Lyk langs pad in Heidelberg gevind

crime scene tapeDie liggaam van ʼn middeljarige man is Donderdag langs ʼn pad in Heidelberg in Gauteng gevind.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn motoris het omstreeks 08:10 die man se liggaam op die gras langs Pleinstraat, in die Houtpoort-gebied, sien lê. “Die motoris het die polisie ontbied. Daar was ʼn gapende wond aan die persoon se voorkop en sy kop was misvormd. Hy is deur paramedici van die Sedibeng-nooddienste op die toneel dood verklaar,” het Tshilate gesê.

Die man is donkerbruin van gelaat en het ʼn blou oorpak aangehad met die woorde “Home Safe Everyday” op. Die man is middelmatig gebou en het ʼn kort baard met medium-lengte hare gehad.

Die man se identiteit is onbekend. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Tshilate het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat moontlik die man kan uitken om die Heidelberg-polisie by 016 341 5175 of lt.kol. Barend Groenewald by 082 319 9378 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justi ·

Dit is hartseer. Ek hoop sy naasbestaandes ken hom spoedig uit. Sterkte aan hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.