Lyk dalk dié van vermiste man

Christo van Aarde. Foto: Via Facebook

Die Suid-Kaapse polisie ondersoek die moontlikheid of ʼn liggaam wat Maandag in ʼn beboste gebied in George gevind is, dié van ʼn vermiste man van die omgewing is.

Christo van Aarde (55) is op 30 April die laaste keer gesien toe hy in die beboste gebied in sy woonbuurt, Denneoord, gaan stap het. Hy het nie sy selfoon of beursie by hom gehad nie.

Kapt. Malcolm Pojie, streekspolisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê ʼn verbyganger het Maandag omstreeks 16:00 op ʼn man se liggaam in die beboste gebied naby sy woning afgekom en die polisie ontbied.

“Die polisie vermoed die liggaam is dié van die vermiste man,” het Pojie gesê.

Die oorledene se familie het hom glo Dinsdag gaan uitken.

Die polisie doen ʼn geregtelike ondersoek. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die man se dood vas te stel.

Pojie het gesê geen gemene spel word in dié stadium vermoed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bokkie ·

Verstaan nie mooi nie : “Lyk dalk die van vermiste man” – “Die oorledene se familie het hom glo Dinsdag gaan uitken”
Sy familie het hom uitgeken – dan is (nie dalk nie) dit mos die vermiste man?

Z ·

Bokkie, ek vermoed dat sy familie hom aan sy klere uitgeken het, maar dat die pataloë steeds DNA of iets moet toets vir bevestiging.
Dit het vir my ook vreemd geklink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.