Lyk in rivier: Vrou nog nie geïdentifiseer

SAPD-argieffoto ter illustrasie

Die vrou, wie se liggaam verlede week in ʼn meer in Bethelsdorp in die Oos-Kaap gevind is, is steeds nie geïdentifiseer nie.

Die liggaam is Donderdagoggend in die Varsvleimeer gevind. Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, was die oorledene vermoedelik tussen 14 en 20 jaar oud.

“Daar is ʼn tatoeëermerk aan haar regteronderbeen met ʼn naam wat Sheilan óf Helain is.” Volgens Naidu is die tatoeëermerk egter nie baie duidelik nie. “Sy het ʼn pienk kledingstuk aangehad.” Die vrou se hande en voete was vasgebind en daar was ʼn handdoek om haar kop gedraai. Sy het ook ʼn ring aan haar linkerringvinger gehad.

Volgens Naidu was daar geen sigbare beserings aan die liggaam nie en word daar steeds gewag op die uitslag van die nadoodse ondersoek.

ʼn Pastoor het die oggend omstreeks 09:15 by die swembad in die West End-woonbuurt gaan bid toe hy iets tussen die riete in die meer gesien het. Hy het aanvanklik gedink dit is ʼn boks. Toe hy nader gaan, het hy die liggaam van die vrou in die water gewaar.

Die polisie se honde-eenheid en reddingswerkers van Port Elizabeth het die vrou se liggaam uit die water gehaal.

Die polisie is dringend op soek na die familie van die oorledene en ondersoek ʼn saak van moord.

Enigiemand wat moontlik kan help om die oorledene te identifiseer of bewus is van ʼn vermiste vrou in die omgewing, word versoek om speursers. Tandiswa Nobebe by 067 403 1910, die Bethelsdorp-polisie by 041 404 3005 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leon ·

‘n Beter beskrywing van die vrou sal ook beslis help om haar naasbestaandes op te spoor. Kleur van hare? Is sy blank, indier, swart? Hoekom is dit nie polities korrek om die ras te gee in sulke gevalle nie?

Freek ·

Eienaardig dat daar nie beter besonderhede gegee word van die liggaam wat gevind is nie?

Is dit die liggaam van ‘n swart, Indiër- of wit vrou?
Word dit nou ook as rasseskeiding beskou in SA?
Elders in die wêreld word onmiddellik aangedui welke ras dit is, uiteraard kan dit baie help met die opsporing van die oorledene se identiteit

M ·

Pink Ladies het ‘n jong meisie van die area as vermis – klere & ouderdom stem oor een missing on 26.01.2020

Leon ·

As dit ‘n Indiëer of Moslem is, is sy dalk deur die familie vermoor omdat sy iets verkeerd gedoen het. Dan sal NIEMAND van die familie vorendag kom nie.

se net ·

Ek se ook, gee n beter beskrywing, wys die tatoo op n foto, gelaatskleur, haarkleur, lengte, hoeveel naastenby weeg die dame, grof of fyn gebou, neem n foto van die ring, en dalk nog die klere ook wat sy gedra het.
Die polisie soek ook sonder om regtig te wil kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.