Lyk sedert Desember in lykshuis, polisie vra hulp

misdaadtoneel

Argieffoto

Die polisie in die Vrystaat is op soek na die familie van ’n vermoorde man, asook die verdagtes wat verantwoordelik is vir sy dood.

Konst. Kethabile Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n saak van moord word ondersoek ná ’n man se lyk op 20 Desember 2016 by ’n gholfklub naby Klippan gevind is.

“Sy hande is agter sy rug vasgebind met ’n draad en sy keel is afgesny met ’n skerp voorwerp,” het Mofokeng gesê.

Die man se liggaam is steeds by die Welkom-staatslykshuis. “Gewoonlik word daar vingerafdrukke geneem en die familie of naasbestaandes só opgespoor; in dié geval was daar egter geen rekord van die man nie,” het Mofokeng aan Maroela Media gesê.

Hy het ’n blou broek, blou, wit en rooi strepieshemp en swart rubberstewels aangehad.

Die motief vir die moord is onbekend.

Die polisie het enige iemand met inligting oor die voorval of die oorledene se familie gevra om sers. Tsie Marlokotsi, die ondersoekbeampte, te kontak by 057 391 6240.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elizma ·

……sê net of dit ‘n wit if swart man is…..dit sal al klaar help. Regtig!!!!

Maya Roon Joubert ·

Hehe! Ja Nee! Binnekort is dit ook net ‘n lyk, laat ons nie eens weet of dit man of vrou kind, middeljarig of oumens!? Sex, ouderdom en ras sal definatief makliker wees vir enige uitkenning! Elkeen kyk mos maar uit op sy eie!? Hoe dan anders!

Leo ·

Geen rekord van die man nie? Wel dan is dit mos eenvoudig, illegal immigrant. Begrawe hom maar as John Doe….

Adam Boshoff ·

As daar geen rekord van die man is nie dan is seker logies dat over die fence die land ingekom het

Anel ·

Seker maar ‘n onwettige imigrant. Daarom geen fingerafdrukke beskikbaar nie.

Kasparis ·

Hoe de ongeluk moet mens nou probeer help as mens net mag weet dat die lyk manlik is?? 4-5-6 !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.