Lyk aan Vishoek-haainet geïdentifiseer

Vishoek-strand Foto: @MRIGreenfield op Twitter.

Vishoek-strand Foto: @MRIGreenfield op Twitter.

Die polisie in die Wes-Kaap het gesê die man wie se lyk in Vishoek gevind is, is geïdentifiseer.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê die man se identiteit is deur familielede bevestig. “Die oorledene se identiteit sal egter op versoek van die familie nie bekend gemaak word nie,” het sy gesê.

Volgens Rwexana is daar met die nadoodse ondersoek vasgestel dat die man verdrink het. “’n Geregtelike doodsondersoek is geopen en die saak word ondersoek.” Rwexana het gesê dit is nog nie vasgestel of daar vuilspel was nie.

Die man se lyk, wat met kabels aan die ankerblok van ʼn haainet vasgebind was, is op 2 Januarie gevind. Die polisie het vroeër gesê die oorledene was ʼn wit man, hy was bles en tussen 55 en 60 jaar oud. Hy het ʼn geel-en-blou swembroek en blou swembril aangehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Collin ·

Met kabels aan ankerblok vasgebind en daar is nog nie vasgestel of daar vuilspel was nie…

Komaan!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.