LUR van Mpumalanga vas oor moord, poging tot moord

Drie mense is tot dusver in verband met die voorval aangekeer. (Foto ter illustrasie: pixabay)

ʼn LUR van Mpumalanga is agter tralies nadat hy hom vanoggend, vergesel van sy prokureur, aan die polisie op Mbombela oorgegee het.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die saak hou verband met die skietdood van twee mense en die wond van ʼn derde persoon in Augustus vanjaar. Die drie is in Mbombela geskiet.

Die 45-jarige LUR se inhegtenisneming is die derde in verband met die ondersoek.

Die polisie het Joseph Charlie Ngwenya (35) en Tshepo Matsane (30) reeds op 17 September in hegtenis geneem. Ngwenya en Matsane het vroeër in die hof verskyn en is verlede week op borgtog van R20 000 elk vrygelaat.

“Die LUR verskyn na verwagting binnekort in die Nelspruit-landdroshof op ʼn aanklag van moord en poging tot moord,” sê Naidoo.

Die polisie het nie die betrokke LUR se naam bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Ja, dis nou die tipe leierskap waarmee ons opgeskeep moet sit ne? As hulle tot moord in staat is, kan jy enigiets van hulle verwag.

Casper ·

Hoekom maak hulle nie die LUR se naam bekend nie.Mpumalanga is mos ‘n ANC beheerde provinsie.Verbeel ek my of was daar nog ‘n hoë by moordbendes betrek maar dit word toegesmeer.

Chris dupreez ·

Was daar nie moordklagtes teen n vorige premier van Mpumhlanga ook nie, ek dink hy is nou adjunk president. Lyk my dit loop maar so in die anc

Arendsoë ·

Watse soort regstelsel het Suid Afrika? Om borgtog toe te staan aan MOORDENAARS EN VERKRAGTERS? Gaan beslis oor die liefde van GELD! Die wortel van alle euwels!

Pieter9 ·

Daar is nie by my enige twyfel dat sou iemand die moeite doen om al die kriminele aktiwiteite waarby lede van die ANC betrokke was en is in ‘n dossier sou kon uiteensit, die ANC as misdaad orginisasie verklaar sal word. ANC is S A se Mafia.

Swerwer ·

En weereens is dit ‘n persoon waarna veronderstel was om opgesien te word. Neem hom 2 maande om homself oor te gee. Het hy gedink sy Prokereur sal dalk help vir versagtende omstandighede. Sies man

Jack ·

Hy sal niks oorkom nie want sy CV is 100% in lyn met wat die anc verwag van kandidate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.