LUR veroordeel Old Mutual oor lyksak-voorval

Skermgreep uit die video

Nonhlanhla Khoza, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, het haar afgryse uitgespreek ná ʼn versekeraar glo geweier het om te betaal vir ʼn begrafnisdiens.

ʼn Video is Dinsdagaand wyd op sosiale media versprei van twee vroue wat ʼn liggaam in ʼn lyksak na Old Mutual se kantoor in KwaDukuza dra en die lyksak in die kantoor neersit. Hulle het daarop aangedring dat hul eis uitbetaal word.

Old Mutual het glo geweier om die eis uit te betaal, en die Mtshali-familie kon nie begrafnisreëlings bekostig nie. Die familie het gesê hulle het gevoel dit was hul laaste opsie om die lyk na die versekeraar se kantoor te neem. Hulle het bygevoeg hulle gaan ook alle ander polisse kanselleer wat hulle by die versekeraar het.

Thandaza Mtshali en Thobeka Mhlongo het hul oom, die 46-jarige Sifiso Justice Mhlongo, se liggaam na Old Mutual se kantoor geneem. Mhlongo is op 7 November oorlede toe hy buite ʼn plaaslike mediese fasiliteit gesit het. Hy is in ʼn kroeg aangeval en wou die voorval aanmeld.

“Ons is geskok oor die voorval,” het Khoza gesê. “Ons het nog nooit vantevore só iets gesien nie. Die optrede van die versekeringsmaatskappy is veragtelik. Daar is klaarblyklik verskeie ander families wat ook deur hierdie trauma gaan wanneer hulle veronderstel is om geld te ontvang om hul geliefdes te begrawe.”

Khoza het gesê die rede hoekom die video so wyd op sosiale media versprei is, is ʼn teken dat dit ʼn groot probleem is onder gemeenskappe. “Old Mutual het baie pyn en lyding veroorsaak vir dié familie wat hul geliefde verloor het. Die regering sal nie net agteroorsit terwyl die kwesbares mishandel word nie.”

Volgens Khoza het die familie ʼn begrafnispolis by die maatskappy om hul geliefdes met waardigheid te kan begrawe, maar hulle is van bakboord na stuurboord gestuur toe hulle veronderstel was om die betaling te ontvang.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het kontak gemaak met die familie en sal bystand lewer. “ʼn Span maatskaplike werkers is ook ontplooi om berading te verskaf.”

Old Mutual het intussen bevestig die eis is uitbetaal. “Dit is baie ontstellend en ons het baie simpatie met die familie tydens hierdie moeilike tyd. Ons kan bevestig die eis is uitbetaal. Weens die sensitiewe aard van die saak, sal ons verder direk met die familie in verbinding wees.”

Die versekeraar het bygevoeg alle eise word op ʼn individuele basis geassesseer en die voorval, by die betrokke bank, is betreurenswaardig, maar ʼn geïsoleerde voorval. “Alhoewel ons alles in ons vermoë doen om eise so vinnig as moontlik uit te betaal, moes hierdie eis verder geassesseer word. Old Mutual streef daarna om eise vinnig uit te betaal en 99% van begrafnispolisse word binne agt uur uitbetaal indien daar aan alle vereistes voldoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Christa ·

Sal daarvan Hou Om versekeraar se stories te hoor. Hulle is gou Om jou geld the ontva g maar van uitbetaal het hulle Baie verskonings

Ek ·

Christa jy is heeltemal reg. Ek het vir Old Mutual gewerk en hulle soek na enige rede om nie die eise uit te betaal nie. Die kleintjies dingetjies, Ek is na drie maande daar weg toe hulle sukkel om my salaris te betaal en dit nadat ek vir hulle R8 Miljoen se besigheid gebring het. Ek het al my polisse daar gekanseleer.

Marina ·

Nee mens ek het 24jr vir Ou Mutual gewerk. Hul betaal gou uit maar as agter kom daar is moontlike bedrog of verswygde inligting dtel hul eers vas wat werklike feite is. Jy verstaan nie hoe publiek kan jok en inligting verswyg. So moenie so hou versekeraars die vark in die verhaal maak!!

