Lyk in motor gevind

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn 67-jarige man is Woensdagoggend dood in ʼn motor langs die R59 in Alberton aan die Oos-Rand aangetref.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die man se motor is in die veld langs die pad naby die Michellelaan-afrit gevind.

“Die man is in die motor aangetref met al die deure gesluit. Paramedici moes toegang tot die man kry deur een van die ruite te breek,” het Bodasing gesê.

Die man was reeds dood toe hy ondersoek is. Hy het geen sigbare beserings gehad nie en daar word vermoed dat die man aan ʼn mediese toestand dood is.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.