Lyk in kattebak: 2 laat vaar borgtogaansoek

Wouter Beyneveldt (links) en André Oosthuizen in die hof (6 Junie 2018). Foto: Phillip Bruwer

Wouter Beyneveldt (31) en André Oosthuizen (21), die mans wat verdink word van die moord op Craig Stephens (53), wie se liggaam in die kattebak van sy motor in ʼn straat in die noorde van Pretoria gevind is, het nie Woensdag soos verwag is om borgtog aansoek gedoen nie.

Beyneveldt en Oosthuizen het weer vlugtig in die Cullinan-landdroshof, oos van Pretoria, verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van moord, diefstal van Stephens se motor en dwarsboming van die gereg.

Hoewel die Sinoville-polisie die moordsaak ondersoek, word die saak in die Cullinan-landdroshof aangehoor aangesien dit nader aan die moordtoneel is.

Beyneveldt en Oosthuizen, albei oorspronklik inwoners van ʼn kleinhoewe in Kameeldrift, se borgtogaansoek is verlede Woensdag met ʼn week uitgestel aangesien hulle hul adresse wou verander, sou hul borgtogaansoek suksesvol wees.

Die twee se verdediging het egter Woensdag aangedui dat die beskuldigdes voorlopig hul borgtogaansoek gaan laat vaar, sonder om enige rede daarvoor te verskaf.

Staatsaanklaer Tshepo Boroko het versoek dat die saak uitgestel word vir verdere ondersoek. Die staat wag nog vir die uitslae van Stephens se nadoodse ondersoek, foto’s van die toneel, DNS-uitslae en verdere instruksies van die direkteur van openbare vervolging.

Wouter Beyneveldt (links) en André Oosthuizen in die hof (6 Junie 2018). Foto: Phillip Bruwer

Landdros Muso Chauke het die saak tot Julie uitgestel. Die beskuldigdes bly in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig beamptes van die Tshwane-metropolisie het op 20 Mei Stephens se liggaam in ʼn kattebak van sy luierende motor gevind.

Die voorval het omstreeks 08:00 in Montanapark, in die noorde van Pretoria, plaasgevind toe Stephens se wit Jetta ʼn padteken getref en in die middel van die pad op ʼn verkeerseiland tot stilstand gekom het. Dié ongeluk het op die hoek van Sefako Makgatho-rylaan en Calliandra-straat plaasgevind.

“Lede van die publiek het nader gegaan. Die motor het nog geluier, maar die bestuurder was nêrens te vinde nie. Hulle het toe die metropolisie ontbied en die motor is deur metropolisiebeamptes deursoek. Dit is toe dat hulle die man se liggaam in die kattebak van sy motor aangetref het,” het ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die Sinoville-polisie, destyds gesê.

Van Dyk het bevestig dat die slagoffer se hande vasgebind was en dat hy vol bloed was. Die moord is glo op die Kameeldrift-kleinhoewes gepleeg waarna die liggaam verwyder is.

Beyneveldt en Oosthuizen is deur verdere ondersoek kort ná die voorval opgespoor en in hegtenis geneem.

Volgens die klagstaat is Stephens vermoedelik verwurg of dood weens aanranding. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en sal met verdere ondersoek vasgestel word.

Lees die vorige berigte oor die Kameeldrift-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Orals Moord en Doodslag ·

Liewe aarde maar mense moor deesdae links en regs sonder om te huiwer! Mens kan nie te versigtig wees nie. Vertrou liewer niemand nie want hulle mag dalk hul oog op jou hê om jou volgende dood te maak! Dit raak nou wragtag te erg.

Supperryk ·

Waarom dink jy druk liberale misdadigerregtevegters so vir geen pak vir kinders, menseregte van misdadigers, kommunistiese oorname? Want die liberales se globale supperrek meesters wil die middel en laeklasse vernietig en die wereld vir hulself he.

Robot ·

Koos, robotte en sagteware gaan die werk doen. Die superrykes het nie meer die laer en middelklasse soveel nodig nie, en soos die tyd stap, gaan hulle heeltemal vervangbaar word.

Koos ·

Bedaar kêrels, in SA sal daai robotte en sagteware aan die brand gesteek word sodra poste bedreig word!

Afrikaanse Knaap ·

Nou moet my belasting geld hierdie manne huisves, oppas, voer en weer in die samelewing integreer. Ek sou hulle menseregte ontneem soos wat hulle hul slagoffer van syne ontneem het.

kas ·

Afrikaanse knaap,ek verstaan nou glad nie.Eers kla julle die moordenaars word nie gevang nie dan kla julle,julle moet vir hulle huisvesting betaal en voer.Alle lamde het tronke en daai kriminele word dieselfde behandel.Tenminste word hulle uit die samelewing verwyder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.