Die Limpopo-polisie is besig met ʼn geregtelike ondersoek nadat die verkoolde liggaam van ʼn onbekende persoon in ʼn uitgebrande bakkie buite Polokwane gevind is.
“ʼn Verbyganger het Dinsdag in die Christina-nedersetting in ga-Maraba op die liggaam afgekom en die polisie ontbied,” het brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.
“By die polisie se aankoms op die toneel is ʼn uitgebrande Toyota Hilux 3.0d-dubbelkajuitbakkie in die bosse gevind. Die enigste insittende in die bakkie was onherkenbaar verbrand.”
Mojapelo het gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dat die bakkie, met die oorledene daarin, van die pad af bestuur en aan die brand gesteek is.
Die motief vir die voorval is onbekend en vorm deel van die polisie se ondersoek.
Mojapelo het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Mense wat die voertuig herken of wat ʼn familielid vermis, word versoek om ao. Galane van die Mashashane-polisie by 082 300 8134 of 08600 10111 te bel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Die enjin- en of onderstelnommer van bakkie behoort inligting te kan verskaf
Iets dedoene met die man wat noudiedag in die laatnag voorgekeer en geskiet is in dieselfde dorp?
Het die enjin-nommer en onderstel ook verbrand? Is dit normaal dat SAPD die publiek vra om ʼn uitgebrande voertuig te “herken” terwyl daar duisende soortgelykes op ons paaie is?
Hierdie ruik na ernstige misdaad en moord.
Klomp Polisielede kan nie lees of skryf nie …………………dit is hoekom hulle die publiek
se hulp vra …………………