LUR woedend oor syfers weens ‘mediese nalatigheid’

(Foto: Daan Stevens/Unsplash.com)

Die LUR vir gesondheid in Gauteng, Bandile Masuku, het Woensdag woedend gereageer op DA-lid Jack Bloom se verklaring dat altesaam 3 832 pasiënte verlede jaar in Gautengse staatshospitale dood is weens 10 741 sogenaamde voorvalle van ernstige teëspoed (SAE).

Maroela Media het vroeër berig volgens Bloom is dit voorvalle wat meestal uit “voorkombare mediese nalatigheid gespruit het”.

Kwara Kekana, Masuku se woordvoerder, sê Bloom vertel leuens.

“Die verklaring [deur Bloom aan die media] waarin gesê word dat SAE’s in hospitale op mediese nalatigheid neerkom, is feitelik verkeerd. Dit is onwaar en onverantwoordelik,” het Kekana gesê.

“Voorvalle van ernstige teëspoed is nié noodwendig mediese nalatigheid nie. Mediese nalatigheid moet bewys word.”

Sy het gesê in die laaste boekjaar het die Gautengse gesondheidsdepartement meer as 21 miljoen pasiënte behandel. Uit dié behandelings is 0,057% SAE’s aangemeld.

“In die eerste kwartaal van die huidige boekjaar [1 April tot 30 Junie] is meer as 1,6 miljoen pasiënte in Gautengse gesondheidsorgsentrums gesien en 0,0016% van die behandelings het gelei tot voorvalle van ernstige teëspoed,” het Kekana gesê.

Sulke voorvalle word binne 24 uur aangemeld, dadelik ondersoek en dan aan die spesifieke instelling se komitee vir pasiëntveiligheid oorhandig. Die saak word dan, afhangend van die erns van die saak, op kliniese hersiening geneem. “Dit word gedoen om swak plekke in pasiëntsorg te identifiseer en ʼn plan vir gehalteverbetering saam te stel.”

Sogenaamde voorvalle van ernstige teëspoed (SAE) word beskryf as voorvalle waartydens onbedoelde skade aan ʼn pasiënt berokken word weens iets wat gedoen is, of nié vir ʼn pasiënt gedoen is nie, eerder as weens ʼn siekte of onderliggende mediese toestand van ʼn pasiënt.

Kekana voer aan ʼn pasiënt se allergiese reaksie, afhangend van hoe ernstig dit is, kan in ʼn hospitaal as ʼn SAE beskou word.

Masuku het die sterftesyfers verskaf in antwoord op ʼn geskrewe vraag van Bloom, ʼn DA-lid van die Gautengse wetgewer. Luidens die syfers is die meeste van dié voorvalle – altesaam 1 763 – in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto aangemeld.

Dié hospitaal word gevolg deur die Steve Biko- akademiese hospitaal (893 sterftes) en die George Mukhari-hospitaal (766 sterftes). Albei is in die Tshwane-metrogebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

VanAfrika ·

Ek stem saam met Jack Bloom. Die Bertha Gxawa het deur nalatigheid my ma laat sterf. Ek het haar per ambulans na hierdie hospitaal gejaag na sy haar eerste aanval by die huis gekry het. Toe ons by ongevalle aankomhet die dokter gesien sy het dringend hulp nodig. Die suster sê my ma kan wag. Ek sê vir hulle my ma is n ongeval,dagtotdag patiente moet bietjie wag terwyl julle my ma die nodige medikasie moet gee om nog n bloedklont te verhoed. Die suster sê vir my dink ek dat my ma so belangrik is dat ander patiente vir haar moetwag want hulle was eerste. Ek sê ja want hulle is nie n noodgeval nie, hulle is net dagtotdag. Wou glad nie aan my ma vat, ek moes toe eers haar leêr laat oopmaak en toe ek terug kom saal toe is my ma toe by n afkorting ingestoot en net toe kry sy die volgende aanval en ek begin gil, toe kom die dokter eers aangehardloop en druk n pyp in haar keel af want sy is toe nou al in n koma. Sy moes toe Natalspruit toe vir een of ander masjien maar hulle wou haar nie in die aand vat nie en moes sy so lê tot die volgende oggend. Na sy terug keer van N/spruit moes ek toe hoor sy het dit nie gemaak nie en haar dood kon verhoed gewees het as hulle in die eerste plek haar soos n noodgeval behandel het.

JohanR ·

Aggggghhhhh shame die LUR is woedend. My hart pomp vla vir jou minister. Kom dan met jou eie syfers, maar ons almal weet dit sal nie gebeure nie.

Verstaan nie ·

As ek kyk na hoeveel die medise eise teen die staat is, soos wat Tito sopas gesê het, verstaan ek nie hoekom die antie so kwaad is en hoekom sy dit wil minder laat lyk nie. Sy maak nie sense nie.

Hanna Hoekom ·

Nou hoekom dink die spul narre die NGV sal suksesvol wees? Kyk wat gebeur deesdae in die staatshospitale. Skrik wakker!