Linda ·

Vandat Trevor Manual by Old Mutual is, is Old Mutual so pateties. Hy behoort in die pad gesteek te word, want vir hom gaan dit net oor sy eie geldsake !

Hb ·

Ek is seker daar is n goeie rede vir die eis dispuut, as iemand hulself so gedra soos die familie sou ek ook ingee en betaal. Beste van alles, hulle het die geld gaan trek en net daarna die man (met 38 kinders) in hul agterplaas begrawe!! Nee regtig!!!

SêMaarNetEen ·

Maak dit saak? As hul ‘n polis gehad en betaal het kom dit hul toe

Anon ·

SêMaarNetEen, ja dit maak saak. Daar is alternatiewe maniere om ‘n dispuut te hanteer en hierdie dames moet aangekla word vir hulle veragtelike hantering van ‘n lyk.

M Kobus van Staden ·

Ek sal graag die kamstige verskoning wil hoor van Old Mutual!

Dankie

Asmain ·

Ek verstaan die familie se frustrasie. Vriende het 2 jaar gewag vir Old Mutual om kinders se polisse uit te betaal nadat hulle pa oorlede is. Old Mutual se verskoning: hulle is besig met n ondersoek om te bepaal of daar dalk nie ander aanspraakmakers op die polis geld is nie!
Blykbaar al het jy begunstigdes op n polis benoem, is dit die trustees van die fonds se prerogatief om te besluit wie kry die geld….Net daar het ek al my polisse gekanselleer. Doen eerder beleggings en geen trustee het die mag om te kan besluit wie kry my swaar verdiende geld nie!

SjN ·

Asmein, jy moet verstaan dat dit n pensioen polis was en die raad van trustees besluit in belang van alle partye wie bevoordeel moet word, herstel jou polisse en kry kundige advies.

@Asmain ·

Dit is presies waarmee ons nou sit. Die trustees sal ondersoek instel en besluit. Hoekom ‘n begunstigde benoem, daar is geen afhanklikes en kinders, dan moet hulle nou maande neem om te besluit of die nie eens R40 000 aan die genomineerde begunstigde te betaal of aan die boede (wat ook dieselfde peroon gaan bevoordeel)… Ag nee wat die lot is nie professioneel of ernstig oor hulle werk nie.

PJC ·

Ek dink nie ek gaan my sin kry by enige maatskappy met hierdie soort van optrede nie.

SjN ·

PJC, kundige advies is beskikbaar, verstaan nie jou redenasie nie.

Derick ·

Janee old mutual is vrot my ma het net bietjie meer as twee jaar gewag. Maar maroelamedia daar is ‘n begranispolis in die berig.

Chris ·

Old Mutual het voorwaar hele paar tree agteruit geneem wat betref hul standaard van dienslewering die afgelope 15-20jr. Het persoonlike ondervinding van baie swak diens by meer as een geleentheid. Selfs die indiening van ‘n klagte was bloot eenvoudig net onder mat ingevee. Glad nie verbaas om van die arme familie se probleme met OM te verneem nie. Wonder hoeveel ander polishouers en begunstiges loop maar net weg nadat hulle ook sulke onaanvaarbare reaksie op eise en navrae vanaf OM ontvang?

CabyTheron ·

Ek is jammer, maar ek het ondervinding van Ou Mutual wat glad nie aangenaam was nie. Ek het alles by hulle gekanselleer en sal almal wat ek ken ten sterkste afraai om met hulle besigheid te doen. Jy kan net sowel jou geld elke maand in die water gooi as om te belê. Die opbrengs is dieselfde!

CabyTheron ·

Ek het 5j gewag vir ‘n polis om uit te betaal! Volgens wet, klink dit my, mag hulle ‘n polis tot 2j terughou. Glo my hulle doen alles in hulle vermoeë om die proses te vertraag.

SjN ·

Caby, klink vir my eerder na wanvoorstelling en openbaarmaking deur versekerde, jy het dit gekry na alle inligting verkry is, wat is jou probleem?

Oupahen ·

Onthou net mense daar is altyd ń ander kant van die storie ook.

Lizelda ·

Gaan kyk op hello peter oor al d klagtes v Old Mutual en hulle uittree anniuteite. Dit sal julle hare laat regop staan!

