Lyk van spantoring verwyder

Foto: Verskaf

ʼn Verkoolde lyk moes vroeër die week van ʼn spantoring in Brakpan aan die Oos-Rand verwyder word.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het gesê die man se liggaam het onderstebo sowat 25 m bo die grond aan die elektriese kabels gehang in die omgewing van die Withok-Wes-landbouhoewes.

Noodwerkers het Woensdag omstreeks 16:00 op die toneel aangekom en gereedskap, waaronder ʼn skroewedraaier en ʼn saag, op die grond onder die spantoring gevind. Gespesialiseerde toerusting is gebruik om die man se liggaam van die spantoring te verwyder nadat die kragtoevoer geïsoleer is.

Volgens Ntladi het die slagoffer vermoedelik doodgeskok toe hy aan die kabels gepeuter het. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kokerboom ·

Wanneer gaan die vandalisme/ terrorisme ophou? Hy was seker onder indruk dis 220V. Sulke aksies voortspruitend uit ANC se beplande sosio-ekonomiese aftakeling na 26 jaar van korruptiewe destrukturende bestuur van ekonomie

Suzette ·

Dit is wat gebeur wanneer gepeuter word waar daar nie gepeuter moet word nie…..

Scalla ·

Die man het seker vrywillige na uur se instandhouding namens eskom gedoen.

Mariana ·

Moenie krap aan goed waarvan jy niks weet nie. Los die “lectric”goeters uit want hulle kan jou vreeslik byt.

Niklaas ·

Ek dink nie hy was sy skool se jaarlikse boekprys wenner vir prestasies in Wetenskap en Fisika klasse nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.