LUR veroordeel vyfjarige se moord

Kayde Williams Foto: Pink Ladies

Kayde Williams Foto: Pink Ladies

Dan Plato, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het Dinsdag die moord van ʼn vyfjarige meisie in Bredasdorp veroordeel.

“Ek veroordeel hierdie gruwelike daad en doen ʼn beroep op die gemeenskap om die polisie by te staan om seker te maak dat geregtigheid sal geskied,” het Plato in ʼn verklaring gesê. “My diepste berou aan die familie en vriende van die vyfjarige Kayde Williams in Bredasdorp in hierdie moeilike tyd.”

Williams se liggaam is Maandagmiddag in bosse opgespoor. Sy is Sondag as vermis aangemeld.

Anene Booysen se liggaam is verlede jaar op 2 Februarie 2013 op ʼn konstruksieperseel in Bredasdorp opgespoor. Die tiener is verkrag en haar liggaam is geskend. Sy het later die dag in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Johannes Kana is tot twee keer lewenslank gevonnis vir haar moord. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het sy versoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

Lees alle vorige berigte oor Bredasdorp op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jacques ·

Moet erg wees.Iets in die land sal moet verander dit kan nie so aangaan nie.

Lucy ·

Wanneer gaan die regering ophou om altyd alles ten sterkste te beoordeel en iets doen? Maklik om lee woorde te deel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.