LUR veroordeel skoolboelies

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Sizakele Nkosi-Malobane, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Vrydag gesê sy is besorg oor boelies en bendebedrywighede wat onderrig en leer voortdurend in skole ontwrig.

“Ek onderneem om verskeie skole in Gauteng te besoek om dwelmhandel op die skoolperseel te bekamp. Daar sal ook ʼn toename wees in sektorpolisiëring tydens spitstye by skole om die veiligheid van leerders te verseker,” het Nkosi-Malobane in ʼn verklaring gesê.

“Ek daag ouers en alle belanghebbendes uit om ook verantwoordelikheid te aanvaar en nie alles aan die polisie oor te laat nie. Dit is ons kinders en ons moet Ubuntu begin toepas – waar my kind jou kind is. Die patrolliebeweging sal ook versterk word en meer beamptes sal ontplooi word om saam met skoolbeheerliggame en hoofde te werk om dwelms en alkohol by skole uit te roei.”

Sy het Donderdag drie skole in Randburg besoek wat as problematies geïdentifiseer is, naamlik RW Fick Secondary School, St Barnabas College en Chris Botha Secondary School

Sy het leerlinge gemaan om nie enigiets te doen wat tot ingryping van wetstoepassers sal lei nie.

Nkosi-Malobane het met al 23 skoolhoofde en die leierskap van die gemeenskap vergader binne die betrokke gebied en hulle het hulself ook daartoe verbind om ʼn maatskaplike beweging te begin en ʼn dwelmondersteunersgroep op die been te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Joe Olivier ·

Bring net die goeie ou lyfstraf terug. Dit het gewerk. Ek het miskien nie so gedink toe ek op skool was nie maar ek weet nou dat ek elke pak slae verdien het. En dit het my die volgende keer mooi laat dink voor ek stout wou wees.

Christa ·

Ek weet nie hoekom hulle eers bodder nie!! Die regering en plaaslike owerhede wag eers totdat wet en orde TOTAAL verval en DAN word hulle kamma wakker. ONS het NOOIT dwelms op skool geken nie – jy het so af en toe gehoor van dwelmhandelaars wat in Hillbrow gevang is en JARRE se tronkstraf opgelê is. Ek hoor by vriende dat dwelms deesdae by LAERSKOLE verkoop word!! ALMAL weet daarvan behalwe ons polisie en die skoolpersoneel – is dit nie snaaks nie?

zoom zoom ·

Afrikaanse skole wptd ook geboelie deur ons weet wie en dan is dit normaal

Ronel ·

Ek daag die minister uit om gerus na skole in die Vrystaat ok te kom kyk. Meer Kroonstad se skole. My kind was geboelie deur ‘n mede skolier. Ek het die hoof en departementshoof genader om hulp. Dis afgelag, want die kind wat geboelie het was ‘n eerste span rugby speler. Laaste dag van skool het my kind net mooi genoeg gehad en die kind met een hou teen die grond gehad. En nee my kind s nie die bakleierige tipe nie. Alhoewel hy swart gordel het, is dit juis waar geleer het om selfbeheersing toe te pas, maar genoeg was genoeg. Nou is hulle saam in die hoërskool en glo my, daai klein wettertjie los nou my kind uit. Die hoof was verbaas om te hoor dat daai kind eintlik ‘n skirikbewind in sy skool voer. Ek het almal se name vir hom genoem wat deur hom geboelie word en hy het “dit nie geweet nie” BULL TWANG mnr die skoolhoof.

Z Noord Wes ·

Mag ek dit waag om die onderwerp te draai na: wat as die privaatskool waarin jou kimders is se eienaars die boelies is? Hoe is dit moontlik dat jy privaat fooi betaal en daar word geweier om die fotostaat masjiene te herstel. Onderwysers moet op eie onkoste die fotostate gaan maak. Ons moes elke kind met 4 pakke papier skool toe stuur (dee van hul skryfbehoeftes). Ons kinders gebruik tablette maar daar word nie na die WI-FI behoeftes omgesien nie. Onderwysers word stief behandel. Hul gee hul alles, ons hoof buig agteroor, maar hul hande is ook maar afgekap. Hoe kry mens dit by die media uit? Hul bly net nuwe skole oprig, maar gee nie aandag aan die bestaande skole nie. Waarnatoe draai ‘n mens? HELP!

Johanna Botha ·

Ag ASB dit nou komende van iemand wat niks beplan het en gevolglik sit kinders in oorvol skole met onderwysers wat nie aan almal kan aandag gee nie ….jy weet die mense is en bly maar net n GROOT grap ! En wie is die grootste buli …jip Lasufi …jou ou po. Efie

wilma ·

Ai in die ou SA was ons geb…..maar shame die bloedjies van vandag magi slae kry nie. Hu pateties. Buig die boompie solank hy jonk is. Kommunis sal dit nooit erken daarom so baie gemors ini skole. Natuurlik moet govt ook di blaam dra vir smokkelaars wat die land binnekom van ander lande ma oe di wet is so pateties. More kry jy borg en gaan net aan met jou smokkelry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.