Chris ·

2 Kante gewis, maar as 1 kant in meer as 1 geval sub-standaard diens lewer? Dan is dit tog seker voor die hand liggend waar die probleem nou eintlik le? In die versekeringsbedryf is daar egter vele sulke gevalle. Nie beperk tot net OM nie. Mens verwag egter beter van OM gegewe hul lang en goeie geskiedenis in SA. HelloPeter talle bitter hartseer stories oor dit en onthou minder as 1% mense wend hul klagtes tot sulke forums

Cherokee ·

‘n Spul onkundige kommentare en mense wat besluit om ‘alles’ te kanselleer het buitendien net ‘n R50 polis (wat heelwaarskynlik opbetaald of verval is. Ou Mutual is nie sonder rede die grootste en en finansies gewyse die sterkste versekeraar in die land nie. Ou Mutual het nie sonder rede Internasionaal geword nie. Die laaste paragraaf laat dit klink asof ‘n makelaar by ‘n bank as tussenganger gedien het, en as dit die geval is, deel die betrokke klaers miskien steeds heel gelukkig by die betrokke bank.

Judge Dredd ·

Miskien het old mutual so suksesvol geraak as gevolg van al die rente verdien op laat uitbetalings……

Andrea ·

My eerste gedagte was ‘Net in Afrika’. Maar toe besef ek dit was briljante optrede!

Elbie ·

Verstaan die familie se frustrasie. Waar gaan dit eindig as almal toegelaat word om met lyke rond te ry? Sover ek weet is daar regulasies wat dit verbied. Ek sou nooit so oneerbiedig teenoor ‘n gestorwene kon optree nie, ongeag die omstandighede.

Chris ·

2 Kante gewis, maar as 1 kant in meer as 1 geval sub-standaard diens lewer? Dan is dit tog seker voor die hand liggend waar die probleem nou eintlik le? In die versekeringsbedryf is daar egter vele sulke gevalle. Nie beperk tot net OM nie. Mens verwag egter beter van OM gegewe hul lang en goeie geskiedenis in SA. HelloPeter talle bitter hartseer stories oor dit en onthou minder as 1% mense wend hul klagtes tot sulke forums

Nienet Old Mutual ·

Same thing happened with Liberty Life when my husband passed away in Ghana!! Luckily I didn’t have to actually take the body there, but I was, however, told to PROVE that he had ACTUALLY TAKEN anti-malaria tablets…no less than 3 weeks after he had been cremated!! I am still traumatized by how they had dealt with it.

J ·

Dus nie net OM wat so treurig is nie, die meeste van hulle gebruik enige verskoning om nie uit te betaal nie, dan wil hulle goed ondersoek wat hulle moes gedoen het voor jy eerste premie betaal het

Niklaas ·

Daljs moet Ou Mutual nie blameer word nie , dis dalks net n personeellid wat moeg gevoel. Ek het al by een bank tak puik diens gekry en in dieselfde bank se ander tak aan die anderkant van die stad , vrot behandel. So, mens kan nie altyd alles kanselleer net juis a.g.v. een lui staflid nie. Deesdae wemel dit van werkers wat “uitgeput” is. En hul mag nie afgedank word nie !

Anoniem ·

@Elbie ek stem 100% saam met jou kommentaar. Goeie genugtig, het hulle geen respek vir die afgestorwene nie. Om darem die persoon sommer net so in ‘n swart sak te sit en dan rond te ry is darem te erg.

Thys ·

Net een kant van die storie is gehoor, is die premies ooit betaal? Is dit ‘n geldige eis?

EO ·

Ek het in die verlede na my oorlede man se afsterwe nog nèt goeie diens gekry, en kry nog steeds. As al jou nodige dokumentasie wat benodig word korrek en volledig voltooi is en ingehandig word, sal daar nie onvoorsiene probleme wees nie.

Frik ·

Old mutual is pateties,met my Ma en Pa se afsterwe het dit jare geneem vir die uitbetaling van n polis,een nog steeds nie uitbetaal nie.Die hoeveelheid inligting wat hulle soek hou nooit op nie.Ek sal nooit iets by hulle uitneem na my ondervinding met hulle nie.

