Lydenburg-polisiebeamptes vas vir ontvoering, aanranding

Foto: Valke

Foto: Valke

Agt polisiebeamptes van Lydenburg in Mpumalanga is Dinsdagoggend in hegtenis geneem op aanklag dat hulle glo verdagtes ontvoer en beroof het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê aanklagte van ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, korrupsie, dwarsboming van die gereg en sameswering om ʼn misdaad te pleeg, is teen die beamptes aanhangig gemaak.

“Die beamptes het glo ʼn motor afgetrek en deursoek en onwettige sigarette en R510 000 kontant in die motor gevind. Die beamptes het die verdagtes glo erg aangerand en agter in die polisievangwa toegesluit,” het Mulaudzi gesê. “Hulle het na ʼn nywerheidsgebied gery, waar hulle glo R50 000 van die kontant gevat het en die res aan die eienaars gegee het. Die eienaars het geweier om die kontant te vat en het later die Valke in kennis gestel.”

Die polisieverdagtes is na bewering lede van ʼn sindikaat wat voertuie vergesel wat onwettige sigarette in Lydenburg en die omliggende areas vervoer.

Verlede week is konst. Elias Mokwana (37) in hegtenis geneem vir sy betrokkenheid by soortgelyke voorvalle. Hy sal Woensdag in die Lydenburg-landdroshof om borgtog aansoek doen. Die ander agt beamptes sou Dinsdag voor die hof verskyn.

Tydens die ondersoek is ʼn man en ʼn vrou wat glo die onwettige sigarette vervoer het, ook in hegtenis geneem. Hulle sal ook Woensdag in die beskuldigdebank wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Retha ·

Julle WIL mos vir wolf skaapwagter maak – wat het jy verwag???!!

Michiel ·

Dan wonder die kommissaris hoekom word polisiemanne so vermoor… hul gedra hul soos kriminele, niemand het meer agting of respek vir hulle nie!

kobus pieterse ·

Een vrot appel maak almal vrot maar 8 of 9 appels maak die hele land sin vrot ,daar gaan nie meer appels oor wees wat reg is nie

Rikku ·

Sies ! Die soort SAP Beamptes maak my naar !
Sluit hulle toe en gooi die sleutels weg.

NEL ·

So bly hulle bo die wet verhewe, Wat gaan aan in die land, elke 2 de berig is van korrupte polisiemanne in unieform. Wys hulle gesigte dat die wereld kan sien met wie ons te doen het.

Genade Kommesaris , Klim ‘n slag van jou troon af en gaan besoek jou stasies dat jy bewis kan word wat aangaan en probeer om regstellings temaak.

Volgens Zuma is alles hankiedorrie in die land, maar wil hom verseker die inligting wat hy van sy kaders kry wat net so korrup is ,is totaal verkeerd.

Henk ·

Korreksie – Mashishing polisiebeamptes. In Lydenburg was daar NOOIT die tipe polisiebeamptes nie!

George ·

Al beskerming wat ek nog het en vertrou is die sekuriteitmaatskappy wat my huis oppas. Wragtig tragies …..

HEVW ·

Verraad teen die staat.en die burgers van die land. Ek wil nie se wat gedoen behoort te word nie. Miskien lewenslange hardearbeid of iets wat met n wit muur temake het.

Klaas ·

Nou moet jy stop langs die pad vir n man met n blou uniform????????? Vra maar net.

Chris10 ·

Ek skaam my vir die SAPD kollega’s se optrede. Geen verskoning vir korrupsie nie. Gelukkig dra ek net vier keer n jaar uniform vir skietoefening en bevoegdheidstoetse dan hoef ek nie met die korruptes geassosieer te word nie.

jan pou ·

……dit is alles apartheid se skuld man.

Dit is hoekom die polisie so is.

Martie ·

Dit is seker ook, om Zuma se woorde te gebruik, apartheid se skuld. So ook al die verkragtings en moord in hierdie land. So ook al die power diens by alle staatsinstansies. Kyk wie is die mense wat jou moet help en blameer dit op apartheid? As jy ‘n hond wil slaan sal jy ‘n stok daarvoor kry en dit is presies wat ons land se “leiers”???? doen.

Eish! ·

Hulle leer mooi by hul leier, genaamd ZUMA! Hy kom weg met alles, waarom kan hulle nie? Moord, steel, verkragting, aanranding ens ens ens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.