Lyk van twee weke oue baba naby Stilfontein gekry

(Argieffoto)

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die lewelose liggaam van ʼn 13 dae oue baba naby Stilfontein in Noordwes gekry is.

ʼn Motoris het die polisie Sondag ontbied nadat hy die baba langs die N12 opgemerk het, sê lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder.

Die baba se hande en voete is met ʼn plastieksak vasgebind en die kind het ʼn grys broekie en wit hempie aangehad. Die kind se liggaam was met ʼn lap toegegooi. Die polisie het nie geslag van die baba bekend gemaak nie.

“Die voorlopige ondersoek het gewys die baba het kneusplekke gehad. Geen inhegtenisneming is nog gedoen nie en die ondersoek na die saak duur voort,” sê Funani.

Die polisie het ook ʼn beroep op enigiemand met inligting gedoen om die bevelvoerder van die speurtak op Stilfontein, lt.kol. Johannes Mokgosi, by 082 416 1303 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Misky ·

Rus sag by Jesus se voete kleine mensie. As jy in jou korte 13 dae op aarde alreeds kneusplekke gehad het, is dit maar beter dat jy by Hom is. Hoop daai kastige ouers word vinnig opgespoor en kry wat hul toekom.

AmY ·

Ek stem. En hulle verdien nie om daai klein mensie óóit weer te sien nie.

Marius ·

Mag die een wat dit gedoen het nooit weer ‘n oog kan toemaak nie !!!

Debbie ·

Mag sy nooit weer swanger raak in haar lewe nie. Sy dink niemand het haar gesien nie maar die Here sien alles. Sy gaan antwoord vir wat sy gedoen het

BOKKIEBEK ·

Ek sal nooit verstaan hoe iemand (wat nog te se ‘n ma) so iets kan doen nie., As die kind dan tuis iets oorgekom het, laat hy of sy darm ‘n laaste rusplek he…nou word die baba sommer net in die veld gelaat sonder enige beskerming. Ek kan nie verstaan dat die Here ons nog lief het nie, die mensdom is darm maar wreed.

lollapot ·

Watter soort monster bind n pap baba vas? Dit is nie as of hy of sy, die moordenaar se houe kon keer nie…
Ek bid hierdie gemors word gou agter tralies gesit!

Lihana ·

Dit breuk my hart want ek ken 2 getroude pare wat glad nie kan kinders kry nie en enige iets sal gee daarvoor

Nie Verbaas ·

Net weereens n bewys van watter tipe van mense in ons samelewing rond beweeg. Geen gewete. Dit is skokkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.