LUR’e besoek families van vermoorde kinders

Faith Mazibuko praat Saterdag in Orange Farm. (Foto: Verskaf)

Panyaza Lesufi, die waarnemende LUR van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, en Faith Mazibuko, die LUR van gemeenskapsveiligheid, het Saterdag die families van twee jong seuns besoek wat vroeër vandeesweek grusaam vermoor is.

Die moorde is onderskeidelik in Ivory Park en Orange Farm in die omgewing van Johannesburg gepleeg.

Lesufi het in ’n verklaring gesê Siphesihle Kolotla (11) van Ivory Park is verlede Vrydag as vermis aangemeld waarna sy verminkte liggaam twee dae later in die bosse in Mayibuye gevind is. Siphesihle was in graad vyf.

Die vyfjarige Mzwandile Zothi van Orange Farm se naakte liggaam is Woensdag op die vloer van ’n taverne in die omgewing gevind. Die twee eienaars van die taverne is intussen in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in ’n hof verskyn.

“Ons veroordeel die gruwelike en sinnelose moorde op die kinders tydens die afsonderingstydperk. Voorvalle van hierdie aard kom gereeld in die provinsie voor,” het Lesufi gesê.

Mazibuko het ’n beroep op mense gedoen om enige inligting rakende die moorde by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Waar is die DA-lede wat vereenselwing bepleit? Rassisme sal altyd wees.

Rodger17 ·

Hkm is ek nie verbaas nie?Was dit wit het hulle geskitter in hul afwesigjeid

Ansie ·

Die moord van twee klein kindertjies is bitter hartseer en ek is bly dat die families ten minste emosioneel ondersteun word deur die LUR’e. Maar wat van ons boere wat aangeval en vermoor word – die mense wat kos op ons tafels sit. Waarom word hulle families nie dieselfde respek betoon nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.