LUR vir onderwys moet antwoord oor wanprestasie

skool-21.jpeg

Argieffoto

AfriForum het die nasionale departement van basiese onderwys dringend versoek om te bevestig of die LUR vir onderwys van Gauteng, Panyaza Lesufi, ’n verslag ingedien het om te verduidelik waarom die teikens vir die ontwikkeling van skole-infrastruktuur in dié provinsie, nie in 2016/2017 bereik is nie.

Volgens artikel 58C(3) van die Onderwyswet (Wet 84 van 1996) is ’n LUR verplig om jaarliks só ’n verslag in te dien om te verduidelik tot watter mate teikens wat vir die jaar en begroting gestel is, bereik is, en indien dit nie bereik is nie, watter maatreëls aangewend is om oplossings vir die voortspruitende probleme te vind.

Die ouditeur-generaal se verslag vir 2016/2017, dui aan dat die volgende teikens in die genoemde tydperk gestel en behaal is:

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is dit nodig om veral in die geval van Gautengse skole te weet wat die redes vir die departement se wanprestasie is en waarom Lesufi nie in die openbaar hiervoor aanspreeklikheid aanvaar of aanspreeklik gehou word nie.

“Tans is daar toenemende spanning in verskeie gemeenskappe oor kinders wat nog nie vir die 2018 akademiese jaar by skole geplaas is nie,” het Bailey gesê. “Die LUR gee voor dat taalbeleide wat leerlinge se reg tot Afrikaanse moedertaalonderrig erken en rassisme die rede hiervoor is, terwyl dit deur hom en sy departement se onvermoë om hulle wetlike verpligtinge na te kom, veroorsaak word.”

Volgens haar speel die LUR met leerlinge en gemeenskappe se veiligheid deur van Afrikaanssprekendes sondebokke te maak en rassepolarisasie aan te hits. “Hy skep só ook plofbare situasies wat deur ander ideoloë en populiste uitgebuit word. Ter wille van alle kinders en ouers wat betrokke is, sal AfriForum hom hiervoor tot verantwoording roep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Janneman ·

Ditsem AF, dis tyd dat die waarheid uitkom.

Julle benodig nou net n paar vertalers sodat die waarheid in die belangrikse swart tale oorgedra word sodat die mense op grondvlak besef watter leuns lesufi, die anc en eff mee besig is.

Dit moet so wyd as moontlik gedek word op TV, in die koerante en sosiale media. Dit is die enigste manier hoe ons hierdie valse propoganda gaan hokslaan.

Ek verdubbel my bydrae as julle met so plan vorendag kom.

Boelie ·

Doen nie hulle werk, spandeer eerder tyd om Afrikaanse skole te probeer vernietig!!

Ada ·

Skandelik.Hy is net daar om moeilikheid te maak en voel vere vir onderwys.Ek hoop CR neem kennis vir wat dit werd is.

Elize ·

Ek stem , hierdie inligting moet so wyd as moontlik in die media gedeel word. Iemand het nie sy werk gedoen nie en moet aanspreeklik gehou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.