Lyk spoel by Pta-wateraanleg uit

Die polisie op die toneel. Foto: Erasmia SAPD

Die polisie op die toneel. Foto: Erasmia SAPD

Werkers by ʼn afvalwateraanleg in Pretoria het Maandagoggend op ʼn onbekende man se liggaam afgekom.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die polisie is omstreeks 08:00 na die aanleg in Sunderland Ridge in Centurion ontbied.

“Die werkers het ʼn liggaam in die water by die aanleg opgemerk waar dit vasgekeer was aan toerusting om die water mee te behandel. Die werkers het die polisie ontbied en die man se liggaam is deur die polisie se duikeenheid uit die water gehaal,” het Moloto gesê.

Moloto het gesê die man het nie enige identifikasie aan hom gehad nie. “Die man se hande en voete was met tou vasgebind en hy het sigbare beserings aan die onderkant van sy liggaam gehad.”

Die polisie vermoed die man is op ʼn ander plek vermoor voordat sy liggaam in ʼn stormwaterdrein gestort is.

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die man se ouderdom en die oorsaak van sy dood vas te stel.

Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Die aanleg waar die liggaam gevind is. Foto: SAPD

Die aanleg waar die liggaam gevind is. Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

ai ·

Siek wereld waarin ons bly maar ek dink ons land is een van die ergstes….

Piet ·

Nou as dit belangrik was om die vermiste persoon te Id, dan is dit mos belangrik om te se watter ras die man ook is, anders kon julle net sowel die geslag en ouderdom ook los en maar net praat van ‘n lyk, dan sal die publiek maar raai wie dit is.

Mercy ·

Ek stem saam met jou Piet. Deesdae is dit n kriminele oortreding om die ras van n lyk aan te kondig!!

oumie ·

Toe ek opskrif lees dink ek dadelik dankie tog Madeleine) dink dit is haar naam)is gekry jammer vir die man maar ja ek was nogal teleurgesteld

sharon ·

Skuus ek gaan nou ‘n baie snaakse vraag vra. Onthou julle die Gauteng vloede paar maande terug… Daar het ‘n vrou en seun in die moeilikheid geraak. Seun kon uit.. Dink kar is ook gekry maar die ma was skoonveld. Hulle het een of ander skrootwerf in Pta gehad? Weet iemand of sy ooit gekry is?

CS ·

Dit was Madelein Murray – Huisgenoot het op 1 Maart weer met haar ma telefonies gesels en sy is nou nog nie gekry nie – baie hartseer

Cherokee ·

Ek sal opvolg met nog ‘n vraag. Paar jaar gelede is ‘n vrou se kar gevind (in berge in Mpumalanga?) waar dit uitgebrand het nadat dit teen ‘n krans afgeval het of iets van die aard. In die kar is ‘n lyk gekry wat na ondersoek geblyk het die van ‘n kind te wees. Neig om te dink daar was mense wat ‘n dodehuis bestuur het en miskien ‘n lyk voorsien het. Versekeraars het geweier om uit te betaal solank daar ‘n ondersoek was. Ook nooit weer daarvan gehoor nie. Daar was vermoed dat die vrou lewe. Wonder of daardie saak ooit opgelos is.

Alida ·

In baie gevalle leef die mense. Polisgeld!!. Die versekeraars is ook nie dom nie. Hulle kyk na goed waarvan ons nie weet nie.

Cherokee ·

Die vermoede was dat dit om versekeringsgeld gegaan het. Dan moet so ‘n mens ‘n heel nuwe lewe begin! Emigreer sonder ‘n (wettige) paspoort.

sharon ·

Baie dankie vir die terugvoer. Ek het nogals baie daaroor gewonder. Cherokee… Nee gaats.. Van daardie geval weet ek ook nie. Mens sal seker kan kyk op onopgeloste sake se databasis?

Mercy ·

Cherokee, dit was n komplot tussen die man en ń minaares. Die man het daarna selfmoord gepleeg. Blykbaar was die lyk wat in die kombi gevind was díe van n Mosambiekse kind. Ek weet nie wat het ooit met die vrou gebeur nie

Cherokee ·

Dankie vir die terugvoering, Mercy. Nuuskierig gewees daaroor omdat nuusdekking daaroor destyds opgehou het.

Kosie ·

Puik stukkie speurwerk van die polisie om uit te werk dat ‘n lyk wat in ‘n rioolaanleg uitspoel êrens anders vermoor is… Miskien moet iemand ook vir hulle laat weet dat die stormwater stelsel en die rioolstelsel twee verskillende goed is wat nie met mekaar verbind is nie, voordat hulle nou rêrig in stormwater mangate begin soek vir leidrade.

Rina Hough ·

Wat se ras en is daar enige tatoes op +- wat se ouderdom. My seun word vermis

SARIE VAN HEERDEN ·

Iemand breek by jou in, jy sien hom en laat kom die polisie. Jy mag nie se of die iemand wit, swart of pienk is nie. Dis net: ‘n persoon. Hoe moet die polisie soek? Kyk watse klere hy aan onderlyf en voete aanhet want as dit ‘n baadjie of hemp is kan hy dit uittrek en weggooi.

SARIE VAN HEERDEN ·

Rina Hough, vertel vir ons hoe jou seun lyk en wat jy vermoed WAAR hy was tydens sy verdwyning. Wanneer hy weggeraak het. Gee vir ons leidrade. En as jy vermoed hy het dwelms gebruik kan ons by die rehabs navraag doen. Ons lesers sal jou probeer help, al kan ons nie waarborg dat hy wel gevind sal word nie.

Rina ·

Hy is 27 bruin hare bruin oe ja daar is n dwelm probleem hy is desember laas gesien in lydenburg van daar af weet niemand waar hy is nie hy het n groot tatoe op sy rug met n groot kruis daar staan only God rules

SARIE VAN HEERDEN ·

Maroela, ek het op Rina Hough se inskrywing geantwoord. Kan julle nie dalk probeer help in so ‘n geval nie? B aie mense soek hul volwasse kinders. Bygese baie keer agv dwelms, maar kan mens DIT gebruik om nie die ouers te help met hul soektog nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.