Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die ondersoek duur voort. Die man se lyk was met kabels aan die ankerblok van ʼn haainet vasgebind.
Die polisie het vroeër gesê die oorledene was ʼn wit man, hy was bles en tussen 55 en 60 jaar oud. Hy het ʼn geel-en-blou swembroek en blou swembril aangehad.
Die polisie kon nog nie bevestig of die man reeds dood was toe hy aan die net vasgebind is of wat die oorsaak van sy dood was nie.