Lyk aan Vishoek-haainet steeds ’n raaisel

Vishoek-strand Foto: @MRIGreenfield op Twitter.

Vishoek-strand Foto: @MRIGreenfield op Twitter.

Die polisie in die Wes-Kaap het gesê die identiteit van die man wie se lyk Vrydag in Vishoek gevind is, is nog nie vasgestel nie.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die ondersoek duur voort. Die man se lyk was met kabels aan die ankerblok van ʼn haainet vasgebind.

Die polisie het vroeër gesê die oorledene was ʼn wit man, hy was bles en tussen 55 en 60 jaar oud. Hy het ʼn geel-en-blou swembroek en blou swembril aangehad.

Die polisie kon nog nie bevestig of die man reeds dood was toe hy aan die net vasgebind is of wat die oorsaak van sy dood was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.