Dana ·

In die ou dae is Old Mutual Insure se korttermynbeen (toe no g Mutual & Federal) Muddle & Fuddle genoem. Onnodig om te sê dis nog steeds so (en ek praat uit persoonlike ondervinding met hulle)

wilma ·

Wonder of die familie al die dokumente gehad het wat benodig word vi uitbetaling van eis. Ek weet hu mense optree met hierdi tipe di nge en blameer dan die versekeraar

Judge Dredd ·

Selfde gebeur met my pa se afsterwe – geld ontvang omtrent 1 maand na begrafnis al gehou is – het maar self onkostes betaal.
Dan kan daar nog uitgesien word na die Boedel proses – van Ekseketeur en om Ekseketeurs brief van meester van Hoer hof te ontvang 1-2 jaar.

Morrie ·

Hey old mutual die familielede van lykskending gaan aankla? Dis al wat hulle ootrede is.

Ek ·

Morrie, wat stel jy voor moet hulle met die liggaam maak as daar nie geld is vir lykshuise nie, en die staat se lykshuise is vol? As jy ‘n polis betaal het om jou te dek, dan moet OM mos die uitbetaling maak. Dis pateties. Ek sou presies dieselfde gedoen het. Darem snaaks dat hul dadelik betaling gemaak het nadat die lyk self kom vra het daarvoor.

Chris ·

n Begrafnispolis moet na my mening so vinnig moontlik uit betaal word. Daai ou moet onder die grond kom of jy het probleme. Klink vir my Old Mutual is dan nie die opsie vir begrafnispolisse nie.

Scalla ·

Verskeie mpye wat die begrafnis produk aanbied se uitbetaaltyd is binne 48 uur indien polis van krag is en n begunstigde aangewys is wat nodige dokumentasie moet verskaf en word dan direk eft in rekening. Sommige mpye polisse wat slegs lewensdekking voordeel het betaal onmiddelik n bedrag uit van 10% uit beperk tot R50 000 ook binne 48 uur mits die polis ouer as 24 maande is en die vooruitbetaling word afgetrek van die versekerde bedrag.

Me ·

Yo…. gaan ons polisse ook kanseleer, sies Old Mutual !! SIES SIES !!

marina ·

Dom net julle is verloorder! Mpy wen of dink jy hul gaan onder gaan oor jy jou polis gekanselleer het!!

Hanlie ·

Het ‘n nare ondervinding met OM gehad na my man se afsterwe. Sal nooit weer van hulle dienste gebruik maak nie, want daar is nie diens nie!!!!

Blommie ·

Dis skokkend dat die familie met n ligaam rondloop, hoe op aarde het hulle die ligaam in die hande gekry?
Dink eerder die mense by Old Mutual het behandeling nodig oor die voorval, kom sit n lyk voor my tafel neer. Nee man mense, liewe genade is daar geen meer respek en waardes oor in ons land nie. Wanneer jy n polis uitneem word jy die proses verduidelik. Daar is tot staats prokureurs wat kan help met die ernstigeheid van die saak.
Maar om jou geliefde rond te dra in n “body Bag” omdat jy nie jou sin kry nie. Dis rof
Ek voel jammer vir hulle, maar om so iets te doen. JO

EB ·

“Die regering sal nie agteroorsit terwyl die kwesbares mishandel word nie”….. Ja wat….Mens kan maar net wonder hoekom die regering dan nie konsekwent die houding het nie….
En ja, ons wag ook steeds op Oldmutual om die uitbetaling van ‘n annuïteit af te handel. Geen terugvoere en voete sleep.

marous ·

Dalk kan iemand die Vaal rivier herlei na ‘n massiewe spuit fontein voor die parlement . Skokkende optrede lewer blykbaar uitstekende resultate in die land .

Jan ·

Dit is eerstens disrespekvol en vir die dood om n lyk te paradeer, tweedens moet daar toestemming wees om n lyk te vervoer as jy nie n ondernemer is nie, Old Mutual het die volste reg om veredere inligting te mag bekom,veral in so n geval, hulle het steeds binne die SLA betaal, almal kritiseer , kry die feite eers , al die feite

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.