George in Bloem. ·

Ja die waarheid is nogal geneig om seer te maak Mnr Onbevoegde “minister”. Julle onbevoegdheid kos menselewens. Skandalige nuttelose spul.

K P ·

Jy weet jy en jou kaders het die land al behoorlik opgeneuk so ek weet nie waar kom jou kamtige woede vandaan. Nie dalk im deels te doen met die,”dokters”wat in Kuba opgelei word in twee derde van normale tyd.

Lalie ·

My ma is dood as gevolg van septisemia in Steve Bikho. Die ICU dokter het gese as daar na haat gekyk was in die algemene saal sou dit nie gebeur het nie. ?????

Arak ·

Geagte LUR, jou woede beïndruk niemand nie. Wat van bietjie verantwoordelikheid aanvaar vir die gemors in die hospitale en van die mense wat dit laat gebeur ontslae raak. Voordat die regering nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige gevolg nie, sal daar dadels van kom.

Denial ·

Denial is a river in Egypt. Let’s all smile. Ignorance is bliss as long as they have their sangomas, muti and NHI, then everything will be fine……

Wet ·

Nee wat, stel nie eers belang nie. Hulle sal ‘n rede vind om alles te regverdig. Mense soos hulle glo hulle eie leuens.

Daan ·

Die minister lieg. Daar word niks ondersoeke gedoen nie. Al wat gebeir is die pasient se leer raak weg en dis dan die einde van die storie.

Johanna Botha ·

En die life Esedimeni vrou loop nog vrylik rond …hy is gladnie geskok nie !

Kolskoot ·

21 milj mense behandel terwyl 30 milj nog wag daar is n jaar wag lys om gescane te word in n jaar kan n siekte soos kanker duisende mense se lewens kos omdat behandelbare kanker dan al te ver gevorder is mense sterf onnodig in die land en ek weet waarvan ek praat basta

Dereck Le Roux ·

‘n Paar jaar gelede is my oudste broer op die parkeerarea oorlede nadat hy ten spyte daarvan dat hy sterwend was deur die profesor aan hoof van die saal in die Helen Joseph ontslaan is omdat die hospitaal nie voorsiening maak vir “boemelaars” wat oornag slaapplek soek nie, my sterwende broer was deur hom bestempel as ‘n boemelaar en die profesor het niks oorgekom nie ten spyte daarvan dat my skoonsuster die hele aangeleentheid asngemeld het by die hospitaal bestuur.

Saint ·

LUR vir gesondheid woedend oor behandeling van 10 721 SAE gevalle.

Ek sou ook wees as daardie gevalle op my “watch” was. Wat anders ?

Johanna Botha ·

Wonder wat die LUR gaan se as die anc plan vir die NGV inskop ….

Hendrik S. ·

As die LUR ‘n greintjie geloofwaardigheid gehad het sou hy persoonlik werk gemaak het dat die skuldiges vir Life Esidimeni vervolg word, sy kriminele “cronies”.
Bloem is definitief nie die leuenaar hier nie.

jakes ·

Dit is baie duidelik dat die LUR nie weet wat in staatshospitale aangaan nie. Feitlik elke persoon wat verplig is om van staatshospitale se dienste gebruik te maak ken iemand wat deur swak behandeling n stel afgetrap het in n staatshospitaal. Daar is goeie dokters in staatshospitale maar verpleging is derdewereld standaard. Dis n skande en nes persone wat hulself skuldig maak aan staatskaping en nie vervolg word nie, gebeur dieselfde met onbevoegde persone wat in hospitale werk.

Anoniem ·

Hoe dan anders met die dat Chirurge deesdae slegs 40% in hulle eksamens hoef te behaal om te kwalifiseer? Die feit is dat ek en jy betaal vir ons foute, terwyl Medici se foute begrawe word.

Kraaibakke ·

Ag shame sy planne het op die lappe gekom ,wat kan n mens so oningelig wees in so n posiesie ,komaan dis opgeleide mense wat met mense moet werk ,get your act together ,of brand die hole af en bou ander dis mos die regte ding om te doen Afrika wet.

SjN ·

Waarheid maak seer, sy is kastig so woedend dat haar woordvoerder namens haar moet praat.

Alida Engelbrecht ·

Mediese nalatigheid beslis. Hoe verskuif n versorgingsoord van gestremde pasiente dan daardie gestremde mense na willekeur na privaat “versorgers” sonder om eers te gaan kyk of die persoon geskik is vir die taak ? (Esidimeni). Pasiente wat intense sorg nodig gehad het is uitgeplaas na onbevoegde mense wat die arme mense in haglike omstandighede laat ly het sodat minstens 140 van daardie pasiente gesterf het van honger, dors en ontbering. Die ergste is dat die personeel van Esidimeni nie eens aangeteken het watter pasiente na watter adres oorgeplaas is nie. Ek dink daar is nog steeds van die pasiente wat nie opgespoor kan word nie. Daar was ook nog geen berigte van enige arrestasie of strafmaatreels teen die skuldiges nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.