Lyk in kattebak gekry ná rooftog

Foto: SAPD

ʼn Rooftog Woensdagmiddag in Uitenhage in die Oos-Kaap het tot ʼn skietgeveg tussen die rowers en die polisie gelei.

ʼn Groep gewapende mans het omstreeks 15:30 in ʼn supermark in Caledonstraat ingestorm. Werknemers en klante is met vuurwapens aangehou terwyl geld uit die kasregisters gesteel is.

Die verdagtes het in ʼn grys Toyota Corolla van die toneel gevlug. Omstanders het ʼn polisievoertuig wat in die omgewing was van die voorval verwittig

Polisiebeamptes het die rowers se motor agternagesit. Die verdagtes het op die polisie losgebrand terwyl hul motor tot ʼn stilstand gekom en van hulle uit die motor gespring het. Nog beamptes van verskillende polisie-eenhede het op die toneel gereageer.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Een van die verdagtes is tydens die skietgeveg gewond en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Daar is ook op twee vuurwapens beslag gelê.

Polisiebeamptes het na die inhegtenisnemings die motor deursoek waarna daar op ʼn liggaam van ʼn man in die kattebak afgekom is. In die stadium is dit nog nie duidelik of die oorledene dalk gekaap en vermoor is en of hy by die rooftog betrokke was nie.

Die drie verdagtes, tussen 24 en 36 jaar oud, sal binnekort in die Uitenhage-landdroshof verskyn op aanklagte van sakeroof en poging tot moord.

ʼn Geregtelike doodsondersoek sal deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

ProotGraat ·

Oorlede en in die kattebak maar die Polisie ondersoek die moontlikheid dat hy by die rooftog betrokke was? Wel ja, geen wonder ….

Ronel ·

Stem saam.. wat van die moord saak of beteken daardie persoon se lewe so min???

@prootgraat ·

Ja, hy kon dalk betrokke gewees het, toe is hy noodlottig getref en toe land hy in die kattebak. Tenminste weet ons nou dit is nie ‘n wit liggaam, al was die ou gekaap.

Piet parys ·

Of miskien was die man dalk doodgeskiet toe die polisie op die voertuig losgebrand het????

Chris Ws ·

GEEN borg vir hulle nie.Hulle is op heterdaad betrap met ‘n lyk in hul vertuig se kattebak.

schaun ·

Dit gaan erg in die piesang republiek en dit kan alles voor die deur van die onbevoegde polisie geplaas word,die skelms doen wat die kastige polisie hulle toelaat om te doen en so sink die plek dieper en dieper in die s #_=#× in.

Vita ·

Jy praat gou sleg vd SAP ,daar is nog lede wat trots is om in die SAP is en wat 100% bevoeg is, net deur die berig sien ons dat lede het opgetree en sukses is behaal, ek dink jy is onbevoeg in wat jy doen,

Scalla ·

Daar is ook n moontlikheid dat die persoon in die kattebak selfmoord gepleeg het toe die cops begin skiet.

Hendrik ferreira ·

Hi Vita ,stel my asb voor aan die “sapd” waarvan jy praat ons dorp het waaragtig nie een nie ,na 21H00 kry jy geen antwoord as jy hulle bel nie en sou jy self soontoe ry sal jy vind die deure is gesluit en die klomp slaap,so asb stuur asb net een kriel toe.

Vita ·

Dink dit tyd geword dat die gemeenskap daam staan teen swak SAP lede, gaan le n klag by die stasie se bevelvoerder of bel die porv kantore daar moet iemand wees wat kan help, dit tyd om die swak en slegte lede uit die SAP te kry

Hanlie ·

Ek lees hierdie berigte van moord en roof en dit maak my bang. Ek is al te bang om werk toe te gaan, want wanneer is dit my beurt? In die meeste gevalle kry hierdie buffels nog borgtog ook.

Gert R@Midstream ·

Hou die vordering in die saak dop. Ook tydsgewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.