LUR verkla EFF oor ‘walglike leuens’

Desperate inwoners van Alexandra maak bymekaar wat hulle kan, nadat hulle huise, wat onwettig opgerig is, vroeër afgebreek is. (Foto:
Itumeleng English/ANA)

Die Gautengse LUR vir menslike nedersettings, stedelike beplanning en samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, het Maandag ʼn klag van crimen injuria teen Mandisa Mashego, provinsiale leier van die EFF, en die party aanhangig gemaak.

Mashego het verlede week beweer Maile, sy broer Mike en verskeie ander mense het geld uitgemors wat glo bestem was vir die Alexandra-herlewingsprojek.

Mashego het inwoners van Alexandra toegespreek nadat die Johannesburgse metroraad hulle huise afgebreek het wat glo onwettig op grond by Sejwetla gebou is.

Nadat hy die klag Maandag by die Alexandra-polisie ingedien het, het Maile gesê Mashego het die bewerings sonder ʼn greintjie bewyse gemaak.

Hy sê hy het met sy familie ooreengekom dat geen van hulle tydens sy ampstermyn geen sake met enige staatsentiteit of staatsdepartement sal doen nie.

“Haar beskuldigings was nie net ʼn poging om die nuushooftrekke te haal nie, maar ook om my karakter, integriteit en posisie in die samelewing skade te berokken,” het hy gesê.

Maile het gesê hy het ook besluit om Mashego vir karakterskending te dagvaar omdat haar bewerings sy goeie beeld in die gemeenskap in die gedrang gebring het.

“Haar goed beplande geniepsige en opruiende bewerings kan dalk gemeenskapswoede laat opvlam en my eie veiligheid en dié van my familie in gevaar plaas,” het Maile gesê.

Hy het gesê deur regstappe teen Mashego te doen was geensins ʼn manier om haar te probeer stilmaak of te intimideer nie.

“Dit is om ʼn bevoegde hof te gebruik om my naam in ere te herstel ná haar bewerings van wangedrag, asook om haar afgryslike leuens te openbaar.”

Mashego was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pensioenaris ·

Ek wens meer mense wil die EFF aanvat. Hulle doen en se net wat hulle wil en kom daar mee weg.

piper ·

die EFF se grootbek het hulle by baie geld gekos met verlore hofsake. maar hulle leer nie uit daardie lesse nie. lekker, laat hulle betaal. die BLF is ook n klompie geld minder werd.

Julie Jansen van Rensburg ·

Die EFF is die laaste groep wat ander van “wanbesteding” van enige aard kan beskuldig – WAT het hierdie skynheilige sogenaamde “Ekonomiese Vryheids-Vegters” gedoen om armoede te verminder en die armes se lot te verlig? Maar as die berigte oor die VBS-bank korrek is, het dieselfde rooies baie voordeel uit daardie storie bekom… maar tot dusver nog geen enkele woord oor enige ondersoek teenoor hulle nie – hulle reken mos hulle is onaantasbaar… beskou hulleself (volgens J-M) as die ‘government-in-waiting’ – nee kyk, ek wens regtig dat die Zondo-kommissie wil hierdie VBS-storie ook oopkrap om die EFF se aanhangers te wys watter diewe en bedrieërs hulle is…

Anoniem ·

Ek hoop jy kry ook R100k vir naamskending soos Trevor Manual, want jy dan kan gebruik vir die mense in Alexandra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.