LUR veroordeel moord op KZN-boer

Terrence "Terry" Rizzato. Foto: Facebook

Terrence “Terry” Rizzato. Foto: Facebook

Wilies Mchunu, KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het die wrede moord op Terrence “Terry” Rizzato, ʼn 62-jarige boer van Hluhluwe, ten sterkste veroordeel.

“Ek is diep geskok deur hierdie moord. Ek vind dit gruwelik, sinneloos en onmenslik. Ons veroordeel dit en ons sal dit opvolg tot daar ‘n inhegtenisneming en skuldigbevinding is,” het Mchunu gesê.

Rizzato is Dinsdagaand op sy plaas, Mashonisa, doodgeskiet. Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê ses verdagtes het die plaas omstreeks 19:00 betree en die werkers met vuurwapens aangehou en gedreig. “Die verdagtes het die werkers in ʼn kamer in gedwing en hulle van hul selfone beroof,” het Naicker gesê. “Die verdagtes is daarna na die slagoffer se huis waar hulle hom in sy bors geskiet het. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Mchunu het gesê polisiebeamptes werk onverpoosd om seker te maak dat diegene wat verantwoordelik is vir die moord so gou as moontlik vasgetrek word. Volgens Mchunu ondermyn plaasmoorde voedselsekuriteit en sakevertroue in die provinsie.

“Weereens doen ons ‘n beroep op lede van die provinsiale boeregemeenskap, insluitend plaaswerkers, om saam te werk ten einde veiligheid en sekuriteit in hierdie belangrike sektor van ons ekonomie te verseker.” Mchunu het sy medelye uitgespreek met Rizzato se familie, kollegas en vriende.

Klik hier vir vorige berigte oor Terrence Rizzato.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jan ·

Willies Mcunu, dit wat julle se^ klink al soos ‘n sprokie, wie het dit vir julle geleer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.