sterkte aan Joy se famielie

Uiltjie ·

Amen, elize naude, amen suster! Onthou, niemand is gevrywaar van die dood nie, blank of nie blank, koning of kneg…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.