Lyk in see gevind: Vrou geïdentifiseer

Lizel Gerber. Foto: Facebook

Die liggaam van ʼn vrou wat verlede Maandag in die see by die Punt in Mosselbaai in die Suid-Kaap gevind is, is geïdentifiseer.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorledene is Lizel Gerber (39) van Mosselbaai. Hy het gesê daar word in dié stadium geen vuilspel vermoed nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen en daar word ook na die moontlikheid gekyk dat sy van ʼn krans af in die see geval het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en polisie is verlede Maandag omstreeks 15:50 ontbied nadat lede van die publiek die liggaam in die see by die Punt gesien dryf het.

Lede van die NSRI het die liggaam uit die water gehaal en na die strand geneem waar lede van die forensiesepatologie-eenheid en die polisie die liggaam verwyder het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Linda van Mosselbaai ·

Ons harte gaan uit na die mense wat lief was vir haar.

Baie Sterkte.

Abe ·

Linda,
Ek ken haar nie, maar om die berig te lees laat my hartseer voel, ook vir daardie mense wat haar geken het en lief gehad het.

dom ·

sys gestamp klaar ! almal weet wat daar in mossel kop aan die gang is !

Bosvarkie ·

Ek wil ook weet wat daar aangaan… Kan daar meer uitgebrei word asb.

Pieter Schoombee ·

Nee, almal weet nie. As jy weet, vertel vir ons.

Spike ·

Sê vir ons wat daar in mosselkop aan die gang is. Hartseer, wat ñ pragtige vrou.

LD ·

Was daar dan nooit aangemeld dat die vrou vermis is nie? Het sy nie familie wat na haar gesoek het nie? Verlede Maandag is al n hele paar dae terug. En so lank gevat om haar te identifiseer? As iemand haar dalk as vermis aangemeld het sou hulle lankal ondersoek ingestel het oor die lyk wat hulle in die see gekry het. Wonder maar net……

Heksie ·

Hoe was dié vrou nie as vermis aangemeld nie?
Dis baie hartseer … pragtige vrou

treurgrond ·

Dis baie hartseer want sy is ‘n pragtige vrou. en lyk vol energie.

Rerig??? ·

Sjoe, ek dink regtig dat daar meer agter dit sit.
Hoe kan mense in sulke omstandighede se daar is nie gemene spel nie.
Dink eerder iemand skuldiges/gereg wil net he almal moet vergeet van dit.
Geen gemene spel
Saak afgehandel
Next

Hannelie ·

Baie sterkte aan haar familie, maar jul vertroosting vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.